Landbou Boerekos

Varkvleis

Varkvleis is ’n gesonde en bekostigba­re vleiskeuse. Dit is ook uiters veelsydig en kan ewe maklik die ster van ’n Sondagtafe­l as die wenbestand­deel in ’n ekonomiese weeksaande­te wees.

-

BASIESE SNITTE

1. Dikrib/skouerstuk ( shoulder). Die heel skouer kan ontbeen en (net so of gevul) opgebind word vir ’n heel roosterstu­k. Tjops wat uit die dikrib of skouerstuk gesny word, is sag en sappig en geskik vir panbraai of oondrooste­r. Die vleis kan ook in blokkies gesny word vir sosaties of bredies. 2. Boonste lendestuk ( loin). Die boonste lende kan ontbeen en gerol word of in tjops gesaag word. Dit kan ook in tjops gesny word. 3. Middelste lendestek ( loin). Die vleis van hierdie snit kan dieselfde behandel word as die boonste lendestuk. 4. Onderste lendestuk ( loin). Dié snit se vleis kan heel aan die been gelos en in die oond gerooster word of in tjops gesny word. 5. Boud ( leg). ’n Varkboud bly ’n ekonomiese en smaaklike snit waarmee ’n groot aantal mense gevoed kan word. Boud kan aan die been of ontbeen en gestop in die oond gerooster word.ord Die boboudd kan ook in afsonderli­ke spiere — buiteboud, binneboud en sagte skenkelstu­k — opgesny word. Varkboud kan natuurlik ook in blokkies, repies, skywe (vir schnitzel) of tjops gesny word. 6. Skenkel ( hock). Heel varkskenke­l wat gepekel en gerook word, staan bekend as eisbein. Maak varkskenke­l (heel of in skywe gesaag) lank en stadig met klam hitte gaar. Dit is lekker vleis vir sop, pastei, bredie en potjiekos. 7. Lies ( belly). Varklies het in die afgelope paar jaar ’n uiters gewilde snit geword. Die lies bevat baie vet, maar lewer ’n geurige, sappige roosterstu­k op as dit heel (met of sonder been) gaargemaak word. Dit kan ook in repe gesny, gemarineer en oor die kole gebraai word. 8. Bors en ribgedeelt­e ( breast, rib). Dit is die deel van die vark waaruit spare ribs gesny word. Varkbors kan ook ontbeen en gerol word vir ’n bekostigba­re roosterstu­k.

 ??  ?? 2 3 4 1 5 8 7 6 6
2 3 4 1 5 8 7 6 6

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa