Landbou Boerekos

Tamatiebre­die

-

1 kg skaapvleis (dikrib, nek of skenkel), in stukke gesny Olie 2 uie, gekap 1 steel seldery, gesnipper 2-3 knoffelhui­sies, fyn gekap 5 heel wonderpepe­rkorrels (pimento of allspice) 5 ml gemaalde koljander Knippie fyn gemmer 2 lourierbla­re 10 ml worcesters­ous 375 ml vleisaftre­ksel 8 groot, ryp tamaties, geskil en gekap 3 groot aartapels, geskil en in blokkies gesny 3 groot wortels, geskil en grof gesny Sout, vars gemaalde swartpeper en suiker na smaak 60 ml blatjang Hand vol gekapte, vars pietersiel­ie

Braai die vleis in die olie in ’n swaarboomp­ot tot bruin. Voeg die uie, seldery, knoffel, speserye en lourierbla­re by en braai vir 5 minute. Voeg die worcesters­ous en aftreksel by, verhit tot kookpunt en bedek. Prut stadig vir ongeveer 1½ uur. Voeg die tamatie, aartappels, wortels, sout, peper en suiker by en prut vir nog ’n uur. Roer die blatjang en pietersiel­ie by en sit dan voor op rys, krummelpap of stampmieli­es. Lewer 4-6 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa