Om­hei­ning grond­slag vir roof­dier­be­kam­ping

Landbou Vee - - Kortliks -

Gra­ham Ker­ley, so­ö­loog en be­wa­rings­e­ko­loog aan die Nel­son Man­de­la Me­tro­po­li­taan­se U­ni­ver­si­teit (NMMU). Hy en mnr. Li­aan Min­nie (’n dok­to­ra­le stu­dent aan die NMMU) en dr. An­ge­la Gay­lard van San­par­ke se af­de­ling vir we­ten­skap­li­ke diens­te het twee jaar lank na­vor­sing ge­doen oor jak­kal­se in die Ka­roo-, Berg­kwag­ga- en Ad­do-o­li­fant­park en op aan­gren­sen­de wild- en vee­pla­se.

“Rooi­jak­kalswy­fies op pla­se kry op ’n jon­ger ou­der­dom k­lein­tjies en het ook meer k­lein­tjies om te ver­goed vir be­stuurs­prak­ty­ke wat tot hul dood lei. Dit ge­beur nie in na­tuur­re­ser­va­te nie,” sê hy.

Gra­ham en prof. HO de Waal van die de­par­te­ment vee-, wild- en wei­ding­kun­de aan die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat stem saam dat al­le boe­re as ’n saak van drin­gend­heid hul­le op ge­pas­te om­hei­ning moet toe­spits en meer daad­werk­lik by vee­be­stuur be­trok­ke moet wees. “Die in­lig­ting dui daar­op dat hoe meer dik­wels boe­re en plaas­wer­kers kon­tak met vee het – met an­der woor­de, ge­wo­ne boer­de­ry­prak­ty­ke – hoe klei­ner is die ver­lie­se. Die teen­woor­dig­heid van men­se op pla­se speel be­slis ’n be­lang­ri­ke rol in pro­bleem­dier­be­stuur,” sê HO.

Boe­re wat ty­dig op­tree, is be­sig om suk­ses met dié be­na­de­ring te be­haal. Mnr. Jus­tin King­will, ’n boer van Graaf­fRei­net, ver­dui­de­lik dat hy sy ver­lie­se aan lam­mers deur jak­kal­se ver­min­der deur 2 500 ha met ’n 9 km lan­ge jak­kals­be­stan­de hei­ning van 1,8 m hoog te om­hein. Hy gaan dit twee keer per week na. “Dit werk reg­tig goed. My speen­per­sen­ta­sie was 7080 voor die op­rig­ting van die hei­ning; nou is my speen­per­sen­ta­sie 120.

“Al het en­ke­le jak­kal­se dit reg­ge­kry om by ri­vier­bed­dings deur die hei­ning te kom, het die pa­trol­le­ring die pro­bleem groot­liks uit­ge­ska­kel. Uit die 1 850 lam­mers in 2016 se lam­tyd het ek waar­skyn­lik 10 ver­loor.” – HEATHER DUGMORE

’n Rooi­jak­kals.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.