Ou­to­ma­tie­se melk­stal gee boer vol­le be­heer

Landbou Vee - - Kortliks -

van vier sta­sies. Wan­neer sy die sta­sie bin­ne­gaan, sluit die sta­sie ou­to­ma­ties en krag­voer word vol­gens haar pro­duk­sie, ou­der­dom en ge­wig ge­gee.

In­tus­sen heg ’n ro­bot­arm die klou­stuk­ke aan die koei se ui­er met be­hulp van ’n 3D-ka­me­ra om die pre­sie­se lig­ging van die spe­ne te be­paal.

Wan­neer die koei uit­ge­melk is, gaan die melk­sta­sie oop en sy be­weeg weer deur ’n i­den­ti­fi­se­rings­hek.

Job sê dat slegs een wer­ker is no­dig om die stel­sel skoon te hou. Die stel­sel was die klou­stuk­ke tus­sen el­ke melk­skof en gee die koei ’n speen­dip voor sy uit­ge­laat word. In die stil­ler tye was die melk­sta­sies hul­self ook ou­to­ma­ties. Ter­self­der­tyd is skra­pers tus­sen die gan­ge van die be­hui­sing aan­ge­bring om die mis agt keer per 24 uur-si­klus weg te skraap. Die mis word tot in ’n af­voer­ka­naal ge­skraap, van­waar dit tot in ’n slik­dam ge­skraap word. Van daar word die mis ver­sa­mel en deur mis­strooi­ers op die lan­de uit­ge­strooi.

Die boer­de­ry het ’n melk­tenk van 12 000 li­ter en ’n buf­fer­tenk van 1 000 li­ter vir wan­neer die hoof­tenk leeg­ge­pomp word. — GERRIT BE­ZUI­DEN­HOUT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.