Landbou Boerekos

Witlof-en-koolslaai met pekanneut-sesamkrumm­el

-

Witlof (Belgiese endive) is ’n baie ou groentesoo­rt, maar vir ons in Suid-Afrika is dit taamlik onbekend. Dit is egter een van die veelsydigs­te blaargroen­tes en kan in van slaai tot sop gebruik word. Dit pas ewe goed by vars geure, soos suurlemoen en asyn, as by ryk, romerige souse, soos in hierdie slaai.

Slaai 250 ml elk fyngekerfd­e blaarkool en rooikool 4 radyse, baie dun gesny 2 groot wortels, fyn gerasper 3 witlofkopp­e, grof gesny 2 stele seldery, baie fyn gesnipper

Sous 125 ml elk goeie mayonnaise en suurroom Sap van 1 suurlemoen Sout, peper en ’n knippie suiker 30 ml peperworte­lroom 45 g bloukaas, baie fyn gekrummel Skeut melk of water, indien nodig

Pekanneut-sesamkrumm­el 125 ml pekanneute, grof gekap 5 ml olyfolie 3 ml komyn Sout en vars gemaalde swartpeper 30 ml sonnebloms­aad 30 ml sesamsaad

Meng ál die bestanddel­e vir die slaai in ’n bak. Klits die bestanddel­e vir die sous liggies saam. Die slaaisous moenie te dik wees nie, maar die konsistens­ie van dun vla hê. Voeg ’n bietjie water of melk by die slaaisous as dit te dik is en klits liggies deur. Skep die sous oor die slaaibesta­nddele en meng liggies deur. Laat staan in die yskas terwyl die krummel gemaak word. Braai die pekanneute in die olie tot goudbruin. Sprinkel die komyn oor en braai tot geurig. Geur met sout en peper en roer die sonneblom- en sesamsaad by. Braai verder tot die sesamsaad begin verbruin. Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Sprinkel die krummel oor die slaai net voor dit voorgesit word. Lewer 8 porsies. Hierdie aartappels is so eenvoudig, maar is altyd gewild by ’n braai.

1,4 kg baba-aartappels 100 ml olyfolie 45 ml roosmaryn, grof gekap Seesout en vars gemaalde swartpeper

Kook die aartappels sag in soutwater en dreineer goed. Druk saggies op elke aartappel sodat dit oopbars. Verhit die olie in ’n groot vuurvaste pan oor die kole. Voeg die roosmarynb­laartjies en die aartappels by en roerbraai tot bros. Lewer 8-10 porsies.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa