Landbou Vee

MNR. ANDREW JORDAAN SR.

-

WAT IS DIE GEMIDDELDE MIKRON VAN JOU SKEERSEL?

Die ooie (stoetery ingesluit) s’n is gemiddeld 19,5 mikron en die jaaroudlam­mers s’n 17 mikron.

WAARAAN SKRYF JY DIE SUKSES VAN JOU BOERDERY TOE?

Die feit dat dit ’n familie-ondernemin­g is. My vrou, Sanria, doen die boekhoudin­g, terwyl Andrew jr. na die skaapboerd­ery omsien. Ginkel behartig die melkery en Wilhelm die saaiboerde­ry. Hy versien ook die werktuie.

WAT IS JOU MENING OOR DIE TOEKOMS VAN DIE LAND?

Ek is optimistie­s mits ons die werkers gemotiveer­d kan hou. Ons moet net vasbyt. Hoewel die saaiboerde­ry, melkery en die lam van ooie in die lamhokke bomatige druk op werkers plaas, word hulle met prestasieb­onusse beloon. ’n Voordeel is dat die werkers se voorouers ook vir die Jordaans gewerk het. Hulle weet dus presies wat van hulle verwag word.

WAT WAS JOU BESTE BOERDERYBE­SLUIT?

Om my hand diep in die sak te steek en betyds grond te koop toe dit nog bekostigba­ar was. Hier is onlangs besproeiin­gsgrond teen R250 000 per hektaar verkoop, en selfs veld is nie onder R5 000 per hektaar beskikbaar nie.

WAT IS JOU DROOM?

Dat my seuns en hul vroue die familieboe­rdery sal voortsit en die gehalte van die vee met die beste in die land sal vergelyk.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa