PERS WOL OU­TO­MA­TIES SAAM

Landbou Vee - - Nuwighede - NA­VRAE: Mnr. Wil­la Nol­te, sel e-pos:

Die Kan­na-wol­pers word deur ’n hi­drou­lie­se een­heid met ’n werk­krag van 2,2 kW aan­ge­dryf en werk ten vol­le ou­to­ma­ties. Die wol wat in die baal­ruim­te ge­laai word, word saam­ge­pers. So­dra die baal­balk sy hoog­ste druk be­gin toe­pas, word vier pen­ne van al­bei kan­te deur die sak ge­steek vir die vol­gen­de vrag wol. Die pers het ’n in­ge­bou­de e­lek­tro­nie­se skaal om die baal se ge­wig (tot 180 kg) te be­paal. Die toe­stel is op wie­le ge­mon­teer om gro­ter be­weeg­lik­heid te ver­se­ker. Mnr. Wil­la Nol­te (op die fo­to) sê sy pers het ’n prak­tie­se toets met so­wat 70 ba­le met vlie­ën­de vaan­dels ge­slaag. Vol­gens hom kan ’n en­ke­le o­pe­ra­teur die toe­stel ge­bruik, en dit le­wer ba­le van een­vor­mi­ge groot­te op. Die saam­ge­pers­te ba­le word ou­to­ma­ties uit die pers­kas ge­laai wan­neer die deur oop­ge­maak word. PRYS: R85 500. 072 333 wil­la@kan­na­in­dus­tries.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.