Ha­mer­meul uit toe­ka se dae ry op wie­le

Toe hy ’n nu­we trek­ker aan­ge­skaf het, het hier­die boer ag­ter­ge­kom die band­ka­trol waar­mee die ha­mer­meul aan­ge­dryf word, pas nie daar­op nie. Hy het toe die aan­dry­wing ver­an­der en die ha­mer­meul op wie­le ge­sit.

Landbou Vee - - Boereplanne - NA­VRAE: Mnr. Cas­per La­bu­schag­ne, sel 084 516 6722; e-pos: cjlab1@ gmail.com.

mer­meul op­dok nie. Toe ont­hou hy dat sy pa ’n wa­ter­pomp met ’n groot vlieg­wiel ge­had het wat reg­streeks van­af die trek­ker se krag­af­tak­ker aan­ge­dryf kon word en dus die plat band kon uit­ska­kel.

Ná ’n bie­tjie meet en pas het hy ’n werk­tuig­kun­di­ge op Ja­mes­town ge­na­der om die ha­mer­meul op die on­der­stel van ’n sen­tri­fu­ga­le be­sproei­ings­pomp, wat ook al ja­re op die plaas ge­lê het, vas te sweis.

Cas­per sê teen ’n kos­te van R2 100 het hy nou ’n ver­skuif­ba­re werk­tuig waar­van die aan­dry­wing doel­tref­fen­der as die oor­spronk­li­ke is. Dank­sy die groot vlieg­wiel met ’n deur­snee van 84 cm en die ka­trol van 14 cm aan die ha­mer­meul wat nou met ’n en­ke­le V-band aan­ge­dryf word, lui­er die Lan­di­ni net wan­neer dit ge­kop­pel is om die ha­mer­meul aan te dryf.

— THEUNS BO­THA BO: Met die ha­mer­meul wat op die on­der­stel van ’n sen­tri­fu­ga­le pomp ge­mon­teer is, kan maal­werk nou moei­te­vry op e­ni­ge plek op die plaas ge­doen word. IN­LAS: Mnr. Cas­per La­bu­schag­ne.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.