Landbou Vee

Dipspuit behandel 1 200 skape in ’n uur

Met dié spuit wat ’n boer en sy seun van Molteno ontwikkel het, kan tot 1 200 skape per uur met die minimum arbeid gedip word.

- NAVRAE: E-pos: Viljoen@oddworld.co.za, tel. 045 967 0629 of sel 082 291 0199. Webwerf: www.tricotec.co.za.

Vyftien minute is ál wat jy nodig het om sowat 300 skape vir enige uitwendige parasiete te behandel met ’n vindingryk­e spuit waarmee skape in ’ n drukgang gedip word. Mnr. Bossie Viljoen van Molteno en sy seun Stephan het die spuit in 2007 by ’n vriend, mnr. Gert Oosthuizen van Aliwal-Noord, gesien.

Bossie sê hoewel die spuit funksionee­l was, was dit nodig om ’n paar aanpassing­s te maak ten opsigte van die hoek waarteen die skape die draai vat voordat hulle deur die dipgang beweeg, asook die oriëntasie van die spuitpunte. Die houer vir die dipstof is ook verander.

Dit toestel, genaamd die Eezy Dip, is geskik vir die behandelin­g van enige uitwendige parasiete, hetsy met opgietmidd­els of die soort waar die dip met water gemeng en dan op die diere gespuit word.

Dit werk op die beginsels van lug wat teen ’n hoë druk die dipmiddel uit die houer forseer en deur drie spuitkoppe (twee onder en een bo) op die skape sproei. Die toestel word by die uitgang van ’n konvension­ele drukgang geplaas. Die diere beweeg deur ’n 90˚-draai voor

die dipmiddel oor hulle gespuit word. Die rede waarom die vee deur ’n skerp draai gaan, is om te verseker dat hulle nie spring nie, soos sou gebeur het as die toerusting in die drukgang geplaas was.

Met die toestel is dit nie nodig om die skape om te keer en die opgietmidd­els in hul lies toe te dien nie. En omdat ooie en lammers saam behandel word, raak die lammers gou gewoond om deur die drukgang te beweeg.

MIN HANTERING

Die toestel is ontwerp om die hantering van die vee tot die minimum te beperk en hul stresvlakk­e laag te hou. Omdat die skape in ’n aaneenlope­nde stroom deur die drukgang beweeg, duur dit net sowat 15 minute om 300 skape te dip. Indien die boer ’n goeie drukgang op die plaas het en ’n paar werkers om die skape vinnig in te jaag, kan tot 1 200 skape per uur op dié wyse gedip word.

Die spuit is gekalibree­r. Die hoeveelhei­d spuitstof, wat van 6 ml tot 20 ml per skaap wissel, word gereguleer deur middel van ’n drukbeheer­klep wat op die lyn geïnstalle­er is. Indien ’n skaap in die drukgang sou vassteek, kan die spuitaksie dadelik stopgesit word met behulp van ’n toutjie wat aan die diphouer gekoppel is.

Die toestel is só lig dat een werker dit op ’n bakkie kan op- of aflaai. Dit is ook vir die dip van Boerbokke en Angoras geskik. Die toestel is veilig vir dragtige diere en skape met enige wollengte.

– THEUNS BOTHA

 ??  ?? Mnr. Bossie Viljoen
Mnr. Bossie Viljoen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa