Sta­bie­le bok­haar­pry­se ver­wag

Landbou Vee - - Inhoud -

Met sy­bok­haar­pry­se wat oor die af­ge­lo­pe twee jaar ver­dub­bel het, is die hui­di­ge sy­waart­se be­we­ging nie on­ge­woon nie, sê mnr. Deon Saay­man, hoof­be­stuur­der van Sy­bok­haar Suid-A­fri­ka.

Die prys van klein­bok­kie­haar het die af­ge­lo­pe vyf maan­de ge­daal. “Ná die groot bo­haai oor die ge­bruik van An­go­ra­ko­nyn in kle­re­reek­se het van die groot mo­de­hui­se, soos Za­ra en Gap, ’n ver­bod daar­op ge­plaas en na klein­bok­kie­haar oor­ge­ska­kel. Dit het daar­toe by­ge­dra dat die vraag na klein­bok­kie­haar sterk ge­groei het. In­tus­sen het die e­ko­no­mie­se kli­maat in I­ta­lië eg­ter ver­swak, wat druk plaas op die prys van klein­bok­kie­haar.”

Deon sê die de­va­lu­a­sie van die C­hi­ne­se yu­an bring ook mee dat die prys van sy­bok­haar wat SuidA­fri­ka na China uit­voer, on­der druk ver­keer.

“Aan die guns­ti­ge kant was daar se­dert ver­le­de jaar ’n sty­ging in die vraag na en prys van die ster­ker deel van die skeer­sel. Dit sal mee­bring dat sy­bok­haar­boe­re vir hul skeer­sel as ge­heel baie na aan die in­kom­ste van ver­le­de jaar gaan ver­dien, wat in re­ë­le ter­me die bes­te jaar nóg in die ge­skie­de­nis van die be­dryf was.”

Deon het vre­se be­sweer dat ’n ver­de­re sty­ging in pro­duk­sie nie in die be­dryf se be­lang is nie. “Suid-A­fri­ka se pro­duk­sie het oor die af­ge­lo­pe vier jaar met ge­mid­deld 3,5% per jaar toe­ge­neem tot 2,45 mil­joen kg, maar daar is nog ruim­te vir uit­brei­ding. Gro­ter pro­duk­sie het meer voor- as na­de­le. Dit gee skaal­e­ko­no­mie vir die ver­wer­kers. Daar is ook ver­brui­kers wat se­ke­re vo­lu­mes van ’n be­paal­de ti­pe soek en na an­der ve­sels kan oor­ska­kel as hul­le dit nie kry nie.”

Deon sê die goeie len­te­re­ën in die be­lang­rik­ste pro­duk­sie­ge­bie­de sal waar­skyn­lik mee­bring dat die so­mer­skeer­sel ster­ker as ver­le­de jaar sal wees. Van die uit­da­gings wat boe­re in die ge­sig staar, is die be­skik­baar­heid van ’n ent­stof teen hart­wa­ter en plan­ne om roof­die­re hok te slaan. Daar sal ook ver­nu­wend ge­dink moet word oor hoe om aan sy­bok­haar ’n staan­plek in ’n hoogs me­de­din­gen­de ve­sel­mark te ver­se­ker.

Mnr. Deon Saay­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.