Wat is jou boerderyvoorgee?

Hoe kan ’n bees­boer weet hy pres­teer net so goed soos sy e­we­knie in ’n an­der deel van die land? Hier’s ’n maat­staf om jou suk­ses te meet.

Landbou Vee - - Inhoud -

Toe ek pas be­gin boer het, het ek baie ge­won­der oor hoe ek sal weet wan­neer ek suk­ses­vol is. As ’n saai­boer vir ’n an­der saai­boer vra hoe­veel hy stroop, ver­staan hy da­de­lik of 10 ton/ha goed of sleg is. Dalk vra hy ook of dit op dro­ë­land of on­der besproeiing is, wat sal ver­klaar of 10 ton/ha ge­mid­deld of on­der­ge­mid­deld is.

Ek het ook kop­ge­krap oor die po­ten­si­aal van die ge­bied waar­in ek boer. Ek het ’n ko­ö­pe­ra­tie­we ag­ter­grond waar wins en ver­lies in hoof­let­ters ge­skryf word, en boon­op is ek nuus­kie­rig. .

My ge­dag­tes is ver­der ge­prik­kel deur die vol­gen­de wat ek van Tom La­sa­ter, die va­der van die Beef­mas­ter, ge­lees het: Plan­ning has ma­ny as­pects. First and fo­re­most is plan­ning for pro­ducti­on. This con­sis­ts of 1) de­ter­mi­ning the pro­ducti­ve ca­pa­ci­ty of a gi­ven o­pe­ra­ti­on and 2) to en­s­u­re that this ca­pa­ci­ty is re­a­ched e­ach y­e­ar, re­gard­less of ci­r­cum­stan­ces.

Ek wou my­self meet, maar ek het nie ge­weet waar­aan nie. Hoe kon ek my­self ver­ge­lyk met ’n bees­boer in K­waZu­lu-Na­tal, net soos die saai­boe­re dit kan doen? My vriend Hu­man du P­reez, ’n aartappelboer in Lim­po­po, weet pre­sies wat sy op­brengs per ha is, maar ’n bees­boer weet ge­woon­lik nie wat sy op­brengs per ha is nie. Nie­mand kon vir my sê wat die pro­duk­sie­ver­moë van die Suid-Vry­staat is nie. So, ek het ’n me­to­de ge­soek om

LINKS: Bees­boe­re moet vir hul pro­duk­sie­stel­sel en boer­de­ry­po­ten­si­aal be­plan en dit be­reik, on­ge­ag die jaar se toe­stan­de. REGS: As jy swak­ker vaar as die u­ni­ver­se­le maat­staf (glo­ba­le win­s­in­deks), moet jy jou­self af­vra waar jy kan ver­be­ter. As jy be­ter doen, gaan kyk wat die ver­skil maak en pro­beer dit selfs nóg ver­be­ter. dit te kan meet. Dit moes ’n u­ni­ver­se­le maat­staf wees waar geen ver­sko­nings be­trok­ke is nie.

U­NI­VER­SE­LE MAAT­STAF

My ver­trek­punt was my speen­kalf­stel­sel. Ek het die po­ten­si­aal be­skryf as die pro­duk­sie-in­kom­ste wat ’n speen­kalf­stel­sel le­wer op ’n ge­ge­we stuk grond wat vol­gens bi­o­mas­sa­be­la­ding ten vol­le ge­laai is. In dié stel­sel speen el­ke koei el­ke 365 dae ’n kalf wat 50% van haar eie ge­wig weeg.

As jy by­voor­beeld 1 000 ha grond be­sit in ’n ge­bied met ’n dra­krag van 6 ha/GVE (groot­vee-een­heid) kan jy 167 koeie van 450 kg elk (of­te­wel 1 GVE) aan­hou as jy ten vol­le “be­voor­raad” is en geen ver­van­ging te­rug­hou nie. As el­ke koei el­ke 365 dae ’n kalf van 50% (225 kg) van haar eie ge­wig speen, is die po­ten­si­aal 38 kg/ha. As jy al­le aan­teel teen R18/kg ver­koop, is die po­ten­si­aal R675 000 per jaar.

Ek het dit as die i­de­aal (’n glo­ba­le win­s­in­deks – GPI – van 100) be­skou. Nou het ek da­rem iets ge­had waar­aan ek my­self kon meet (sien TA­BEL 1 ).

In TA­BEL 2 word bo­ge­noem­de voor­beeld ver­ge­lyk met ’n stuk grond (1 000 ha) wat ’n GPI van net 26 be­haal.

Dra­krag word ook in ag ge­neem en kan ge­bruik word om bees­boe­re se doel­tref­fend­heid oor vas­te­lan­de heen aan me­kaar te meet. E­ni­ge an­der pro­duk­sie­stel­sel, soos ’n os- of ’n back­groun­ding­stel­sel, kan hier­mee ge­meet word. Dit sal ook werk vir ska­pe. On­ge­luk­kig is dit net ’n maat­staf om bru­to pro­duk­sie­po­ten­si­aal te be­paal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.