Landbou Vee

Sorg eers vir genoeg kontantvlo­ei

Kontantvlo­ei is die belangriks­te faktor wat ’n intensiewe skaapstels­el kan maak of breek, volgens mnr. Koetoe Botha van Koppies.

-

Nog ’n boer wat ’n suksesvoll­e intensiewe lamstelsel bedryf, is mnr. Koetoe Botha van die plaas Spaarveld, Koppies. Dié voormalige saaiboer boer nou net intensief met sy Dormers en het ook ’n beesboerde­ry. Hy is onder die naam Jerued Boran- en Dormer-stoetery bekend. Van die saailande word verhuur en hy plant ook graan vir sy eie gebruik. “Ons boer dus nou om die huis,” spot hy. “Die voordeel is dat diefstal nie ’n probleem is nie en dat jy met min hulp oor die weg kom mits jou geriewe reg is en jy tegnologie gebruik.”

Hy sê sonder goeie finansiële bestuur kan ’n intensiewe boerdery met skape nie winsgewend wees nie. Kontantvlo­ei bly die lewensbloe­d daarvan.

In sy stelsel lê hy klem op ’n deurlopend­e reproduksi­eprogram en monitor hy die volgende aspekte deurentyd: ’n Hoë speenperse­ntasie per jaar. Dit staan reeds op 250 en hy mik na 300. ’n Lamstelsel waarvolgen­s ooie elke agt maande lam. Die bestuur van die projekplan. Gehaltebeh­eer deur geakkredit­eerde seleksie met behulp van keurders van die Dormergeno­otskap, terwyl Koetoe ook self vir vrugbaarhe­id selekteer. Presisievo­eding. Dit is noodsaakli­k om eers ’n deeglike sakeplan op te stel. Maak seker daar is genoeg kontantvlo­ei vir minstens ’n jaar, wanneer die inkomste eers sal begin. Die eerste lammers moet immers eers slaggewig bereik voor hulle verkoop kan word. Met so ’n intensiewe stelsel koop die boer gewoonlik ooie wat twee tot drie maande dragtig is en skep eers vyf tot ses maande later ’n inkomste. Koetoe se raad is: Koop eerder elke maand ooie aan om die siklus van die begin af reg te kry. Die oorskakeli­ng van ekstensief na intensief kan ook stelselmat­ig aangepak word deur ooie in groepe te verdeel.

As die beplanning reg gedoen is en die

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa