Wa­ter­krip­pe son­der moei­te

Met her­won­ne ma­te­ri­aal het dié Ka­roo­boer be­trou­ba­re vee­sui­pings, wat min aan­dag verg, ge­maak. Hy het ook ’n plan ge­maak dat vee nie vlot­ter­klep­pe be­ska­dig nie.

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Sel

Met die hoë dag­tem­pe­ra­tu­re in die Ka­roo wat mens en dier ge­reeld na koel­te en wa­ter laat smag, ves­tig mnr. Jo­han du P­les­sis, be­ter be­kend as Gaf­fel, sy aan­dag op in­stand­hou­dings­vrye wa­ter­krip­pe, want doel­tref­fen­de wa­ter­voor­sie­ning is nood­saak­lik in dié om­ge­wing.

“Om droog­tes te be­stuur, bly ons by die be­paal­de dra­krag van die veld. Ons boer ook met ’n os­fak­tor wat mak­lik be­mark kan word wan­neer die toe­stan­de dit nood­saak,” sê hy.

Ver­al oor De­sem­ber moet Gaf­fel in die uit­mer­ge­len­de hit­te toe­sig hou oor die wa­ter­voor­sie­ning aan vee­sui­pings. Dan bring die ge­sin som­mer va­kan­sie­tye op die plaas deur.

Hul kui­er­plek is in die rant­jies­veld waar hul­le tent op­slaan. Die on­ont­beer­lik­ste e­le­ment van dié so­mer­uit­stap­pies is die vee­sui­ping dig­by die la­pa wat hul­le uit her­won­ne ma­te­ri­aal ge­bou het. Die vee­sui­ping dien ook as ’n af­koel­plek vir die seuns, Jan-Louw en Chris­lu.

LA­FE­NIS VIR MENS, DIER

Die wa­ter­krip wat Gaf­fel bou, be­no­dig so­wat twee sak­ke se­ment en ’n vlot­ter­klep wat so­wat R300 kos. Die res van die be­no­digd­he­de word in die veld ver­sa­mel: ys­ter­klip­pe vir die vloer en an­der klip vir die mu­re. Die wa­ter­krip­pe in die veld het ’n in­houds­maat van 500 li­ter tot 600 li­ter, maar die swem­krip is iet­wat gro­ter.

Wa­ter na die la­pa en die swem­krip word deur swaar­te­krag uit ’n op­gaar­tenk op die naas­lig­gen­de kop­pie voor­sien deur plas­tiek­py­pe met ’n deur­snee van 32 mm.

Die vlot­ter­bal van die an­der veld­krip­pe word in die mid­del van die krip ge­plaas. Die klep­deel is on­der die wa­ter, maar die bal dryf bo-op en is met ’n ket­tin­kie aan die kleparm ver­bind. Só word die klep­me­ga­nis­me nie som­mer deur bees­te be­ska­dig nie.

Wer­kers pa­trol­leer ge­reeld met ’n mo­tor­fiets die vee­sui­pings op die ver­skil­len­de boer­de­ry-een­he­de. Dié groep hou ook vee­ge­tal­le by waar­oor hul­le week­liks ver­slag doen. Hul­le doen ook roof­dier­be­heer, on­der meer met vang­hok­ke vir rooi­kat­te. – JO­HAN NOR­VAL

078 283 4387, e-pos: jl­du­ples­sis1@gmail.com of gaf­fel@ kon­sor­ti­um-me­ri­no.com.

Die vlot­ter­bal van die wa­ter­krip­pe word in die mid­del van die krip ge­plaas. Die klep­ge­deel­te is on­der die wa­ter, maar die bal dryf bo-op. Só word die klep nie deur bees­te be­ska­dig nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.