Landbou Vee

2 341 kg/ha

-

Die mens kan nie droogte keer nie, maar jy kan die invloed daarvan versag deur jou weiveld reg te bestuur, sê prof. Hennie Snyman van die Universite­it van die Vrystaat. Die gemiddelde seisoenale wortelgewi­g van gras in veld in ’n goeie toestand is deur navorsing oor ’n tydperk van 37 jaar op 2 341 kg/ha vasgestel (in die sentrale grasveldge­bied). Op veld in ’n swak toestand is dit slegs 615 kg/ha. Die bogrondse produksiep­otensiaal van dieselfde veld in ’n goeie toestand kan vanweë die seisoensva­riasie in reënval van 2 678 kg tot 813 kg DM per hektaar wissel. Indien die veld egter in ’n swak toestand verkeer, sal die bogrondse DM-produksie slegs van 889 kg tot 70 kg/ha per jaar wissel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa