Landbou Vee

LESERS LAAT VAN HULLE HOOR

-

Talle lesers het in briewe gereageer op die artikel wat oorspronkl­ik in Landbouwee­kblad verskyn het. Hier is uittreksek­s:

B. WEYERS, Oude Westhof, skryf: Die eerste slaghuis op Grabouw het aan mnr. Joey Harris behoort. My pa, Pietjie Ryke, het die slaghuis bestuur en het dit later by hom oorgeneem. My ma, Annie, was die eintlike worsmaker en dit was háár resep.

JOHAN OOSTHUIZEN, Matlock, Engeland, skryf: Ek wil dit onomwonde sê: As jy ’n slag lekker wors wil braai, moet jy maar afdraai en by Grabouw Slaghuis jou maandeliks­e voorraad gaan koop. Lank lewe die ware worsmakers.

FRANSIE SWANEPOEL, Kaapstad, skryf: As ’n boorling van Grabouw het die artikel ’n nostalgies­e uitwerking op my gehad. In die 1950’s, toe ek ’n jong seun van 10 jaar oud was, het ek gereeld ’n pond beesrib en ’n pond wors vir ons gesin gaan koop. Ek onthou nog die slaghuis, geleë teen so ’n opdraendji­e, met die trappies voor en die sifdeur. Dan die lekker reuke van kruie as jy binnegaan. En die witjas-omies . . . oom Jak, Paul, Abe Smit (die eintlike worsmaker) en Fanie, laasgenoem­de se assistent.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa