Landbou Boerekos

Maketaanko­nfyt

-

Vrugte 4 kg maketaan, in stukke gesny 10 liter water 45 ml gebluste kalk

Stroop 20 x 250 ml suiker 5 liter water

Paar stukke vars gemmer 10 ml wynsteensu­ur

Prik die maketaanst­ukke aan albei kante. Meng die water en gebluste kalk en laat week die vrugte oornag in die kalkwater. Dreineer en spoel die vrugte met koue water af. Verdeel die maketaanst­ukke tussen twee groot kastrolle en bedek elke lot met skoon water. Verhit tot kookpunt en kook tot die vrugte sag is. Maak die stroop ook in twee kastrolle. Verhit die suiker en water, terwyl geroer word, tot die suiker opgelos is. Verhit tot kookpunt en laat kook vir 10 minute. Sit die maketaanst­ukke in die kokende stroop. Eerste kook: Voeg ’ n paar stukke vars gemmer by elke kooksel. Kook die maketaanst­ukke in die stroop tot die stroop soos vet borrel en die maketaanst­ukke met stroop deurdrenk is. Verwyder die kastrolle van die hitte en laat afkoel tot koud. (Maak seker die maketaanst­ukke is bedek met stroop terwyl dit afkoel.) Tweede kook: Sit die kastrolle terug op die hitte en verhit weer tot kookpunt. Kook tot die stroop weer soos vet borrel. Voeg 5 ml wynsteenst­uur by elke kooksel om te keer dat die konfyt sandsuiker word. Laat weer afkoel. Skep nou die maketaanst­ukke in gesterilis­eerde flesse en vul elke fles met stroop. Lewer sowat 136 maketaanst­ukke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa