MEET WAT IS IN JOU RANT­SOEN

Landbou Vee - - Nuwighede - NA­VRAE: Mnr. Ga­ry Mor­ri­son van Te­ga Mar­ke­ting, tel. e-pos:

Die X-NIR is ’n draag­ba­re hand­toe­stel vir graan- of voer­ont­le­ding. Die boer kan dus bin­ne se­kon­des die eien­skap­pe van voer­rant­soe­ne, soos kuil­voer, vas­stel deur die per­sen­ta­sie vog, sty­sel, ru­pro­te­ïe­ne, suur­be­stan­de ve­sel (ADF), neu­traal­be­stan­de ve­sel (NDF) en vet­te te be­paal. Só ’n toe­stel is ver­al nut­tig vir melk­boe­re. Be­ter be­heer oor wat in die to­taal ge­meng­de rant­soen voor­kom en hoe dit by ver­skil­len­de kud­des se voe­dings­be­hoef­tes in­pas, is dus met hier­die toe­stel moont­lik. Die on­mid­del­li­ke ontleding van die rant­soen spaar tyd en be­perk die ver­mor­sing van grond­stow­we. Ver­hoog wins­ge­wend­heid en ver­be­ter koei­pres­ta­sie deur ver­al dro­ë­ma­te­ri­aal, e­ner­gie- en pro­te­ïen­vlak­ke in die rant­soen te mo­ni­tor en waar no­dig aan te pas. Die toe­stel is mak­lik om in te stel en te ge­bruik en die re­sul­ta­te is da­de­lik be­skik­baar. PRYS: So­wat R192 500.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.