Hier­om boer ons in An­go­la

Twee Na­mi­bie­se bees­boe­re wat na An­go­la uit­ge­brei het, ver­ge­lyk die land met sy on­ge­ken­de po­ten­si­aal met Bra­si­lië, wat die res van die wê­reld al ’n paar land­bou­les­se ge­leer het.

Landbou Vee - - Inhoud - NA­VRAE: Mnr. Mecki Schneider, e- pos: mecki@i­a­fri­ca.com.na; mnr. Eb­bi Fis­cher, e-pos: fis­ch@a­fol.com.na.

Twee pi­o­niers wat An­go­la se land­bou­po­ten­si­aal tap, is mn­re. Mecki Schneider van Groot­fon­tein en Eb­bi Fis­cher van Ho­chfeld in Na­mi­bië. Hul­le het vier jaar ge­le­de ’n Brah­man-stoet­bees­boer­de­ry by Ca­lu­lo in die pro­vin­sie K­wan­za de Sul, 300 km suid­oos van Lu­an­da, be­gin.

Me­ni­ge mens sal vir hul­le vra: Wat van die kor­rup­sie en wat is die pro­ble­me? Mecki, een van die groot­ste Brah­man­boe­re in Sui­der-A­fri­ka, sê: “Ie­mand wat net na die af­bre­ken­de din­ge op­let, sal nooit die ge­leent­he­de raak­sien nie. A­fri­ka hét po­li­tie­ke en e­ko­no­mie­se wan­be­stuur, maar die jeug sal na ’n be­ter be­stel streef en die A­fri­ka van van­dag sal nie die­self­de A­fri­ka oor 20 jaar wees nie.

“Ons kom uit ’n po­li­tie­ke ver­le­de in A­fri­ka waar­by die ou­er gar­de reg­streeks be­trok­ke is en die saak van­uit hul hoek be­na­der, maar as A­fri­ka deel van ’n mo­der­ne le­wens­wy­se wil wees, is daar geen an­der uit­weg nie as om by die wê­reld­nei­gings in te val. Dit is waar die ge­leent­he­de van die toe­koms lê; nie om na die hui­di­ge si­tu­a­sie te kyk nie, maar, soos my slag­spreuk op elk van my advertensies, lui: Meet­ing the chal­len­ges of to­mor­row.”

Die twee Na­mi­bi­ërs boer in ven­noot­skap met An­go­le­se bur­gers, die broers mn­re. Vol­l­rat en F­ritz von Kro­sigk.

Hul­le is die der­de ge­slag Duits­spre­ken­de An­go­le­se. Hul­le het groot kof­fie­plan­ta­sies ge­had voor­dat die bur­ger­oor­log uit­ge­breek het. An­go­la was toe ’n uit­voer­der van ge­sog­te kof­fie­bo­ne. Hul fa­mi­lie het nie­te­min dwars­deur die oor­log op die

plaas ge­bly. Dit is hoe­kom hul­le nog ei­e­naar­skap het. Hul­le het ook ’n ge­ves­tig­de groen­te­boer­de­ry in Wind­hoek.

BE­SLUIT DEEG­LIK OOR­WEEG

Mecki en Eb­bi het in 2009 en 2010 twee ver­ken­nings­toe­re na An­go­la on­der­neem om ’n streek te i­den­ti­fi­seer waar hul­le wil boer. Hul­le het ver­skeie pla­se en moont­lik­he­de on­der­soek. Só het hul­le die Von Kro­sigk-fa­mi­lie ont­moet en die mees­te van daar­die plaas ge­hou, ver­al van­weë hul men­se­ver­hou­dings, ba­sie­se in­fra­struk­tuur en deeg­li­ke ken­nis van die landbou-om­stan­dig­he­de. “Ons het nie blin­de­lings daar in­ge­loop nie. Die grond be­hoort al ge­slag­te lank aan hul fa­mi­lie,” ver­tel Mecki.

Hy en Eb­bi be­dryf nou ’ n stoe­te­ry, Qui­ti­la Brah­ma­ne, in An­go­la. Hul hoof­boer­de­rye is steeds in Na­mi­bië. Hul­le is ge­mid­deld el­ke drie maan­de vir ’n week in An­go­la vir ’n al­ge­me­ne be­stuurs­oor­sig en om die bees­te te weeg en te meet en al­ge­me­ne boer­de­ry­prak­ty­ke toe te pas.

Die Von Kro­sigk-broers gaan meer ge­reeld An­go­la toe. Hul­le is deur­gaans met die toe­sig­hou­den­de per­so­neel op die plaas in aan­ra­king, wat an­der­sins in be­heer van die boer­de­ry is. Met ver­loop van ja­re het die op­lei­ding van vee­wag­ters en toe­sig­hou­den­de per­so­neel ’n groot rol ge­speel.

Die plaas van 2 500 ha in An­go­la kry ge­mid­deld 1 200 mm re­ën per jaar. Die deel waar­op hul­le die bees­te aan­hou, is groot­liks ou lan­de waar­op mielies en kof­fie ver­bou en vee aan­ge­hou is. Deur die ja­re het veld­gras­se weer daar ge­ves­tig. Van­weë die hoë re­ën­val is dit suur­veld. Daar is ook bos­se met ’n hoë voe­dings­waar­de, soos Mux­i­ria, wat deur die bees­te ge­vreet word.

Die veld het ’n hoë dra­krag on­danks die lae voe­dings­waar­de, want die grond is ba­sies drie keer vrug­baar­der en dit re­ën drie keer meer. Goeie wis­sel­wei­ding is nood­saak­lik, ver­al om die gras nie te veel te laat uit­groei nie. Veld­bran­de word jaar­liks aan­ge­wend om die gras nuut te laat uit­loop en die voe­dings­waar­de op aan­vaar­ba­re vlak­ke te hou, in­dien die om­stan­dig­he­de ten op­sig­te van gras­vo­g­in­houd, wind en tem­pe­ra­tuur op­ti­maal is. Dit ge­beur ge­woon­lik in Ju­nie of Ju­lie.

Hul­le hand­haaf ’n vee­be­la­ding van 254 kg/ha, of­te­wel 2,2 ha per groot­veeeen­heid (GVE). Hul­le werk dit uit soos op hul Na­mi­bie­se pla­se, naam­lik in ki­lo­gram per hek­taar om­dat dit ’n we­ten­skap­li­ker norm as blo­te groot­vee-een­he­de per hek­taar is. Kort­liks kom dit daar­op neer dat hul­le ál die bees­te weeg en die to­ta­le ki­lo­gram bees in die aan­tal hek­ta­re deel om die vee­be­la­ding uit te werk. ’n Boer met goeie ken­nis van sy veld sal sorg dat hy nie oor­be­wei nie.

Die bees­te kry in die so­mer ’n lek be­staan­de uit fos­faat en sout teen 50-80 g per bees per dag en in die dro­ër win­ter­maan­de ’n ge­wo­ne on­der­houds­lek teen 100-150 g per dag. Lek­voor­sie­ning is ui­ters duur, aan­ge­sien lek­ke nie plaas­lik be­skik­baar is nie en van Na­mi­bië af aan­ge­ry word.

Wat die pro­duk­sie van vleis be­tref, hand­haaf hul­le die al­ge­me­ne re­ël om ’n der­de van die dra­krag te be­mark. Daar­die al­ge­me­ne re­ël is op e­ni­ge pro­duk­sie­stel­sel van toe­pas­sing, het­sy speen­kal­wers, os­pro­duk­sie of e­ni­ge eks­ten­sie­we bees­boer­de­ry, van­af die vrug­ba­re Ar­gen­tyn­se pam­pas tot die dor­re half­woes­tyn­stre­ke van Na­mi­bië.

PRES­TA­SIE­TOET­SING

Mecki en Eb­bi doen pres­ta­sie­toet­sing op die he­le kud­de en ge­bruik die B­reed­plan­stel­sel om die pres­ta­sie­da­ta te ont­leed

en teel­waar­des toe te ken, met die ge­volg dat hul­le selfs in daar­die on­ge­rep­te land met we­ten­skap­li­ke boer­de­ry­me­to­des kan vol­hou.

Qui­ti­la Brah­ma­ne het ’n punt van 4 uit 5 vir vol­le­dig­heid van pres­ta­sie­me­ting van die in­ter­na­si­o­na­le B­reed­plan-pres­ta­sie­toets­stel­sel ont­vang.

Mecki sê B­reed­plan kyk daar­mee hoe vol­le­dig al­le moont­li­ke da­ta aan­ge­meld word. Hy het ver­le­de jaar vir sy Na­mi­bie­se kud­de ’n punt van 4,5 uit 5 ont­vang, ter­wyl Eb­bi ’n punt van 5 uit 5 ge­kry het. Vol­gens dr. Mi­cha­el Bradfield, hoof van B­reed­plan Sui­der-A­fri­ka, het net so­wat 20 bees­te­lers in Sui­der-A­fri­ka al 4 tot 5 uit 5 be­haal. Dit wys ook dat vol­le­di­ge pres­ta­sie­toet­sing van ’n he­le kud­de in die on­guns­tig­ste boer­de­ry-om­stan­dig­he­de suk­ses­vol ge­hand­haaf kan word.

Die ver­bin­te­nis met teel­waar­des is iets wat Mecki en Eb­bi deur­gaans in hul boer­de­rye in Na­mi­bië en An­go­la in­ten­sief toe­pas om werk­li­ke ge­ne­tie­se vor­de­ring te meet. Teel­waar­des het aan hul­le ook ’n sterk grond­slag in An­go­la ge­gee van­waar die vor­de­ring vin­nig kan wees.

IN­FRA­STRUK­TUUR OP­GE­BOU

Die in­fra­struk­tuur op die An­go­le­se plaas was swak. Hul­le het eers net 75 ha se kam­pe ge­maak en dit in­tus­sen tot 200 ha uit­ge­brei.

Van­weë die op­bou­fa­se se­dert No­vem­ber 2011 het hul­le nog net so­wat hon­derd bees­te op die plaas. Die plan is om die kam­pe aan­staan­de jaar tot 600 ha uit te brei en te­ge­ly­ker­tyd aan­ge­plan­te wei­ding in die ou kam­pe te ves­tig.

Hul­le het ook nu­we kra­le ge­bou. Draad, krip­pe en an­der toe­rus­ting is van Na­mi­bië af aan­ge­ry, maar die pa­le en spar­re is ge­maak van die hout van groot, ou bo­me wat hul­le hier en daar af­ge­saag het.

Al die bees­te word ge­reeld ge­weeg vir pres­ta­sie­toet­sings­da­ta en in Au­gus­tus word al­le bees­te ge­weeg wan­neer die kal­wers ge­speen word. Dit is ook die ein­de van die pro­duk­sie­jaar. Die vee­be­la­ding per hek­taar kan dan be­raam word.

Met die eer­ste vaars wat ge­bruik is, het hul­le spe­si­a­le aan­dag aan bul­le met ’n lae ge­boor­te­ge­wig-teelwaarde ge­gee so­dat ge­boor­te­ge­mak guns­tig is.

Dit was vir hul­le nood­saak­lik om­dat hul­le nie al­tyd met kalf­tyd by­der­hand is nie. Daar is dus dik­wels geen by­stand nie en hul­le kan dit nie be­kos­tig om met bees­te te boer wat moei­lik kalf nie. Die vee­wag­ters het geen kun­dig­heid van kud­de­be­stuur nie en ook geen on­der­vin­ding van by­stand met moei­li­ke ge­boor­tes nie.

Die bees­te word teen milt-, spons-, lam-, long- en knop­vel­siek­te en honds­dol­heid in­ge­ënt.

Hul­le saai Bra­chi­a­ria-gras as­ook graan­sor­ghum om die veld te ver­be­ter en dra­krag te ver­hoog na­dat die grond om­ge­ploeg is. Die saad word met ’n ou kuns­mis­strooi­er ge­saai. Die oog­merk is om al­le pro­duk­sie­kos­te tot die mi­ni­mum te be­perk, wat ma­sji­ne­rie en ’n ou Ford­trek­ker in­sluit.

“Ons gaan nog deur ’n leer­pro­ses en het met on­ge­veer 25 ha aan­ge­plan­te wei­ding be­gin, wat die dra­krag baie ver­hoog. As ons kan, sal ons ál die kam­pe on­der aan­ge­plan­te wei­ding ves­tig. Ons wil eg­ter nie groot fi­nan­si­ë­le be­leg­gings maak nie en be­perk die lo­pen­de kos­te, soos in e­ni­ge boer­de­ry,” vol­gens Mecki.

“Ons het in 2012 en 2013 eers deur ’n on­der­soek­fa­se ge­gaan om die om­stan­dig­he­de en pro­ble­me op ’n klei­ner skaal aan te pak. Ons het ver­al aan­dag ge­gee aan dieregesondheid, bos­luis­siek­tes en die op­lei­ding van nu­we wer­kers in die han­te­ring van bees­te, want daar was geen ken­nis nie.”

MARK VIR BRAH­MA­NE

Saam met die Von Kro­sigk-broers het hul­le die bul­mark be­gin ont­sluit. Die broers het goeie ken­nis van die land­bou­si­tu­a­sie in An­go­la en kon­tak­te met sa­ke­on­der­ne­mings en land­bou­skoue. Hul­le is van­self­spre­kend die Por­tu­ge­se taal mag­tig, want hul­le het daar groot­ge­word en skool­ge­gaan.

Bul­pry­se is meer as dub­bel wat hul­le in Na­mi­bië kry. Dit wys daar is ’n be­hoef­te aan goeie, aan­ge­pas­te bul­le en ook die be­sef dat goeie bul­le nood­saak­lik vir goeie re­pro­duk­sie is.

“Bul­le is tot dus­ver uit die hand ver­koop van­af die plaas, maar ons gaan nou be­gin om bul­le op skou- en an­der vei­lings te ver­koop. Die no­di­ge voor­be­rei­dings­werk is ge­doen. Deel­na­me aan die Lu­ban­go­s­kou is een van die hoog­te­pun­te om ons Brah­ma­ne be­kend te stel,” sê Mecki.

Hul stoe­te­ry was die eer­ste ge­re­gis­treer­de een in An­go­la, hoe­wel dit in Na­mi­bië ge­re­gis­treer is by ge­brek aan ’n re­gis­tra-

sie-in­stel­ling in An­go­la. Hoe­wel stoet­vee­boer­de­ry in An­go­la eint­lik nog nie be­staan nie, sal dit in die de­ka­de wat voor­lê, mo­men­tum wen. Die voor­sie­ning van die reg­te ti­pe bees­te aan die noor­de­li­ke buur­lan­de is ’n be­leg­ging vir die toe­koms, en hul­le meen dit sal ’n me­de­din­gen­de voor­deel in­hou.

An­go­le­se het tal­le Bos in­di­cus- bees­te uit Bra­si­lië in­ge­voer, maar so­ver min suk­ses be­haal. Die strui­kel­blok­ke is siek­tes, ver­al knop­vel­siek­te en bos­luis­ge­draag­de siek­tes, en ’n ge­brek aan on­der­steu­ning om die plaas­li­ke be­vol­king in die kuns van be­stuur en die­re­sorg te on­der­rig.

In die al­ge­meen is daar geen pro­gram vir in­en­ting, wei­dings­be­stuur of le­k­aan­vul­ling nie.

Groot boe­re en sa­ke­lui be­gin nou met bees­vleis­pro­duk­sie. Aan­ge­pas­te, plaas­li­ke die­re met die vol­le reeks teel­waar­des sal by hul­le aan­klank vind.

“An­go­la is die eer­ste stap in A­fri­ka in. Daar is lan­de noord van die e­we­naar, soos E­thi­o­pië, met gro­ter bees­ge­tal­le as Suid-A­fri­ka. Wat ’n ge­leent­heid!” sê Mecki.

Die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go is selfs gro­ter as An­go­la, met meer re­ën en uit­ste­ken­de grond wat ook nog braak lê en wag op kun­di­ge boe­re. Tan­za­nië en Ke­nia het groot po­ten­si­aal vir stoet­vee. “Ons wil daar­die groot ge­leent­he­de be­nut,” sê hy.

DIT EIN­DIG NIE DAAR NIE . . .

Hul­le het ook al on­der­soek in Zam­bië gaan in­stel met die oog op ’n boer­de­ry in dié land. Die on­der­soek is nog aan die gang en sal, as dit ’n werk­lik­heid word, ook in ’n ven­noot­skap wees. Ke­nia en Tan­za­nië het al voe­lers na hul teel­ma­te­ri­aal uit­ge­steek.

Die vol­gen­de stap in An­go­la is deel­na­me van van­jaar af aan die land­bou­skou by Lu­ban­go, 600 km van die An­go­le­se plaas, as­ook aan vei­lings in die sui­de en noor­de.

Lu­ban­go is die hoof­stad van die pro­vin­sie Huíla en was die aan­vank­li­ke doel­wit van die Dors­land­trek­kers, die A­fri­ka­ners wat in die laat 1800’s uit Suid-A­fri­ka weg­ge­trek het.

So­ver gaan dit goed met Eb­bi en Mecki se boer­de­ry in An­go­la, met nog feit­lik geen vee­ver­lie­se nie.

Hul­le het noue ban­de met die plaas­li­ke in­wo­ners en het van hul­le in diens ge­neem en ba­sie­se op­lei­ding ge­gee. Hon­der­de van dié men­se woon en boer op klein skaal in die om­ge­wing. Dit is dus lo­gies dat hul­le met daar­die in­wo­ners sal saam­werk.

“Ons is op­ge­won­de oor An­go­la. Dit is soos Bra­si­lië, en kyk net wat het daar­die land al ten op­sig­te van al­ge­me­ne landbou en in die be­son­der bees­vleis­pro­duk­sie ver­mag,” sê Mecki.

LINKS: Be­plan­ning van nu­we kamp­dra­de op Qui­ti­la. Die in­fra­struk­tuur moes van voor­af op­ge­bou word. REGS: Die eer­ste jong ver­se met hul aan­koms in 2011 doen hul ver­ken­nen­de kam­pron­de.

Mn­re. Eb­bi Fis­cher (links) en Mecki Schneider by die naam­bord van Qui­ti­la Brah­ma­ne by die plaasin­gang.

’n Een­vou­di­ge skaal­op­set met die weeg van jong koeie deur mn­re. Vol­l­rat von Kro­sigk (links) en Eb­bi Fis­cher (regs). Vol­le­di­ge pres­ta­sie­toet­sing word ge­hand­haaf.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.