B­lin­de­vin­ke

Landbou Boerekos - - Vleis -

800 g (of 4 por­sies) blitsste­ak­sky­we ( mi­nu­te ste­aks) 30 ml Di­jon­mos­terd

Sous 2 elk uie en knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap 30 ml o­lyf­o­lie 4 ste­le sel­de­ry, baie fyn ge­snip­per 2 groot wor­tels, ge­ras­per 500 ml rooi­wyn 500 ml bees­vleis­af­trek­sel 30 ml ta­ma­tie­pu­ree 2 tak­kies vars roos­ma­ryn 2 lou­rier­bla­re

Vul­sel 1 pak (250 g) spek­vleis, fyn ge­snip­per 1 ui, fyn ge­kap 2 knof­fel­hui­sies, fyn ge­kap Hal­we pak (125 g) sam­pi­oe­ne, ge­snip­per 1 wiel fe­ta­kaas, ge­krum­mel

Smeer el­ke stuk vleis aan die een kant met mos­terd. Hou een­kant. Braai die ui en knof­fel in die o­lie tot sag. Voeg die res van die sous­be­stand­de­le by en ver­hit tot kook­punt. Prut tot die sous geu­rig en ef­fens ver­dik is. Ter­wyl die sous prut, braai die spek, uie en knof­fel in ’n pan tot sag. Voeg die sam­pi­oe­ne by en braai tot gaar. Voeg die fe­ta­kaas by en meng lig­gies. Skep die vul­sel op el­ke stuk ste­ak, rol die vleis op en steek vas met ’n peu­sel­stok­kie. Pak die por­sies vleis in ’n pan en giet die sous oor. Ver­hit tot kook­punt, be­dek en prut sta­dig tot die vleis sag is. Sit voor met rys of ka­pok­aar­tap­pels en groen­te of slaai. Le­wer 4 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.