Boer­vrou in murg en been

Stil­sit be­staan nie in An­na­tjie van der Mer­we van P­hi­lip­stown se woor­de­skat nie. Op 88 staan haar han­de vir niks ver­keerd nie.

Landbou Boerekos - - Inhoud - Re­sep­te en kos­voor­be­rei­ding: AN­NA­TJIE VAN DER MER­WE Teks: A­RI­NA DU P­LES­SIS Fo­to’s: MISHA JORDAAN en VERSKAF Sti­le­ring: A­RI­NA DU P­LES­SIS

Haar ou­ma An­na­tjie is 88 jaar jonk, ver­tel Ber­ni­ce van der Mer­we, spy­se­nier en blom­boer van Pi­ket­berg in die Wes-Kaap.

“Van stil­sit is daar nie spra­ke nie, want daar is al­tyd iets wat nog gou in­ge­maak of ge­bak moet word. Sy doen din­ge som­mer so in die ge­sels. Jy dink nog jy proe ’n le­pel mar­me­la­de wat sy va­nog­gend ge­kook het, dan moet jy al­weer ’n fo­to van ’n pot­plant se blaar neem so­dat ons dit kan Google en be­stel!”

Só ken sy haar ou­ma van al­tyd af. Al­tyd be­dry­wig; al­tyd be­sig met kos­maak, tuin­maak of naald­werk. En al­tyd reg vir ’n grap­pie.

KAROOKIND

An­na­tjie van der Walt is op 13 Ja­nu­a­rie 1929 op B­rit­stown in die Groot-Ka­roo ge­bo­re. Sy was een van vier kin­ders en pa Piet en ma Di­nah se e­nig­ste dog­ter.

Van kleins af het sy haar ma in die kom­buis ge­help en hand by­ge­sit met die dag­ta­ke wat daar­die ja­re op ’n plaas­werf ver­rig moes word.

“My ma was ’n uit­ha­ler-vleis­wer­ker en ’n baie goeie boer­vrou. Sy het al­les be­werk wat daar op die plaas was – vleis, groen­te, vrug­te . . . Sy’t ge­kook vir funk­sies op die dorp. Sy het in­ge­maak en konfyt ge­maak. Sy het ook seep ge­kook en kle­re ge­maak. Ek het dit al­les by haar ge­leer. Maar snaaks, my ma het min ge­bak. Ek het eers la­ter ja­re lief ge­word vir bak,” dink An­na­tjie te­rug.

Toe sy se­we word, is sy na die kloos­ter op De Aar ge­stuur om skool te gaan en van daar af Gra­ham­stad toe vir haar ho­ër­skool­loop­baan. Om­dat kos­maak iets is waar­in sy van kleins af be­lang ge­stel het, het sy ná skool huis­houd­kun­de aan die Kaap­se Tech­ni­kon gaan stu­deer. “Maar net vir ’n jaar, want toe raak ek ver­loof. Ek het te­rug­ge­gaan P­hi­lip­stown toe, waar my ver­loof­de ge­boer het.”

BOER­DE­RY IS IN HAAR BLOED

An­na­tjie en Pie­tie van der Mer­we is 1948 in die Ka­roo ge­troud. Sy was 19 jaar oud. “Oud vir daar­die tyd!” lag sy.

Die Van der Mer­wes het op hul fa­mi­lie­plaas So­mer­lus in die dis­trik gaan woon en die bloed­jong boer­vrou was in haar e­le­ment. Van kos­maak, in­maak en vleis­werk kon jy haar toe reeds niks meer leer nie.

“Die kin­ders lag dees­dae as ek hul­le ver­tel ons het el­ke Maan­dag­aand skaap ge­slag. Maar dit was so! Daar was nie wat­won­der­se koel­hou­ge­rie­we nie en daar was baie men­se op die plaas wat moes eet. Ons het ook baie gas­te ge­kry. Die on­der­wy­sers van die dorp wat in die kos­huis ge­bly het, was maar al­tyd

hon­ger en het ge­reeld in die aand by ons kom eet. ’n Skaap is dus vin­nig op­ge­ëet. Son­dag­mid­dag is dit hoen­der en die week se skaap se laas­te boud, en Maan­dag­aand slag ons weer.”

Tus­sen die kos­maak en vleis­wer­ke­ry deur het sy ’n pragtuin op die plaas aan­ge­lê, hul vier kin­ders groot­ge­maak en al­mal se kle­re met die hand ge­maak. Sy het ook met hoen­ders en kal­koe­ne ge­boer.

“Ver­der was daar al­tyd ’n klomp hans­lam­mers wat ek moes groot kry,” ver­tel An­na­tjie.

Pie­tie het met SA V­leis­me­ri­no’s en Ka­ra­koe­le ge­boer, maar sy groot lief­de was die re­sies­per­de wat hy ge­teel het.

“Hy was ’n ge­re­ken­de te­ler. Hy het prag­ti­ge per­de ge­teel en dit dan in Jo­han­nes­burg op die y­e­ar­ling sa­le ver­koop. Dit was ’n duur stok­perd­jie, laat ek jou sê . . . die ska­pe het eint­lik vir die per­de be­taal!” ver­tel An­na­tjie.

Dit is ook op een van daar­die vei­lings, tus­sen sy ge­lief­de re­sies­per­de, waar Pie­tie op vyf­tig­ja­ri­ge ou­der­dom aan ’ n hart­aan­val oor­le­de is. Hul jong­ste seun, Ce­cil, was maar ne­ge jaar oud.

MA EN SEUN BOER VOORT

Dit was vir haar hart­seer om Pie­tie se re­sies­per­de te ver­koop, maar daar­die deel van die boer­de­ry was te in­ten­sief en sy het nie kans ge­sien om daar­mee aan te gaan nie.

Die le­we en die boer­de­ry op So­mer­lus moes voort­gaan en An­na­tjie het saam met haar oud­ste seun, Ber­nie, die skaap­boer­de­ry be­gin be­har­tig. Die an­der kin­ders was in die kos­huis in die Paarl. Wan­neer sy nie ge­boer of vleis be­werk het nie, het sy ge­bak – blik­ke koe­kies en be­skuit vir haar kos­huis­kin­ders.

Soos voor­heen is daar ge­slag, in­ge­maak en ge­kook en was daar al­tyd plek aan haar ta­fel vir gas­te wat kom aan­sit het vir ete.

“Daar was nie ’n ding soos wors en t­jops koop daar­die tyd nie. Jy’t ge­ëet wat jy op die plaas ge­had het en wat jy self kon maak. Jy moes goed be­plan. Ek moes sorg dat daar ge­noeg biltong, dro­ë­wors en dro­ë­vrug­te ge­maak word om ons te hou tot ons weer ’n bees kon slag of vars vrug­te ge­had het.”

Toe Ber­nie la­ter met Het­ta Eras­mus trou, was daar weer ’n y­we­ri­ge, jong boer­vrou op die plaas – net so ’n raak­vat­ter soos haar skoon­ma – aan wie An­na­tjie haar ken­nis en vaar­dig­he­de kon oor­dra.

’N OU­MA WAT IN­SPI­REER

An­na­tjie het la­ter op P­hi­lip­stown in ’n dorps­huis gaan woon.

“Ek het ’n groot Aga-stoof op die dorp ge­had. Ek het daar­die ja­re som­mer my vrug­te­koe­ke oor­nag in die Aga ge­bak,” ver­tel sy toe ek haar uit­vra oor haar bak­ge­hei­me.

Die kin­ders en klein­kin­ders ver­tel juis van ’n spesifieke spons­koek wat sy al ja­re bak en waar­mee nie­mand van hul­le al ooit suk­ses­vol was nie. “Ons al­mal het die re­sep, maar net sy kry dit reg dat die koek so hoog rys. Sy ge­bruik skaars ’n kop­pie meel, dan roer­roer sy die be­slag net so, en as jy die koek uit die oond haal, het dit he­mel­hoog ge­rys en is heer­lik,” ver­tel Het­ta.

Wat is haar ge­heim? wil ek weet. “Ek dink hul­le is net te lui om die meel twee keer te sif,” sê sy sag­gies ag­ter haar hand.

An­na­tjie het in haar vroeë tag­tigs na ’n af­tree-oord in Wel­ling­ton ver­huis. “Man, jy kan nie eint­lik wat ek nou het, ’n kom­buis noem nie. Dis som­mer so ’n hoe­kie met ’n ou piep­klein oond­jie,” be­duie sy.

“Maar ek ge­niet dit om nog om te bak en konfyt te kook. Ek kan nie net heel­dag so sit nie,” sê sy en haal twee ta­maai vrug­te­koe­ke wat sy die vo­ri­ge dag ge­bak het uit koek­blik­ke.

Haar ou­ma is ’n inspirasie, sê Ber­ni­ce, Het­ta se dog­ter. “Wan­neer sy praat oor haar jong dae in die Ka­roo en al­les wat sy al ge­doen het, hang ek aan haar lippe.

“Haar an­der groot pas­sie is reis. Sy was al o­ral. Sy het wrag­gies al na plek­ke soos Ja­pan en I­ta­lië ge­reis voor baie men­se ge­weet het waar dit is! Sy sit nie ’n oom­blik stil nie en jy kan haar al­tyd deur ’n ring trek. En sy is van­dag nog net so hon­ger vir nu­we i­dees en uit­da­gings soos in haar goue ja­re op So­mer­lus.”

‘My ma was ’n uit­ha­ler-vleis­wer­ker en ’n baie goeie boer­vrou. Sy het al­les be­werk wat daar op die plaas was . . .’ — An­na­tjie van der Mer­we

BO: An­na­tjie (mid­del) met haar vier kin­ders. Van links is Ce­cil, Di­a­na, Ber­nie en Pieter. LINKS ON­DER: Saam met haar skoon­dog­ter Het­ta van der Mer­we, op P­hi­lip­stown.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.