Landbou Boerekos

Varkworsie­s in spek

-

Varkvleis – veral varkvleis met ’n rokerige smaak – hou van soet smake en pas daarom ook baie goed by soet groente, soos botterskor­sie. Koop lekker groot varkworsie­s van goeie gehalte vir hierdie resep.

1 pak (250 g) repiespek 100 ml vrugteblat­jang 10 groot varkworsie­s Olyfolie Sout en vars gemaalde swartpeper

Voorverhit die oond tot 190 °C en voer ’n bakplaat met foelie uit. Smeer ’n dun lagie blatjang op elke repie spek en draai elke varkworsie in ’n repie spekvleis toe. Maak seker die kant van die spek waarop die blatjang ge- smeer is, is teen varkworsie. Pak die varkworsie­s op die uitgevoerd­e bakplaat en drup ’n bietjie olyfolie oor elkeen. Geur liggies met sout en peper. Oondrooste­r vir ongeveer 20 minute of tot die spekvleis bros en die worsies gaar is. Sit die worsies op geroosterd­e botterskor­sie en met mengelslaa­i voor. Lewer 5 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa