NEKBAND STUIT VEEDIEWE

Landbou Vee - - Nuwighede - NA­VRAE: Mnr. Jus­ti­ce Map­ho­sa, e-pos:

Find Me Se­cu­ri­ty Techno­lo­gy, ’n maat­skap­py van Kemp­ton Park, het ’n GPS-na­speur­toe­stel vir bees­te en an­der le­wen­de ha­we ont­werp. Die nekband, wat 490 g weeg, is ge­maak van sterk Cor­du­re-seil­band waar­op 10 son­pa­neel­tjies aan­ge­bring is om die na­speur- en ont­van­ger­toe­stel se bat­te­rye te her­laai. Die toe­stel ge­bruik die GPRS-stel­sel vir sein­ver­sprei­ding. ’n Klei­ner weer­ga­we van die nekband is vir klein­vee be­skik­baar. Die nekband wys reg­streeks waar die dier hom be­vind en of die dier be­weeg of nie. Die vee-ei­e­naar kan die po­si­sie van sy die­re met ’n sel­foon na­gaan. ’n Teks­bood­skap of op­roep sal hom in ken­nis stel van e­ni­ge on­ge­wo­ne be­we­gings­pa­tro­ne wan­neer iets hul­le ver­steur of uit ’n kamp jaag. Die nekband kan aan ver­skil­len­de dier­soor­te aan­ge­bring word. Die ver­vaar­di­ger ver­skaf ook i­den­tie­se fop-nek­ban­de om veediewe om die bos te lei. Die op­spo­rings­diens via die in­ter­net is by die prys van die een­heid in­ge­sluit. Die nekband maak ook a­larm wan­neer dit van die dier se nek af­ge­sny of ver­wy­der word. PRYS: Die GPS-nekband vir bees­te kos R3 800 elk en R190 per fop­een­heid. jus­ti­ce­map­ho­sa@roc­ket­mail.com; web­werf:

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.