Da­ma­ra: Meer vleis, min­der grap­pe

Landbou Vee - - Kortliks - NA­VRAE: Mnr. Neels Nel, sel e-pos:

eeue se na­tuur­li­ke se­lek­sie in straw­we A­fri­ka-toe­stan­de.

Daar­die dae is ver­by, sê mnr. Neels Nel van K­rink­hout-Da­ma­ras op die plaas Diep­kloof, Gro­blers­dal. “Die Da­ma­ra lyk nie meer so nie. Ons het ter wil­le van meer vleis vir be­spie­ring en leng­te ge­se­lek­teer, maar steeds ge­hard­heid, vrug­baar­heid en an­der goeie ras­ei­en­skap­pe, soos moe­der­ei­en­skap­pe, be­hou.”

Dees­dae weeg ’n speen­lam mak­lik 35 kg tot 40 kg, ver­ge­le­ke met 20 kg tot 25 kg in die ou dae. Dit is ver­al dank­sy se­lek­sie vir meer vleis op die bou­de en blaaie.

Neels raai boe­re wat die Da­ma­ra oor­weeg, aan om te let op die vol­gen­de wan­neer hul­le teel­ma­te­ri­aal koop: Kop. ’n Ram moet vol­gens ras­stan­daar­de ’n Ro­mein­se neus, ’n ef­fen­se keel­vel en ’n sterk bek hê. Die ho­rings moet diep of plat draai, en al­tyd weg­swaai van die kop na bui­te toe. Hy moet ook ’n kno (die Him­ba-woord vir die ver­dik­king van die kop na die nek) hê. Nek. Be­ne­wens die kno, be­hoort die aan­slui­ting me­di­um tot lank te wees. Blaaie en be­ne. Kyk vir goeie be­spie­ring oor die blaaie. Sterk voor- en ag­ter­be­ne is baie be­lang­rik – nie te fyn nie, eer­der ’n me­di­um- tot grow­we been­struk­tuur vir goeie loop­ver­moë. Lyf. ’n Me­di­um- tot lang lyf met goeie rib­sprong. Bou­de. Vol bou­de wat baie vleis dra. S­tert. ’n Da­ma­ra is ’n vet­stert­skaap. Ver­my ’n plat s­tert. Neels sê ’n ooi is wig­vor­mig van­af haar blaaie na haar bou­de en is dus swaar­der ag­ter. ’n Ram is an­ders­om ge­bou.

– C­HARL VAN ROOY­EN 3247; 082 770 a­nel@ntt­toy­o­ta.com.za.

Mnr. Neels Nel met een van sy stoet­ram­me. Let op die Ro­mein­se neus, die ver­dik­king ag­ter die kop, die dik s­tert waar vet­re­ser­wes op­ge­gaar word en die goeie rib­sprong. Sterk voor- en ag­ter­be­ne is ook be­lang­rik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.