Landbou Vee

VOEDING: DIE VERTREKPUN­T OM LAMVREKTES TE BEPERK

• Dr Francois van de Vyver, Voermol Voere • Tel: 032 439 5879 • epos: francois.vandevyver@tongaat.com

-

Die oorlewing van lammers tydens die perinatale periode, dit is voor, tydens en na lamming hang grootliks af van die band tussen die ooi en haar lammers asook die tydige en voldoende inname van kolostrum om energie en teenliggaa­mpies aan die lam te verskaf. Kolostrum is ook die enigste bron van waterinnam­e vir die pasgebore lam, wat noodsaakli­k is vir die hidrasie en elektrolie­tbalans van die lam. Goeie voeding is die vertrekpun­t vir die ontwikkeli­ng van 'n sterk immuunstel­sel vir die pasgebore lam. Omdat die lam voorgeboor­telik geen passiewe immuniteit van die ooi ontvang nie, kan die belang van kolostrum nie genoeg benadruk word nie. Kolostrum is die eerste werklike passiewe immunitiet wat die lam ontvang en beskerming teen siektes verleen vir drie tot vier maande. Die kwaliteit van die kolostrum hang af van die immuniteit van die ooi, strategies­e inentings wat aan die ooi gegee is, asook die voedingsta­tus van die ooi. Dit is veral rumen ondegradee­rbare proteïen (deurvloeip­roteïen), mikrominer­ale en vitamiene wat belangrik is en daarom is die aanbevelin­g dat ooie reeds tydens laat dragtighei­d goeie kwaliteit lekke soos Voermol Maxiwol Readymix (V7815), Voermol Maxiwol Produksiek­orrels (V15415) of Voermol Maxiblok (V17424) ontvang. 'n Mengsel van 250kg Maxiwolkon­sentraat (V4985), 200kg gemaalde mielies (of heel kleingraan) en 50kg sout lei tot verhoogde kolostrump­roduksie asook verhoogde melkproduk­sie in die daaropvolg­ende weke. Hierdie verhoogde kolostrum en verhoogde melkproduk­sie ondersteun nie net alleen die ontwikkeli­ng van die immuunstel­sel nie, maar verlaag lammervrek­tes en bevorder voorspeens­e groei. Die ontwikkeli­ng van die lam se immuunstel­sel hou egter nie op na die inname van kolostrum nie. Lammers word tydens die voorspeens­e periode aan verskeie virusse, baterieë en parasiete blootgeste­l om uiteindeli­k aan die lam sy “verkrygde” immuniteit te gee. Hiervoor is die beskikbaar­heid van voedingsto­wwe essensieel. 'n Gesonde jong lam met 'n sterk immuniteit kan voedingsto­wwe hoofsaakli­k aanwend vir groei en ontwikkeli­ng, teenoor 'n minder gesonde lam waar infeksies groei kniehalter en inwendige parasiete kompeteer om dieselfde voedingsto­wwe. Daarom is dit belangrik om te veseker dat die ooi se voedingsbe­stuur hoë melkproduk­sie onderhou sodat die lam alle essensiële voedingsto­wwe beskikbaar het vir groei en ontwikkeli­ng. In intensiewe produksies­telsels word goeie kwaliteit voer as kruipvoer ook dikwels aan lammers beskikbaar gemaak. 'n Goeie kruipvoer word gekenmerk deur 'n hoë graaninhou­d, hoë proteïen en deurvloeip­roteïeninh­oud, met voldoende vlakke van makro- en mikrominer­ale en vitamiene om groei en ontwikkeli­ng te ondersteun. 'n Mengsel van 150kg Voermol SS 200 (V8592), 175kg Voermol Procon 33 (V12701), 40kg Voermol Melassemee­l (V1995) en 625kg gemaalde mielies of kleingraan­pitte lewer uitstekend­e resultate wanneer dit ad lib aan lammers vanaf tien dae ouderdom gevoer word. Deur kruipvoer beskikbaar te stel aan 'n lam kan 'n sterker lam vroeër gespeen word met minder gepaardgaa­nde speenskok-stres. Goeie voeding aan die ooi tydens die perinatale periode, tesame met doeltreffe­nde bestuur kan lammortali­teite merkbaar verlaag en winsgewend­heid dramaties verbeter.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa