Ge­braai­de var­klies met ap­pel­si­der en spe­se­rye

Landbou Boerekos - - Erfenisbraai -

’n Var­klies wat op hier­die ma­nier gaar­ge­maak word, staan geen kans om droog of taai te wees nie. Bak eers die vleis in die oond in ’n a­ro­ma­tie­se af­trek­sel van ap­pel­si­der en spe­se­rye, wat dit heer­lik geur. Daar­na word die vel ver­wy­der (jy kan dit a­part in die oond bros bak tot kra­ke­ling, as jy wil). Die vet word dan met ’n ap­pel­si­der-bruin­sui­kersous ge­smeer, ter­wyl die vark sta­dig oor die ko­le ge­braai word tot die vet bros en ge­ka­ra­mel­li­seer is. (Fo­to op bl. 74.)

1 heel mid­del­slag-var­klies met vel 500 ml ap­pel­si­der Wa­ter 3 ster­a­nys­sa­de 1 ka­neel­stok 5 won­der­pe­per­kor­rels (pi­men­to)

Wita­syn en sout (op­si­o­neel)

Sous 500 ml vark­vleis­af­trek­sel (uit die bak waar­in die vark ge­bak is) 100 ml ap­pel­si­der 60 ml elk soet ris­sie­sous, so­ja­sous, bruin­a­syn en bruin­sui­ker Sout en swart­pe­per na smaak

Voor­ver­hit die oond tot 160 °C. Sit die var­klies in ’n kas­se­rol­bak waar­in dit ge­mak­lik in ’n en­kel­laag pas. Voeg die ap­pel­si­der, wa­ter en spe­se­rye by. Be­dek en bak die vark vir 2½ tot 3 uur of tot heel­te­mal sag. Haal uit die oond en laat die vleis vir min­stens 20 mi­nu­te in die af­trek­sel af­koel. Haal die vark uit die af­trek­sel en ver­wy­der die vel. Hou die vel een­kant. (As jy die vel wil bros bak, vee dit met ’n bie­tjie a­syn af en vryf dan fyn sout goed oor die he­le op­per­vlak. Oond­roos­ter teen ’n hoë tem­pe­ra­tuur [200 °C of ho­ër] tot die vel bros en kra­ke­rig is.)

Meet 2 kop­pies (500 ml) van die af­trek­sel waar­in die vark

gaar­ge­maak is, af in ’n ka­strol. Skep die spe­se­rye in die bak ook in die ka­strol. Ver­hit tot kook­punt en kook vin­nig tot die sous met die helf­te in­ge­damp is. Ver­wy­der van die hit­te en roer die res van die be­stand­de­le vir die sous by.

Braai die heel vark­vleis oor ma­ti­ge ko­le, ter­wyl dit ge­reeld met die sous be­stryk word, tot die vet bros en ge­ka­ra­mel­li­seer is. Laat rus vir ’n paar mi­nu­te voor die vleis in sky­we ge­sny word. Sit die vark­vleis voor met ro­me­ri­ge mos­terd­sous en by­kos of slaai van jou keu­se. Le­wer on­ge­veer 10 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.