LEES, WEEG EN SOR­TEER JOU VEE

Landbou Vee - - Nuwighede - NA­VRAE: Rudd Pro­duk­te, e-pos: web­werf:

’n Slim weeg­skaal vir vee wat saam met ’n re­ke­naar­be­heer­de uit­keer­hek ge­bruik word, kan bees­te i­den­ti­fi­seer, weeg en vol­gens ge­wig, ge­slag of ou­der­dom na ver­skil­len­de kra­le stuur. Die weeg­krat en uit­keer­hek word deur Tal­tec ver­vaar­dig, ter­wyl die e­lek­tro­nie­se ap­pa­raat deur Rudd Pro­duk­te van Nieu-See­land af in­ge­voer word. Die e­lek­tro­ni­ka is so ont­werp dat dit bui­te vir plaas­werk ge­bruik kan word en be­staan uit ’n Smart TSI 2-raak­skerm, wee­gre­ke­naar en be­stuur­stel­sel. Die he­le pro­ses word met ’n af­stand­be­heer­toe­stel be­har­tig. Bees­te met ’n e­lek­tro­nie­se oor­plaat­jie wat elk­een se i­den­ti­teit en ge­skie­de­nis be­vat, gaan die weeg­krat bin­ne wan­neer die o­pe­ra­teur die hek met af­stand­be­heer oop­maak. Die hek werk met lug­druk wat deur ’n kom­pres­sor ver­skaf word. Wan­neer die bees in die krat is, lees die BR Re­a­der die oor­plaat­jie, weeg die bees en stuur die in­lig­ting na die re­ke­naar, wat voor­af ge­pro­gram­meer word om die trop bees­te vol­gens ge­wig te sor­teer. Die re­ke­naar kan ook ge­pro­gram­meer word om bul­le, koeie en kal­wers te skei. Die in­lig­ting is op ’n kleur­skerm te sien. ’n Sein word via Blu­e­tooth na die uit­keer­hek ge­stuur, wat die bees­te na een van drie kra­le stuur. Die e­lek­tro­nie­se ap­pa­raat is af­son­der­lik by Tal­tec of Rudd Pro­duk­te te koop. PRYS: R72 360 vir die e­lek­tro­ni­ka, R27 900 vir die BR Re­a­der, R6 500 vir die kleur­skerm en so­wat R74 000 vir die weeg­krat en uit­keer­hek. li­say­vet­te­wil­li­ams@gmail.com. Tal­tec, tel. 012 250 www.tal­tec.co.za.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.