GEEN GE­SUK­KEL MET DRA­DE

Landbou Vee - - Nuwighede - NA­VRAE: Mnr. Wil­lie So­lo­mon, sel

’n In­ge­ni­eur van Cen­tu­ri­on het ’n im­mo­bi­li­seer­der ont­werp wat ’n boer in staat stel om moei­te­vry met sy bees­te te werk. Dit is boon­op her­laai­baar en s­ka­kel die ge­suk­kel uit met dra­de wat par­ty­keer los­kom. Mnr. Wil­lie So­lo­mon van SA Vet BK noem dit die Dip­stickim­mo­bi­li­seer­der. Dit is meer ge­vor­derd as sy ou staat­ma­ker, die Vi­ce­grip-im­mo­bi­li­seer­der, wat hy meer as 20 jaar ge­le­de ont­werp het. Die koord­lo­se toe­stel word by die bees se a­nus in­ge­druk en ’n e­lek­trie­se im­puls laat hom dan stil­staan ter­wyl die boer saad tap, ho­rings brand, ske­de was of ’n neus­ring aan­sit. Nóg ’n voor­deel is dat dit geen on­der­de­le het wat uit­steek en kan af­breek as die Dip­stick per on­ge­luk val nie. Dit is wa­ter­dig en kan ná ge­bruik som­mer in die krip af­ge­spoel word. Dit werk met ’n her­laai­ba­re li­ti­um-i­oon­bat­te­ry, die­self­de soort wat in skoot­re­ke­naars ge­bruik word. Dit kan met 220 V-e­lek­tri­si­teit van­af ’n muur­prop of met ’n voer­tuig se bat­te­ry via die si­ga­ret­aan­ste­ker ge­laai word. PRYS: R3 990.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.