Wilds­vleis

Landbou Boerekos - - Vantoekatotnou -

Ons­ge­brui­kom­wilds­vlei­sin’nsoe­te­ri­ge­sous wat met na­el­tjies ge­geur, is gaar te maak, kom ook van die Hol­lan­ders. In die Ne­der­land­se boek De Ver­stan­di­ge Kock is daar re­sep­te waar pluim­vee en dui­we sta­dig met spek, gem­mer en na­el­tjies in Ryn­wyn gaar­ge­maak word. Pre­sies soos ons al ja­re lank graag ’n wilds­boud­jie of -blad be­han­del. Soos die wa­pens en jag­vaar­dig­he­de van die set­laars ver­be­ter het, het meer wilds­vleis op die ta­fel ver­skyn. Fyn­vleis is ge­kook, soos dit van­dag nog ge­doen word, en ook vir pas­tei of pa­tee ge­bruik. Die vleis is met spek of skaap­stert­vet voor­be­rei en met vrug­te­jel­lie (soos kwe­pe­rof kei-ap­pel­jel­lie) of ’n vrug­te­sous (soos ko­ren­te­sous) voor­ge­sit. Hul­le het dus van vroeg af ge­weet dat wilds­vleis baat vind by ’n tik­kie ek­stra ryk­heid en ’n soe­te­ri­ge smaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.