Wild­droom in saai­wê­reld word waar

Toe die Crous-broers ver­ti­kaal wou uit­brei om die sty­gen­de kos­te van pro­duk­sie­mid­de­le en kli­maats­ver­an­de­ring te troef, wou hul­le el­ke hek­taar op­ti­maal be­nut. Skaars wild was boon­op des­tyds net ’n droom. Met hul aan­wy­sing as Wild­be­dryf SA se Wild­te­lers van

Landbou Vee - - Inhoud -

Pre­sies 14 jaar ge­le­de was die gons­woor­de in SuidA­fri­ka se kom­mer­si­ë­le boer­de­ry­k­rin­ge gro­ter skaal­e­ko­no­mie. Dit was die laas­te twee de­ka­des, en is van­dag steeds, die oor­we­gen­de nei­ging in die hart­land van die so­mer­saai­ge­bied waar die Crous-fa­mi­lie nou al vyf ge­slag­te lank boer, tra­di­si­o­neel met Bons­ma­ra-bees­te, mielies en aar­tap­pels.

Mn­re. Ko­bus, Da­vid en Ri­aan Crous is drie van vier broers wat eg­ter in daar­die jaar ’n be­sluit met ’n ge­son­de skoot toe­koms­vi­sie ge­neem het wat hul fa­mi­lie­boer­de­ry se wins­ge­wend­heid na ’n nu­we vlak ge­neem het. Dit was ’n he­le paar jaar voor die Suid-A­fri­kaan­se wild­be­dryf sy heer­sen­de op­waart­se koers in­ge­slaan het, maar die Crous-broers se lief­de vir wild het die deur­slag ge­gee.

Hul­le boer al se­dert 1995 saam by Kroonstad, S­teyns­rus en T­ha­ba­zim­bi.

Die sty­gen­de kos­te van pro­duk­sie­mid­de­le en die kli­maats­ri­si­ko het die be­sef tuis­ge­bring dat hul­le hul boer­de­ry­be­lan­ge vir oor­le­wing ná die vol­gen­de ge­slag ver­der sal moet di­ver­si­fi­seer en uit­brei. Pleks van die al­ge­me­ne nei­ging om ho­ri­son­taal uit te brei, het hul­le ver­ti­ka­le uit­brei­ding ge­kies om­dat hul­le ge­meen het dit is be­lang­ri­ker om el­ke hek­taar tot

hul be­skik­king so doel­tref­fend moont­lik te be­nut.

VAN DROOM TOT PAS­SIE

Hul ant­woord, ná baie oor­we­ging en na­vor­sing, was skaars wild en spe­si­fiek swart­wit­pen­se. Mar­gi­na­le saai­lan­de wat weens die sty­gen­de kos­te van pro­duk­sie­mid­de­le en die ri­si­ko’s nie meer wins­ge­wend vir kom­mer­si­ë­le ge­was­pro­duk­sie be­nut kon word nie, het hul sprong na skaars wild ’n ver­de­re hup­stoot ge­gee.

Dit was bo ver­wag­ting suk­ses­vol, en hul­le het se­dert­dien hul wild­boer­de­ry na buf­fels, nja­las, bas­ter­gems­bok­ke, re­nos­ters, swart rooi­bok­ke, swart­rug­rooi­bok­ke, goue wil­de­bees­te, goue gems­bok­ke, leeus en ko­per­spring­bok­ke uit­ge­brei.

Hul­le is vroe­ër van­jaar as Wild­be­dryf SA (WRSA) se Wild­te­lers van die Jaar aan­ge­wys.

Ri­aan, die jong­ste, ver­tel die Zam- bie­se en Mat­set­si­swart­wit­pen­se waar­mee hul­le aan­vank­lik be­gin teel het, het bo ver­wag­ting vin­nig aan­ge­teel so­dat hul­le die kud­des vin­nig kon op­bou. Hul­le het teen 2004 ook na die an­der wild­soor­te be­gin uit­brei.

“Ons het be­gin droom oor wild met kalfies en lammetjies wat oor die Vry­staat­se gras­vlak­tes hard­loop, soos baie ja­re ge­le­de. Ons droom het gou ’n werk­lik­heid en ’n be­sig­heid be­gin word. Van­dag is dit ’n pas­sie.”

Met die­self­de ba­sie­se be­gin­sels, be­stuurs­prak­ty­ke en lief­de vir die die­re het hul­le in 2004 ook met buf­fels en nja­las be­gin boer. “Ons het so­veel ge­not daar­uit ge­kry en die wild het só diep in ons har­te ge­kruip dat ons teen 2008 ook ons eer­ste bas­ter­gems­bok­ke aan­ge­skaf het.”

Die res van die wild, wat ook kleur­va­ri­an­te in­sluit, het in­tus­sen by­ge­kom.

Soos in e­ni­ge ge­meng­de boer­de­ry, meen Ri­aan, is dit be­lang­rik om in ’n wild­boer­de­ry te di­ver­si­fi­seer tus­sen skaars wild­soor­te, waar­na daar op lang ter­myn ’n sta­bie­le vraag is, en wild­soor­te wat op kor­ter ter­myn vin­ni­ge op­gang maak, soos die kleur­va­ri­an­te.

Hul­le het in 2001 aan­vank­lik kam­pe van 12 ha tot 15 ha met wild­we­ren­de hei­ning toe­ge­span om teel­trop­pe aan te hou. Met­ter­tyd het hul­le eg­ter ag­ter­ge­kom dat die teel­kam­pe te klein is (hul dra­krag is 6 ha/GVE). Hul­le het die kam­pe tot ge­mid­deld 45 ha ver­groot. Hul­le vind dit is doel­tref­fen­der om die wild in dié half­in­ten­sie­we om­ge­wing aan te hou waar daar al­tyd ge­noeg na­tuur­li­ke wei­ding vir die die­re be­skik­baar is.

Van­dag het hul­le meer as 60 wild­kam­pe waar­in die ver­skil­len­de wild­soor­te flo­reer.

Om­dat hul­le van die min half­in­ten­sie­we wild­boe­re in die Vry­staat was, het hul­le van dag een af be­sef al­les moet haar­fyn be­plan en be­stuur word, ver­al weens die koue win­ters en min of net plek-plek boom­be­skut­ting. La­ter het dit ge­blyk dat dié om­ge­wing juis tot hul wild­boer­de­ry se voor­deel is.

Dr. Lou­is G­reeff is ’n be­ken­de vee­arts van T­ha­ba­zim­bi wat van die be­gin af by hul wild­boer­de­ry be­trok­ke was. Hy het met­ter­tyd ge­sê hul wild se lae pa­ra­siet­la­dings, min siek­tes en be­se­rings is juis dank­sy die koue win­ters en min tot geen bo­me. Nóg ’n voor­deel is dat ál die die­re el­ke dag ge­sien, ge­mo­ni­tor en be­stuur kan word.

VYF KEER WINSGEWENDER

Met die sty­ging in grond­pry­se en pro­duk­sie­mid­de­le het hul bees­boer­de­ry se wins­ge­wend­heid ál meer ge­krimp. Van­dag skep hul Vry­staat­se wild­boer­de­ry tot vyf keer meer wins per hek­taar as wat hul­le met bees­te kan uit­boer, sê Ri­aan.

Dit was een van die groot re­des vir die uit­brei­ding van hul wild­boer­de­ry en die ver­skui­wing van die mees­te van hul Bons­ma­ra-bees­te na (goed­ko­per) grond wat hul­le in Botswa­na en Mo­sam­biek be­kom het.

Ri­aan ver­dui­de­lik dit gaan in hoof­saak oor hoe ’n boer sy tyd en e­ner­gie op­ti-

‘ONS HET BE­GIN DROOM OOR WILD MET KALFIES EN LAMMETJIES WAT OOR DIE VRY­STAAT­SE GRAS­VLAK­TES HARD­LOOP, SOOS JA­RE GE­LE­DE. ONS DROOM HET GOU ’N WERK­LIK­HEID BE­GIN WORD.’

maal be­stee. “Met die wild is dit baie doel­tref­fen­der, ge­meet aan die waar­de van die die­re en die op­per­vlak­te wat no­dig is om ’n be­paal­de in­kom­ste per hek­taar te ver­dien.

“Vir 600 bees­te het ek by­voor­beeld 3 600 ha wei­ding no­dig, teen­oor die 40 ha wei­ding wat ek vir 18 swart­wit­pen­se no­dig het. Net op dié 40 ha kan die wins tot vyf keer gro­ter wees as op die 3 600 ha. Met die reg­te be­plan­ning kan ek dus my tyd en e­ner­gie baie doel­tref­fen­der be­nut.”

Doem­pro­fe­sieë ten spyt meen Ri­aan die toe­koms is roos­kleu­rig vir Suid-A­fri­ka se wild­be­dryf. “In die mees­te an­der A­fri­ka­lan­de kwyn wild­ge­tal­le. Die aan­vraag deur bui­te­land­se jag­ters vir tro­fee­die­re in Suid-A­fri­ka en Na­mi­bië styg jaar­liks. In werk­lik­heid ver­skans die Suid-A­fri­kaan- se wild­boer hom dus met bui­te­land­se va­lu­ta bin­ne Suid-A­fri­ka.”

Die wild­be­dryf help ook dat toe­ris­me toe­neem, dra by tot die in­vloei van vreem­de ka­pi­taal en skep werk­ge­leent­he­de.

Ri­aan meen ook die plaas­li­ke kom­mer­si­ë­le wild se ge­hal­te ver­be­ter vin­nig dank­sy toe­ne­men­de se­lek­sie vir die bes­te teel­ma­te­ri­aal, on­der meer vir die­re met lan­ger ho­rings.

Hy ver­wys na die groot vraag na goeie teel­ma­te­ri­aal on­der Na­mi­bie­se wild­boe­re. Heel­wat Suid-A­fri­kaan­se die­re kan jaar­liks na dié land uit­ge­voer word dank­sy Suid-A­fri­ka se bek-en-klou­seer­vrye sta­tus.

Ri­aan meen ook wilds­vleis is nog ’n groot­liks on­ont­gin­de, waar­de­vol­le pro­duk en dat dit in die toe­koms tot die ver­ste­wi­ging van wild­boer­de­ry gaan by­dra. In een van die Crous-broers se bas­ter­gems­bok-teel­trop­pe is ’n bul met ’n ho­ring­span van 32 duim aan die stuur.

“Tans is die prys van wilds­vleis la­er as dié van bees­vleis, maar as die reg­te be­mar­king en be­wus­ma­king on­der ver­brui­kers ge­doen word, ook in oor­se­se mark­te, kan wilds­vleis mak­lik duur­der as bees­vleis raak. Dit is be­son­der ge­sond, het ’n hoë pro­te­ïen­in­houd en ’n lae cho­les­te­rol­vlak, en is reeds ge­wild in re­stau­ran­te en ket­ting­win­kels.”

NA­VRAE: Mn­re. Ri­aan Crous, sel 082 805 2755, e-pos: ri­aan­crous@gcs.co.za;

Ko­bus Crous, sel 083 309 9592, e-pos: groot­kuil@gcs.co.za; Da­vid Crous, sel 083 294 4814, e-pos: crousd@gcs.co.za.

PLAAS­LI­KE KOM­MER­SI­Ë­LE WILD SE GE­HAL­TE VER­BE­TER VIN­NIG DANK­SY TOE­NE­MEN­DE SE­LEK­SIE VIR DIE BES­TE TEEL­MA­TE­RI­AAL, ON­DER MEER VIR LAN­GER HO­RINGS.

FO­TO’S: CROUS-BROERS

C­hee­tah, met ’n ho­ring­leng­te van 50 duim, is ’n swart­wit­pens-teel­bul wat die Crous­broers self ge­teel het.

FO­TO: VER­SKAF

Van links is mn­re. Ko­bus, Ri­aan en Da­vid Crous, WRSA se Wild­te­lers van die Jaar.

Buf­fel­bul­le op die Vry­staat­se vlak­tes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.