Landbou Vee

PLAASINLIG­TING

- NR. DOUGLAS FLETCHER, NAVRAE: Mnr. Douglas Fletcher, sel 082 913 9801.

Meienaar van die Toshingobo­erdery by Mooirivier, span al 15 jaar lank ’ n ou Poldenvale-beesklamps­kaal in. Hy weier egter om enige bees wat met ’n trekskaal geweeg is, te verkoop of aan te koop. “Die skaalraam kan maar stokoud wees, soos wat myne is. Solank die elektronik­a en die weegsel haarfyn en gekalibree­r is, sal daar nie foute kom nie.

“Ek boer met ’n Angus-stoetery en ’n kommersiël­e kudde en ek spekuleer met beeste in ’n klein voerkraal op my plaas. Daarom is die gewig waarteen ek beeste koop en verkoop uiters belangrik, want dit bepaal of ek ’n wins gaan maak of nie. Dit is waarom ek die Micro A12E-weegsel teen groot koste minstens twee maal per jaar laat kalibreer,” sê Douglas.

Hy het die beesklamps­kaal jare gelede in die hande gekry en toe vir Scaleman in Pietermari­tzburg gekontak om die Micro A12E op sy skaal te kom installeer. “Daar lê soveel tweedehand­se skaalrame rond wat nog in ’n goeie, werkende toestand is. Dit is onnodig om duisende rande vir ’n splinternu­we een te hoes. Moet egter nie op die weegsel en elektronik­a probeer geld spaar nie,” sê Douglas.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Douglas Fletcher voor sy tweedehand­se Poldenvale-beesklamp waarop ’n Micro A12E-weegsel aangebring is om sy beeste mee te weeg.
FOTO: VERSKAF Mnr. Douglas Fletcher voor sy tweedehand­se Poldenvale-beesklamp waarop ’n Micro A12E-weegsel aangebring is om sy beeste mee te weeg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa