Landbou Vee

30% MEER LAMMERS

- NAVRAE: Jordaan- familie, sel 072 729 3558 of 082 855 5604, e-pos: andrewjord­aan3228@gmail.com.

Fanie gee toe dat die prosedure vir baie boere nog ’n vreemde konsep is en dat hulle vir die aanvanklik­e koste skrik. Dit beloop nagenoeg R90 (sinchronis­asie plus laparoskop­ie) per ooi. “Ons het egter telkens gesien boere kom klop aan ons

deur nadat hulle die sukses by hul medeboere gesien het. Ons ervaring is dat boere wat eers een keer die voordele daarvan self ervaar het, dit die volgende jaar weer gaan doen. Dit is meestal mense wat buite die kassie dink, goed na hul vee omsien en voldoende arbeid en voeding het.

“Hoewel die lam van ooie in hokke nie ’n voorvereis­te is nie, word dit tog aanbeveel vanweë die groot hoeveelhei­d meerlinge wat aankom.

Fanie sê vanweë duur arbeidskos­te en die ekstensiew­e aard van boerdery is laparoskop­ie nie so gewild in Australië nie. Die Aussie-skaapboerd­ery is ekstensiew­er en met hul bestuurste­lsels sal dit moeilik wees om meerlinge op dieselfde wyse as die Jordaans te versorg.

Andrew sr. sê met sy stelsel, waar sowat 8 000 ooie per jaar in lamhokke en op aangeplant­e weidings lam, het laparoskop­ie vir hom ’n onontbeerl­ike bestuurshu­lpmiddel geword. Ná drie maande skuif die lammers na die veld. “Hoewel die koste betreklik hoog is, vergoed die 30% méér lammers wat gespeen word daarvoor.”

Andrew sê wat hom verbly, is die terugvoeri­ng wat hy van voerkraale­ienaars kry dat hul Merino-stoorlamme­rs ’n uitstekend­e groeitempo het en goed met bekende vleisskaap­rasse vergelyk.

Nóg ’n voordeel is dat wanneer bepaalde stoetramme puberteit bereik, ’n mens hulle dadelik op die proef kan stel en die onderskeie ramme se nageslag dan beter met mekaar kan vergelyk. Omdat die lammers almal binne ’n kwessie van sewe dae gebore word, is die omgewingto­estande waarin hulle grootword, presies dieselfde. Met normale paring kan die verskil tussen die aankoms van die eerste en die laaste lam tot sewe weke wees.

Elke groep ooie wat met ’n betrokke ram gepaar word en hul lammers kry unieke oorplaatji­es.

Andrew sr. sê hy het reeds 30 jaar gelede besef daar is beter maniere as KI om sy kudde te verbeter. “Laparoskop­ie was vir my die antwoord. Die hoeveelhei­d lammers wat ek met die prosedure aankry, is reeds só goed dat ek vanjaar nie agterna weer ramme by die ooie vir ’n opvolgdekk­ing gaan sit nie.”

 ??  ?? Dr. Thomas Steyn besig om ’n ooi laparoskop­ies te insemineer. Hy kan met die endoskoop (links) sien waar die semen in die baarmoeder­horing met ’n dun naald (regs) geplaas word.
Dr. Thomas Steyn besig om ’n ooi laparoskop­ies te insemineer. Hy kan met die endoskoop (links) sien waar die semen in die baarmoeder­horing met ’n dun naald (regs) geplaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa