Voer­stel­sel, teling bring suk­ses

As ie­mand wat met ge­loof, har­de werk en slim plan­ne ’n groot suk­ses van sy melk­plaas maak, sou mnr. Ger­hard van Rens­burg ’n paar jaar ge­le­de reeds te­vre­de kon wees met dit wat hy be­reik het. Maar dit was toe die te­ë­spoed tref dat hier­die puik Jer­sey­kud­de

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Mnr. Ger­hard van Rens­burg, sel 079 230 0999.

Baie din­ge het die af­ge­lo­pe paar jaar ge­beur wat mnr. Ger­hard van Rens­burg weer nu­we y­wer vir sy werk ge­gee het. Sy seuns, al­bei klaar met skool, het be­sluit om me­dies te gaan swot en sy op­volg­be­plan­ning is skie­lik in ’n an­der rig­ting ge­stuur. Ger­hard se ge­sond­heid het ook ’n te­rug­slag be­leef toe hy met ko­lon­kan­ker ge­di­ag­no­seer is.

Aan sy sy is Mil­ly, sy vrou en reg­ter­hand op die plaas wat deur al­les sy steun­pi­laar is en na die sa­ke­be­lan­ge om­ge­sien het toe hy en die kan­ker me­kaar die stryd aan­ge­sê het. Deur al hier­die e­mo­sie en uit­da­gings het die eg­paar ster­ker an­der­kant uit­ge­kom.

Die plaas B­len­heim by Kin­kel­bos, so­wat ’n half­uur se ry van Port E­li­za­beth af, huis­ves van die bes pres­te­ren­de Jer­sey­kud­des in die land. As stoe­re on­der­steu­ner van melk­aan­te­ke­nin­ge is Ger­hard ook ver­skeie ja­re ge­re­ken on­der die top­melk­pro­du­sen­te in die pro­vin­sie en die land in die Mees­ter­sui­wel­boer-kom­pe­ti­sie.

Die plaas is so­wat 1 000 hek­taar groot en die wei­dings (500 ha) is hoof­saak­lik wit­buf­fel­gras. Die ho­ër ge­leë de­le van die plaas het rooi­gras­veld en die ver­se en kal­wers word daar groot­ge­maak.

Die Van Rens­burgs het tans so­wat 500 lak­te­ren­de koeie. “Dis ’n pro­bleem,” sê Mil­ly. “Die melk­stal is te klein om so­veel koeie te han­teer. Ons het ge­woon­lik maar so­wat 300 koeie ge­melk. Met ver­be­te­ring kom voor­uit­gang.”

Die voor­uit­gang waar­na sy ver­wys, is die uit­brei­ding van die melk­stal.

“Dis da­rem ’n goeie pro­bleem,” voeg Ger­hard vin­nig by.

“Vir ons bes­te koeie ge­bruik ons die Kem­pen-voer­stel­sel van Af­gri saam met A-graad-lu­sern wat ons van So­mer­se­tOos in­koop.” (Dié stel­sel van die Kem­pens­hoff-na­vor­sing­plaas in Ne­der­land is op die ka­fe­te­ri­a­stel­sel ge­skoei, waar­vol­gens die koeie self be­sluit hoe­veel ru- en krag­voer – wat op ver­skil­len­de pun­te voor­sien word – hul­le wil in­neem. Ná vyf jaar se na­vor­sing is ’n self­voer­der vir die voor­sie­ning van die krag­voer in kor­rel­vorm ont­wik­kel. Die krag­voer­kor­rels is hoog in e­ner­gie en pro­te­ïe­ne.)

Ger­hard ge­bruik die Kem­pen-stel­sel­aan­vul­lend tot sy wei­ding. “Ons ge­bruik dit s­legs as die wei­ding on­vol­doen­de is, en dan voer ons s­legs ons top­pres­teer­ders. Tans het ons so­wat 100 van die 500 lak­te­ren­de koeie op die Kem­pen-rant­soen.”

Die stal­ge­mid­del­de vir die he­le kud­de is so­wat 21 li­ter (oor lak­ta­sie­tyd­perk van 305 dae). Die top-50 koeie wat by die Kem­pen-stel­sel in­ska­kel, le­wer ge­mid­deld 33 li­ter per dag ty­dens die spits­pro­duk­sie­tyd.

EER­BE­WY­SE

Ger­hard en Mil­ly se B­len­heim Jer­seys is on­langs as V­leis­sen­traal en SA S­tam­boek se E­li­te-melk­stoet­kud­de van die Jaar aan­ge­wys. Streek- en na­si­o­na­le wen­ners word aan­ge­wys op grond van pun­te wat deur ’n on­af­hank­li­ke pa­neel kun­di­ges ná plaas­be­soe­ke toe­ge­ken is. Die pun­te neem vas­te­stof-ge­kor­ri­geer­de melk­pro­duk­sie in ag en kyk ook na re- pro­duk­sie­pres­ta­sie, so­ma­tie­se sel­tel­ling, kud­de­sa­me­stel­ling, as­ook melk­aan­te­ke­nings­prak­ty­ke.

Ger­hard se kud­de pres­teer ook wat die ge­hal­te van melk be­tref. B­len­heim is on­langs ver­eer as een van Par­ma­lat se top­pro­du­seer­ders. As­pek­te waar­na ge­kyk word, is die ge­mid­del­de bak­te­rie­ë­tel­ling

in die melk, die vo­lu­me ge­le­wer, die bot­ter­vet- en pro­te­ïen­vlak en die so­ma­tie­se sel­tel­ling. Die be­oor­de­laars neem ook sei­soe­na­li­teit en voed­sel­vei­lig­heid in ag.

BESTUURSBESLUITE

Hier­die pry­se, soos die tal­le an­der voor dit, kom nie son­der har­de werk nie, soos toe Ger­hard ’n paar jaar ge­le­de na die Kem­pen-vol­voer­stel­sel oor­ge­ska­kel het. Dit het tyd ge­vat om by die be­stuurs­ver­eis­tes van dié stel­sel aan te pas. Vir die stel­sel om te werk, is dit no­dig om ru­voer van goeie ge­hal­te in die reg­te ver­hou­ding te voer. Fyn be­stuur is ook no­dig om suur­pens te voor­kom, want as ’n koei kan kies tus­sen kon­sen­traat en strooi, kan jy maar weet daar kom moei­lik­heid.

Ger­hard het nou die be­stuurs­pro­gram tot ’n kuns ver­fyn. Sy ho­ë­pro­du­se­ren­de koei­groe­pe kry die ge­ba­lan­seer­de rant­soen in vol­voer­toe­stan­de, kom­pleet met koei­be­hui­sing en ’n vry­loop­a­rea na­by die melk­stal in­dien die wei­ding on­vol­doen­de is. Die bes moont­li­ke voor­sorg word ge­tref om dié koeie dop te hou en hul­le so min as moont­lik e­ner­gie te laat af­staan deur ver te stap.

Soos die lak­ta­sie­tyd­perk vor­der en melk­pro­duk­sie na­tuur­lik be­gin daal, B­len­heim Jer­seys het so­wat 500 lak­te­ren­de koeie. Die melk­stal is on­langs ver­groot. word die groe­pe ver­der weg na die wei­dings om die melk­stal ver­skuif. Die droë koeie en drag­ti­ge ver­se is die ver­ste weg.

Die be­leg­ging in sy voer­stel­sel en koei­be­hui­sing het Ger­hard in staat ge­stel om sy kud­de aan­sien­lik te ver­groot son­der om meer wei­ding te be­kom. In dié wê­reld is goeie dro­ë­land­wei­ding juis ’n be­per­ken­de faktor vir kud­de­uit­brei­ding.

Die Kem­pen-voer­pil­le help Ger­hard om die pro­bleem van be­perk­te wei­ding te oor­kom. Dit be­spaar ook op me­ga­ni­sa­sie­kos­te om­dat die voer­pil­le in spe­si­a­le bak­ke vreet­ge­reed is vir die koeie.

“Die voor­de­le is groot. Ek kan 50 of 500 koeie op die Kem­pen-stel­sel hê as ek wil. Ge­woon­lik het ons so 70 tot 80 van ons bes­te pro­du­seer­ders op Kem­pen, soms meer. Dit be­te­ken dat ons so­wat 150 meer koeie kan melk as voor­heen.”

Sy ras­eg­te Jer­sey­kud­de se der­de­lak­ta­sie­koeie wat hul­self al be­wys het, kry dié klaar­ge­meng­de rant­soen. Pro­duk­sie is dan aan­sien­lik meer as dié van koeie op wei­ding. Die wins­mar­ge moet mooi dop­ge­hou word, maar die vo­lu­me melk wat meer koeie le­wer, het ook sy voor­de­le.

“Ons het nooit min­der as 40 koeie op ’n slag op die stel­sel nie. As daar baie wei­ding is, is daar min­der koeie op Kem­pen, maar dit bied vir ons ’n vei­lig­heids­net wan­neer wei­ding skraps is. Dit dien ook as ’n ba­lan­se­rings­me­ga­nis­me vir die hoe­veel­heid melk wat ons wil pro­du­seer. As die prys goed is, wil ons ui­ter­aard so­veel li­ter melk as moont­lik pro­du­seer.”

Vir hom het die ge­bruik van teg­no­lo­gie en goeie re­kord­hou­ding toe­ne­mend be­lang­rik ge­word met die uit­brei­ding van sy kud­de en ver­al die in­wer­king­stel­ling van die nu­we voer­stel­sel. “Nog voor die koei siek lyk, moet jy al stap­pe kan doen om dit te voor­kom. Met melk­aan­te­ke­nin­ge en die Lo­gix-be­stuur­stel­sel kan ek baie dui­de­lik en ak­ku­raat sien wat in die kud­de aan­gaan en waar daar moont­lik ’n pro­bleem kan op­duik.

“Ek ge­bruik Lo­gix met al­le be­slui­te. Dit be­gin met melk­aan­te­ke­nin­ge wat ek deur­stuur. Die da­ta word dan in­ge­trek na my DIMMSA-melk­pro­gram. Ek ver­koop ook geen bul voor­dat ek nie sy da­ta op Lo­gix goed be­stu­deer het nie.

“Dit is ook be­lang­rik om goeie ru­voer te gee. Ons ge­bruik A-graad-lu­sern. Moe­nie suk­kel met swak ru­voer nie.”

SE­LEK­SIE

Koeie wat in hul eer­ste lak­ta­sie min­der as 4 500-5 000 li­ter pro­du­seer, gaan uit­ein­de­lik nie op stan­daard pro­du­seer nie, vol­gens Ger­hard se er­va­ring. Hul­le word ver­koop.

“As jy be­sig is met bees­te­ling, is jou eer­ste se­lek­sie die bul. Met ge­no­mi­ka het jy so­veel meer op­sies. Ek ge­bruik nou ’n bul wat vir my ’n reeks voor­de­le in die kud­de in­bring en wat ge­no­mies ge­toets is daar­voor. Jy kan let­ter­lik tot in die fyn­ste be­son­der­he­de kies wat­ter bul per­fek is vir jou kud­de se ver­be­te­ring.

“Vir my moet die bul ’n vers teel wat tot 10 km ver kan stap. Ek soek ’n goeie ui­er, lyf en be­ne. Sy moet ’n lak­ta­sie­pro­duk­sie van 6 000 li­ter kan le­wer met ’n ge­mid­del­de pro­te­ïen­per­sen­ta­sie van 4,5% en ’n vet­in­houd van 3,5%. So­ma­tie­se sel­tel­ling moet so laag as moont­lik wees (dus goeie siek­te­weer­stand), en ek wil ’n lang­le­wen­de koei hê.

“My eie bul­le se saad pres­teer op hier­die plaas baie be­ter as se­men wat ek ten duur­ste aan­koop. Met el­ke klas­si­fi­ka­sie van Jer­sey SA sien ek dit,” sê Ger­hard.

“Ek wil graag my ver­se se ge­ne­tie­se ei­en­skap­pe in die prak­tyk toets voor ek be­sluit wat­ter ek in die kud­de be­hou. Ek melk eers ál my ver­se en kyk hoe hul­le vaar. Ons toets elk­een se pres­ta­sie so­dat sy reeds ’n in­deks het met S­tam­boek se Lo­gix-melk. Daar­na be­sluit ons wat­ter ver­se bly in die kud­de en wat­ter word ver­koop. Ons ver­koop ook baie van ons bul­le wat ’n by­drae tot die ras kan le­wer.”

“Ek en Mil­ly kyk na die pro­duk­sie van die eer­stel­ak­ta­sie­ver­se. As sy nie die stan­daard be­reik nie, ver­koop ons die vers. Ons kan net so­wat 550 koeie op ons wei­dings han­teer. Die se­lek­sie van die bes­te die­re maak dus vir ons sin.”

Ger­hard sê dank­sy melk­aan­te­ke­nings­ver­slae het hul­le al­tyd ’n paar ge­val­le van sub­kli­nie­se a­si­do­se in die kud­de op­ge­spoor. “Toe het ons in ’n s­ta­di­um vir ’n kort ruk­kie ’n an­der voer­kon­sen­traat ge­bruik, en die skok wat op ons ge­wag het, was groot. Die eer­ste keer toe ons weer die koeie daar­na toets, was daar som­mer 140 ge­val­le. Al wat ons in die rant­soen ver­an­der het, was die voer­meel (na ’n goed­ko­per weer­ga­we as die Af­gri Kem­pen-pil­le). Dit was dui­de­lik dat die pro­bleem daar lê.

“Toe ons af­wyk van ons be­stuurs­pro­gram, het ons da­de­lik spys­ver­te­rings­pro­ble­me by die koeie op­ge­merk. My ge­voel sê die koeie het na iets an­ders in hul rant­soen gaan soek in die veld en gif­ti­ge ink­bes­sie ge­vreet. Ons het uit­ein­de­lik 25 of 30 koeie ver­loor. Dit was ’n duur les.”

Wat die melk­aan­te­ke­nings­ver­slae self be­tref, sê Ger­hard jy moet sta­bi­li­teit na­streef. “As jou ver­slag el­ke keer goed is, weet jy al­les is goed en sta­biel. Dis wan­neer jy uit­skie­ters kry dat jy da­de­lik na die pro­bleem moet soek. Melk­aan­te­ke­nin­ge is be­slis die moei­te werd.”

FO­TO:

Klein hoe­veel­he­de krag­voer word be­skik­baar ge­stel wat die koei in die self­voer­der se bak op­lek. Hier kan die koei­be­hui­sing ook ge­sien word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.