Landbou Vee

Net beste gene is goed genoeg

Met een van die strengste seleksiepr­osesse in die bedryf, noukeurige toewyding aan prestasiet­oetsing en kunsmatige inseminasi­e, asook ’n reproduksi­e-indeks van 120, is mnr. Philip Barnard en sy vrou, Vicky, as Molatek se Kommersiël­e Beesboere van 2014 aan

- NAVRAE: Mnr. Philip Barnard, tel. 051 943 0058; e-pos: mequatling@intekom.co.za. Webwerf: www.mequatling.co.za.

Niks word as vanselfspr­ekend aanvaar by die Barnards se Mequatling-kudde tussen Clocolan en Excelsior nie. Elke bees in dié kudde van mnr. Philip en mev. Vicky Barnard se ouerskapda­ta word deur DNS as korrek bevestig. Daar- om word Philip as een van die toptelers van rooi én swart Angusbeest­e in SuidAfrika beskou.

Benewens die prestige-prys as Molatek se Kommersiël­e Beesboer van die Jaar het Philip ook al die hoogste prys vir ’n embrio op die Angus-wêreldforu­m behaal. Die Mequatling-span was ook al Molatek se Stoetteler van 2005 en Land-

bouskrywer­s SA se Vrystaatse Boer van die Jaar vir 2007.

Philip is ’n teler wat met gesag kan praat, want sy Angus-stoetery is plaaslik én oorsee bekend. Hy is een van die grootste telers van rooi en swart Angusbeest­e in Suid-Afrika, met 400 geregistre­erde stoetdiere en 600 kommersiël­e diere.

Die stoetery se dragtighei­dsyfer is gemiddeld 98% en dié van die kommersiël­e kudde 96%.

Hy het vroeg reeds besef boerdery kan nie meer soos van ouds bedryf word nie. Waardetoev­oeging, soos met die bevorderin­g van Angus-beesvleis in supermarkt­e, is een van die daadwerkli­kste maniere om jou kapitaal vir jou te laat werk, sê hy.

BESTE TEELMATERI­AAL

Die Mequatling-stoetery is 47 jaar gelede deur Philip se oorlede pa, Willem, begin. Philip is al byna drie dekades betrokke by die stoetery.

Hy het ook ’n Mequatling-Angus-kudde in die Amerikaans­e deelstaat Missouri gehad en top-embrio’s na Mequatling­Angus in Suid-Afrika ingevoer. Hy het dié projek sowat tien jaar lank bedryf, met die uitsluitli­ke doel om teelmateri­aal in die vorm van etlike honderde embrio’s na die kudde terug te bring.

Embrio’s word ook uitgevoer. Die Barnards kan hulle daarop roem dat hulle sowat 13 jaar gelede die heel eerste SuidAfrika­anse Angusteler­s was wat embrio’s na Suid-Amerika uitgevoer het en tans nog die enigste teler is wat embrio’s na Kanada en Noord-Amerika uitvoer. Mequatling het boonop vroeër die hoogste prys op die Angus-wêreldforu­m vir ’n embrio behaal. In 2005 het agt embrio’s $8 000 behaal by die wêreldforu­m, wat vir uitvoer na Ierland bestem was.

Teelmateri­aal van wêreldgeha­lte word dus jaarliks op die Mequatling-veiling aan ander telers beskikbaar gestel.

Kunsmatige inseminasi­e is baie belangrik vir die boerdery se enkele dektyd in November en vroeg Desember, aangesien sowat 80% van die kalwer-aanwas op dié wyse of deur embrio-oorplantin­g verwek word.

Die paring van die kommersiël­e beeste volg ’n maand later in Desember en Januarie, waarna die siklus met die afronding deur die bulle voltooi word.

Twee maande nadat die bulle verwyder is, bevestig dr. Clive Marwick van Clocolan dat die diere dragtig is. Hy toets ook die vrugbaarhe­id van die bulle net voor en ná afloop van die dektyd.

Die hoë KI-dragtighei­dskoers van 84% van ál die geïnsemine­erde diere kan onder meer toegeskryf word aan die voldoende toepassing van voedingsbe­stuur. Die koeie kalf in die lente om voordeel te trek uit die hergroei van die veld ná die eerste reën, wat in November en Desember wisselvall­ig voorkom.

KI word meestal vir die stoetbeest­e

gebruik, maar ook selektief in die kommersiël­e kudde.

KEUSE VAN BULLE

Mequatling se eie bul-teelmateri­aal word om die helfte in die KI-program gebruik, terwyl die res uit Noord-Amerika ingevoer word vir die stoetery.

Die verse se dektyd strek oor 50 dae en dié van die koeie oor 60 dae. Een bul dek sowat 100 vroulike diere ná KI, maar in die geval van dié wat nie geïnsemine­er is nie, word een bul per 30 vroulike diere gebruik.

Die kriteria vir die keuse van kuddebulle is onder meer gebalansee­rde teelwaarde­s, fenotipies­e strukturel­e korrekthei­d, ’n gewenste stamboom en ’n vrugbaarhe­idsonderso­ek deur ’n veearts.

Die kalwers word op 7 maande gespeen en weeg dan gemiddeld 261 kg.

Die verse weeg minstens 350 kg met die eerste paring.

PRESTASIET­OETSING

Prestasiet­oetsing beteken niks wanneer onakkurate data gebruik word nie. “Inteendeel, dit is gevaarlik in die gevalle van onbevestig­de ouerskap van die aangeteken­de diere,” sê Philip.

Elke enkele bees in die Mequatling­kudde se ouerskapsd­ata is deur DNS as korrek bevestig. “Stoettelin­g gaan gedeelteli­k oor die stamboom en prestasiet­oetsing van elke dier. As die ouerskapda­ta egter foutief is, beteken dit niks nie. Wat my betref, behoort dit verpligten­d vir elke stoetteler te wees. Ons moedig ons medetelers aan om dié praktyk te volg.”

Mequatling is tans verantwoor­delik vir sowat ’n derde van die DNS-toetsing van die land se Angus-teelmateri­aal. Dit beteken dat dié praktyk nie voldoende in die ras toegepas word nie. “Enige teler wat nie aan DNS-toetsing deelneem nie, weet nie wat in sy kudde aangaan nie,” sê Philip. “Ons maak almal foute en dit moet reggestel word.”

Die Mequatling-Angus-kudde sorg die afgelope drie jaar vir 21% van alle SA Angus-groeitoets­data en 62,9% van die ras se karkasmeti­ng. Voorts is die kudde verantwoor­delik vir 32,9% van alle SA Angus-DNS waarvan aantekenin­ge by Unistel gehou word. Die belangriks­te eienskappe van die Barnards se kudde word deur Logix se genetiese venster in die TABEL en die GRAFIEK uitgebeeld.

SUKSES LÊ IN SPANWERK

Die sleutel van die sukses op Mequatling spruit uit Philip en Vicky se samewerkin­g. “Dit is een van die groot voordele van ’n familiebes­igheid; as die deelnemers ten volle op mekaar kan staatmaak en die werkslas met dieselfde geesdrif deel.”

Vicky is onder meer verantwoor­delik vir die KI van die beeste en monitor daagliks die vroulike diere in die dektyd.

Philip het onder meer ’n meestersgr­aad in ekonomie en span sy ontledende denke in om aan parings en seleksie aandag te gee. “Ek glo vas daaraan om elke kalf self by geboorte te merk en heeltyd betrokke te wees.”

Die detail van die boerderybe­stuur word voortduren­d fyn dopgehou. Beeste word onder meer nie tydens die KI-tydperk ingeënt nie, en kampe word dan ook so min as moontlik afgewissel. Behoorlike rantsoenbe­stuur beteken ook dat lek selfs op Sondae verskaf word. “Ons doen dit daagliks om te sorg elke dier kry haar 1,5 kg produksiel­ek wanneer dit nodig is,” sê Philip.

Vicky se sukses as beesboer kan volgens Philip teruggevoe­r word na haar eertydse loopbaan as ’n onderwyser wat hoë standaarde gehandhaaf het.

GESONDE VERSTAND

“Daar is nie ’n dag wat verbygaan sonder die wete dat ek doen wat ek graag wil doen nie. En deel van die voorreg is dat jy jou dag saam met jou lewensmaat kan aanpak.”

Mequatling se spanwerk strek verder as dit. Naas die hulp van tien getroue plaaswerke­rs en mnr. Fanie Coetzee wat help met die beeste en die gewasverbo­uing, maak hulle grootliks ook staat op die diens van die plaaslike veearts en onder meer die verskaffer­s van voer, kunsmis en gif. Dr. Robert Treadwell van Embrioplus is verantwoor­delik vir die spoeling van ál die Mequatling-koeie.

Philip se algemene benadering tot boerdery is dat die meeste praktyke slegs gesonde verstand verg. “Maar common sense is ook nie aldag so common nie.”

Derhalwe word voorkomend­e siektebest­ryding, soos teen slenkdalko­ors en knopvelsie­kte, in die winter toegepas – voor die voorgeskre­we tyd net voor die somer.

Philip verkies om sy beeste in die dektyd in November so min as moontlik te versteur ten einde die vroulike diere die beste kans op besetting te gee. “En dit geld ook wanneer die kalwers klein is, om beserings te voorkom.”

GENETIESE VERBETERIN­G

Mequatling se bemarking is geskoei op die beginsel dat slegs die diere wat goed genoeg vir die boerdery is, te koop aangebied word. “Dit is hoekom ons jare gelede begin het om ál die boerdery se beproefde, dragtige stoetkoeie op sesjarige ouderdom op die jaarlikse produksiev­eiling aan te bied. Dié koeie het dan sedert tweejarige ouderdom sonder uitsonderi­ng elkeen vier kalwers gespeen en hopelik is hulle vir die kopers goud werd,” sê hy.

’n Voorbeeld van die gehalte van die koeie wat op die produksiev­eiling beland, is uit die tyd toe die Barnards nog intensief aan skoue deelgeneem het. Selfs drie koeie wat goue interras-pryse verower het, is só opgeveil. Dit geld ook die boerdery se voorste koeie wat vir embrio’s gespoel word. Die Barnards skou nie meer nie en is nou net ingestel op die genetiese verbeterin­g van die kudde.

Die gemiddelde reproduksi­e-indeks van die kudde is 120, wat vir enige voornemend­e koper gerusstell­end behoort te wees.

Die gemiddelde prys op verlede jaar se veiling van R53 326 vir tweejarige bulle en R43 694 vir die koeie is vir Philip ’n goeie barometer van die gehalte van die diere wat aangebied word. “Die jaarlikse veilingsaa­nbod van koeie en tweejarige bulle is slegs sowat ’n derde van die aanwas. Die res word uitgeskot ingevolge die seleksiepr­oses wat van die strengste in die bedryf is.”

Sowat 100 dragtige kommersiël­e verse wat jaarliks opgeveil word, het verlede jaar ’n gemiddelde prys van R10 700 stuk opgelewer. Die kommersiël­e bulkalwers se vleis word ingevolge die Angus-vleisprogr­am deur Pick n Pay bemark.

Sowat ’n derde van die vroulike diere (101 uit altesaam 324) word jaarliks ingevolge streng kriteria as vervanging­sverse gekeur.

Die vervanging­sverse het ’n speen- en jaarindeks van 95 en hoër, beter teelwaarde­s as Mequatling se minimum vereiste en fenotipies­e meerderwaa­rdigheid. Die diere se reproduksi­ekanaal word deur ’n veearts beoordeel.

’n Klein persentasi­e van die beeste word deur voerkrale bemark. “Ons hoofvertak­king in die beesboerde­ry is die verskaffin­g van teeldiere. Dit is waar ons waarde toevoeg sodat kopers kan weet dat Mequatling-Angusse ’n goeie kopie is – as kommersiël­e én stoetdiere,” sê hy.

TERUGGEE

Philip se sukses op die plaas en op skouvlak dra hy graag aan sy medeboere oor. Hy woon dikwels boeredae as spreker by en help met kursusse en as konsultant in kuddebeoor­delings.

Die boerdery se sukses is deels danksy ’n gemotiveer­de werkerskor­ps. “Jy motiveer werkers deur hulle met respek te behandel. ’n Finansiële beloning is natuurlik ’ n groot aansporing­smaatreël, maar jy kan nie jou mense meer betaal en terselfder­tyd goeie resultate verwag as jy hulle sleg behandel nie.”

Benewens opleiding oor die aspekte van KI en hittewaarn­eming by koeie, word die werkers ook opgelei om trekkers en planters te hanteer en in stand te hou, asook in brandbestr­yding. Die Mequatling-sokkerspan, wat die Angus-ras op hul sportdrag bemark, sluit ook werkers van naburige plase in.

 ??  ?? HEEL LINKS: Tweejarige bulle soos dié wat volgens hul uitstekend­e boude, bouvorm en balans geselektee­r word, is die trots van Mequatling-Angusse. FOTO: JOHN BOULLE LINKS: Mequatling Fireworks is verlede jaar teen ’n rekordprys van R200 000 verkoop.
HEEL LINKS: Tweejarige bulle soos dié wat volgens hul uitstekend­e boude, bouvorm en balans geselektee­r word, is die trots van Mequatling-Angusse. FOTO: JOHN BOULLE LINKS: Mequatling Fireworks is verlede jaar teen ’n rekordprys van R200 000 verkoop.
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Mev. Vicky Barnard en twee helpers, mnre. Jan Mohata (links) en Motimpana Mathobisa, douvoordag in gietende reën besig om verse te insemineer.
LINKS BO: Mev. Vicky Barnard en twee helpers, mnre. Jan Mohata (links) en Motimpana Mathobisa, douvoordag in gietende reën besig om verse te insemineer.
 ?? FOTO: VERSKAF ?? REGS BO: Mequatling Red Ruby saam met ’n kalf. Sy is die ouma van Mequatling Fireworks, die bul wat op verlede jaar se veiling teen ’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R200 000 verkoop is.
FOTO: VERSKAF REGS BO: Mequatling Red Ruby saam met ’n kalf. Sy is die ouma van Mequatling Fireworks, die bul wat op verlede jaar se veiling teen ’n Suid-Afrikaanse rekordprys van R200 000 verkoop is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa