Ge­ma­ri­neer­de lam­s­tjops

Landbou Boerekos - - Vleis -

Al die geu­re in hier­die ma­ri­na­de pas be­son­der goed by lams­vleis. Ek hou ook daar­van om die­self­de ma­ri­na­de oor skaapboud te smeer na­dat ek die boud met knof­fel en spek ge­stop het en voor ek dit sta­dig in die oond bak.

Ma­ri­na­de 45 ml o­lyf­o­lie 4 knof­fel­hui­sies, fyn ge­druk Sap van 2 groot suur­le­moe­ne 15 ml jong roos­ma­ryn­blaar­tjies, fyn ge­kap 10 ml tie­mie­blaar­tjies, fyn ge­kap 5 ml ge­skroei­de kol­jan­der­saad, fyn ge­stamp 5 ml fyn ko­myn Vars ge­maal­de swart­pe­per na smaak

12 lam­s­tjops See­sout, vir braai

Meng al­les vir die ma­ri­na­de saam en giet oor die lam­s­tjops in ’n nie-me­taal­bak. Be­dek en ver­koel vir min­stens 2 uur, maar ver­kies­lik oor­nag. Haal uit die ys­kas en laat die t­jops te­rug­keer na ka­mer­tem­pe­ra­tuur voor dit oor die ko­le ge­braai word. Geur met see­sout op die roos­ter. Le­wer 6 por­sies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.