‘Toe­koms in waar­de­ket­ting, nie hoë pry­se’

Vel­skoe­ne, leer vir meu­bels en ge­son­de vleis is van die ma­nie­re hoe wild­boe­re waar­de kan toe­voeg. Dit sal mee­bring dat hul­le nie meer so af­hank­lik van uit­son­der­lik hoë pry­se vir skaars wild sal wees nie, sê die voor­sit­ter van Wild­be­dryf Suid-A­fri­ka.

Landbou Vee - - Wild -

Een van die groot­ste na­me in die wild­be­dryf, mnr. Wi­aan van der Lin­de, meen die i­de­aal is dat boe­re by die he­le waar­de­ket­ting be­trok­ke moet raak. Hy is die me­de-ei­e­naar van ver­skeie on­der­ne­mings in die wild­be­dryf. WB Sa­fa­ri Com­pa­ny (Win­ters­hoek Wild) be­hoort aan Wi­aan en mnr. Hen­nie Gous, ’n boer en en­tre­pre­neur van Doug­las en voor­heen di­rek­teur van GWK. Hul­le be­dryf Win­ters­hoek Wild saam, maar elk­een boer op sy eie grond. Hen­nie be­sit die pla­se O­lie­ri­vier, Links­fon­tein, T­hu­ru Lod­ge, Ga­ma­ga­ra en The Val­ley, en Wi­aan boer op Wag ’n Bie­tjie, Kat­bos­dam, Ou­put, Gra­span, K­lip­drift en Ka­reek­loof. Saam be­slaan die pla­se 110 000 ha. “Daar boer ons met e­nig­iets van ’n steen­bok tot ’n re­nos­ter,” skerts Wi­aan.

Die ho­ë­waar­de­wild be­staan on­der meer uit buf­fels, swart­wit­pen­se, bas­ter­gems­bok­ke en re­nos­ters. Hul­le is toe­ge­spits op die teel van ge­har­de teel­bul­le en vrou­li­ke die­re wat op e­ni­ge plek kan aan­pas en vir le­wen­de ver­ko­pe be­stem is.

GROOT RUIM­TE

Die ven­no­te doen geen in­ten­sie­we te­ling met wild nie om­dat hul­le be­voor­reg is om groot, oop ruim­tes in die Noord-Kaap te hê. Hul teel­kam­pe is al­mal 600 ha tot 1 500 ha groot en daar is geen klein kam­pies waar­in ho­ë­waar­de­wild aan­ge­hou word nie.

Ver­de­re voor­de­le van hul Noord-Kaap­se lig­ging is ’n baie lae pa­ra­siet­druk en ’n by­na to­ta­le ge­brek aan roof­die­re. Wi­aan pre­dik nie net die bood­skap van be­trok­ken­heid by die vol­le waar­de­ket­ting van die wild­be­dryf nie, maar lei met sy voor­beeld. Wi­aan en Hen­nie teel top­ho­ë­waar­de­wild. Die be­faam­de buf­fel­bul Ty­son (met ’n ho­ring­wyd­te van 53”), wat la­ter deur mnr. Nor­man A­da­mi van B­rits ge­koop is, is ’n spre­ken­de voor­beeld.

Hul­le is ook in­ten­sief by an­der fa­set­te van die wild­be­dryf be­trok­ke. Dit sluit in die teel van al­ge­me­ne wild­soor­te (steeds met top­teel­ma­te­ri­aal); die sa­fa­ri-on­der­ne­ming Win­ters­hoek Sa­fa­ri’s, wat vir plaas­li­ke én bui­te­land­se klan­te reg staan; die toe­ris­me-on­der­ne­ming Win­ters­hoek Pho­to­graphic Sa­fa­ri’s; hul eie leer­looi­e­ry en tak­si­der­mie-on­der­ne­ming, A­fri­can San Tax­i­der­my and Tan­ne­ry, wat jag­ters se tro­feë voor­be­rei, op­stop en mon­teer; die ver­vaar­di­ging van aan­den­kings; en ’n aan­leg waar hul­le wilds­vleis ver­werk, Oryx Ve­nison. Hul­le ver­skaf per­ma­nen­te werk aan so­wat 140 men­se.

Die wild wat ge­oes word, word in wilds­vleis­pro­duk­te om­skep, want die mik­punt is im­mers om die hoog­ste in­kom­ste per hek­taar te be­haal.

Die vleis­be­wer­king is vyf jaar ge­le­de aan­ge­pak – eers net om hul eie wild te be­werk, maar nou oes hul­le ook wild op an­der boe­re se pla­se en be­werk dit. Die slag­huis han­teer so­wat 300 ton wild per jaar. Hul­le maak on­der meer bil­tong, dro­ë­wors, ris­sie­hap­pies, vleis­snit­te, braai­wors, sa­la­mi en ge­rook­te wors, wat op be­stel­ling aan Noord-Kaap­se re­stau­ran­te en ver­blyf­plek­ke ge­le­wer word.

WILDS­VLEIS

Wi­aan ver­dui­de­lik die be­lang­rik­heid daar­van om wilds­vleis in die waar­de­ket­ting te be­vor­der. “Wilds­vleis word ver­keer­de­lik as ’n goed­koop op­sie vir an­der vleis be­skou, dalk om­dat al­mal al ge­woond is dat dit so be­mark word.

“T­wee­dens het ons jag­kul­tuur in SuidA­fri­ka ’n im­pak. ’n Groot groep bil­tong­jag­ters gaan jag eer­der el­ke jaar as om wilds­vleis vir die huis­hou­ding te koop.

“Der­dens is daar nog nie ’n for­me­le be­mar­kings­ka­naal vir wilds­vleis om te voor­sien in die huis­vrou se be­hoef­te om ge­son­de, vars wilds­vleis aan haar ge­sin

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.