‘LOS DIE RAAIWERK’

Landbou Vee - - Kleinvee -

Mnr. Chris­to Groe­ne­wald sê boer­de­ry is ’n we­ten­skap. “Doen dus na­vor­sing en bly op die hoog­te van al­le jong­ste teg­no­lo­gie, wees voor­be­reid op si­tu­a­sies wat ver­an­der en pas jou daar­by aan. Stel vir jou ’n doel­wit of doel­wit­te en hou daar­by.

“Ken jou om­ge­wing, die na­tuur en jou hulp­bron­ne. Boer saam met die na­tuur en doen die ba­sie­se din­ge reg. Hou boek van wat op jou plaas aan­gaan, en ont­hou al­tyd: Om te meet, is om te weet. Los raaiwerk. As ie­mand vir jou vra hoe laat is dit en jy het nie ’n hor­lo­sie nie, sê eer­der jy weet nie, maar moe­nie raai nie.”

Hy meet on­der meer die ge­wig van lam­mers en ooie. “Die hoe­veel­heid ki­lo­gram ge­speen per ooi is deur­slag­ge­wend, want hoe meer lam­mers jy speen, hoe meer geld maak jy.”

Ver­der loop hy kwes­sies tromp­op. “Toe ek in 1989 my eer­ste Dor­mers koop, het ’n ou­er boer vir my ge­sê ek gaan bin­ne twee jaar my plaas ver­koop, ‘want hier moet jy met wol boer’.

“En ont­hou al­tyd, die lyn tus­sen ‘vol­op’ en ‘heel­te­mal op’ is baie dun.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.