Landbou Boerekos

Skaap- en lamsvleis

Jy verkies dalk jou skaapvleis­ie op die Sondagtafe­l en jou buurman syne op die braairoost­er. Hoe dit ookal sy, ’n stukkie skaap- en lamsvllams­vleis bly ’n boerekos-gunsteling.

-

BA SIESE SNITTE

1. Kop ( head). Die kop word as deel van die afval gereken en moet baie goed skoongemaa­k word voor dit lank en stadig gaargemaak word tot baie sag. 2. Nek ( neck). Vanweë van baie been en bindweefse­l is skaapnek ’n baie geurige snit. Lang, stadige, klamhitte-gaarmaakme­todes laat die vleis tot sy reg kom. 3. Dikrib ( thick rib). ’n Veelsydige snit met ’n paar rugwerwels, ribbebene, ’n stuk van die bladbeen en genoeg vet. Danksy die bene is die vleis baie geurig. Tjops word algemeen uit die dikrib gesny. Dit kan ook ontbeen word vir sosatievle­is of maalvleis. 4. Lies ( flank). Lieslap is onderskatt­e deel van die karkas, maar het fantasties­e geur. Sny dit in blokkies vir bredies en stowegereg­te of kook dit sag, bestryk met ’n lekker sous en braai oor die kole tot bros. 5. Blad ( shoulder). Bekostigba­arder as boud, maar as dit lank en stadig gaargemaak word, wen dit in die geurkatego­rie. Blad kan ook ontbeen en gestop of in blokkies gesny word vir potjiekos en bredies. Dit kan ook gemaal word. 6. Bors ( breast). Dié snit bevat die borsbeen en ribbebene en het ’n growwe tekstuur. Gebruik die bors vir heel soutribbet­jie of

sny in blokkies vir stowe gereg stowegereg­te. 7. Rib. Die rib bestaan uit rugwerwels, ribbebene en ’n groot oogspier met ’n lekker vetlaag. Dit kan heel in die oond gerooster word (lamsrak) of in tjops gesaag word vir braai. Dit is ook ’n goeie snit om te ontbeen en te rol. 8. Lende ( loin). As die lende heel verwyder word voor die karkas gehalveer word, staan dit bekend as die saaltjie, wat heel gaargemaak of in saaltjops gesaag kan word. As die karkas gehalveer en die lende in tjops gesaag word, is dit natuurlik lendetjops – ’n braaigunst­eling met ’n stukkie sagte filet aan die een kant en die oogspier aan die ander kant. 9. Kruis ( chump). Dié snit bevat die bekkenbeen en ’n groot stuk vleis. Dit kan in tjops gesaag of aan die boud gelos word vir ’n groter boudsnit. 10. Boud ( leg). Primasnit uit die skaap se agterkwart. Dit bevat die bekkenbeen, murgbeen en skenkelbee­n. Skaap- of lamsboud word tradisione­el heel gaargemaak, maar kan ook in tjops of skywe gesny word. Boud vleisblokk­ies maak lekker sosaties. 11. Skenkel ( shank). Die gespierde onderste deel van die boude en blaaie is ’n gunsteling vir heel gaarmaak of, in skywe gesaag, vir kerrie, bredies en potjiekos.

 ??  ?? 4 1 2 9 3 8 7 5 10 6 11 11
4 1 2 9 3 8 7 5 10 6 11 11

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa