O, EK VERLANG NA DIE VRY­STAAT…

Landbou Boerekos - - Redakteursbrief -

Wat ’n ple­sier om saam met jul­le deur die Oos-Vry­staat te reis. Ek het vir ’n he­le week sui­nig aan my Boe­re­kos ge­lees, want ek wou nie hê dit moet op­raak nie. Ek het nie in die Vry­staat groot­ge­word nie, maar het as stu­dent dik­wels saam met vrien­de op hul plaas in die Clo­co­lan-dis­trik gaan kui­er. Jul tyd­skrif het my daar­die va­kan­sies laat her­leef. Die na­tuur­skoon en kop­pies op die fo­to’s, die plaas­le­we, die heer­li­ke Vry­staat­se kos . . . Vleis en nog­maals vléis, pap, murg­be­ne en plaas­brood met kai­ings. Ai, hoe wa­ter my mond nou som­mer weer. Dan­kie vir dié be­waar­boek, wat ’n spe­si­a­le plek op my boek­rak het. CECILIA ANDRAG Cen­tu­ri­on

KRAP DAAI BAKKE UIT!

Ek hou baie van kos­maak en het ’n mag­dom re­sep­te­boe­ke wat ek soos sto­rie­boe­ke lees. Ek het van­aand jul kos­re­dak­teur op die pro­gram Kook en Ge­niet op kykNET ge­sien en dit baie ge­niet.

A­ri­na, ek wil net graag noem dat jy ty­dens die pro­gram iets ge­sê het wat soos mu­siek in my ore was, naam­lik dat dit jou ook so baie ir­ri­teer wan­neer die bakke nooit mooi skoon uit­ge­skep word op TV-kos­pro­gram­me nie. Soms bly tot am­per ’n der­de van die be­slag wat in die pan kon gaan, in die bak ag­ter!

Ek het nie ge­dink daar is nog ie­mand wat soos ek daar­oor voel nie. Ek is so bly dat jy dit op TV ge­noem het. Ek hoop net die an­der men­se wat daar­van ken­nis moes neem, het ook van­aand na die

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.