Pa­s­op vir dié siek­tes hier­die len­te en so­mer

Hier is die vi­rus­siek­tes, meest­al deur mug­gies en mus­kie­te oor­ge­dra, wat boe­re in die ko­men­de so­mer groot ska­de kan be­rok­ken as dit goed re­ën. Boe­re moet hul vee voor­af daar­teen in­ent.

Landbou Vee - - Dieregesondheid -

volg (in volg­or­de van be­lang­rik­heid): Stel ont­wa­te­ring reg. Gee lam­mers 1-2 li­ter van ’n glu­ko­se-en-sout­op­los­sing wat by ’n land­bou-on­der­ne­ming of vee­arts ver­kryg­baar is. Vol­was­se ska­pe kry tot 5 li­ter. As dit nie be­skik­baar is nie, gee ’n op­ge­hoop­te tee­le­pel sout en ’n op­ge­hoop­te eet­le­pel sui­ker in 2 li­ter wa­ter. Spoel die neus en bek met ’n sterk sout­op­los­sing uit. Die­re met seer bek­ke en ge­blok­te neu­se wil nie vreet nie. Meng ’n eet­le­pel sout in ’n kop­pie wa­ter en ge­bruik ’n spuit om dit in die neus en bek op te spuit. Ver­wy­der kor­se in die neus­o­pe­nin­ge met ’n lap, wat­te of toi­let­pa­pier. Hou siek die­re op stal. As dit nie ’n hort­jies­vloer het nie, ver­skaf strooi om op te slaap. Sorg vir voer en wa­ter (do­seer wa­ter as hul­le nie self suip nie.) Be­kamp las­ti­ge vlieë en mus­kie­te. Voer lu­sern ná 24 uur. Neem vars lu­sern of gras en maak dit saam met wa­ter in ’n huis­hou­de­li­ke ver­pul­per fyn. Sif en do­seer dit. Be­han­del met an­ti­bi­o­ti­ka en ’n in­spuit­ba­re an­ti-in­flam­ma­to­rie­se mid­del teen pyn en koors. An­ti­bi­o­ti­ka maak nie die blou­tong­vi­rus dood nie, maar voor­kom long­ont­ste­king. Ge­bruik ’n mid­del wat doel­tref­fend is teen pas­teu­rel­la. Ent­stof­be­skik­baar­heid: Ver­vaar­dig deur On­der­ste­poort Bi­o­lo­gie­se Pro­duk­te Slenk­dal­koors kom by ska­pe, bok­ke, bees­te en selfs wild voor. Dit word deur ’n vi­rus ver­oor­saak en deur mus­kie­te oor­ge­dra. Ty­dens ’n uit­bre­king kan by­ten­de vlieë ook die siek­te oor­dra. Uit­bre­kings word deur vrek­tes ge­ken­merk, ver­al van pas­ge­bo­re die­re, en a­bor­sies by drag­ti­ge die­re. Men­se kan ook be­smet word deur kon­tak met besmet­te die­re se bloed en organe, en soms deur mus­kiet­by­te.

In en­de­mie­se ge­bie­de met ’ n warm, vog­ti­ge kli­maat is daar el­ke jaar besmet­te mus­kie­te. Dit lei daar­toe dat vee ge­reeld met die slenk­dal­koors­vi­rus be­smet word. Dié die­re is dus im­muun wan­neer hul­le teel­ou­der­dom be­reik. Hul­le kan dan pas­sie­we (ma­ter­na­le) im­mu­ni­teit deur bies­melk aan hul na­ge­slag oor­dra. Die mees­te drag­ti­ge en jong die­re word sel­de siek.

Ge­bie­de wat dro­ër is, ver­al dié met koue win­ters, soos die Suid-A­fri­kaan­se Ho­ë­veld, is op die grens van die ver­sprei­dings­ge­bied van die vi­rus. Ge­du­ren­de lang, droë tyd­per­ke neem die be­vol­king van besmet­te mus­kie­te af, tot ’n sta­di­um be­reik word waar die vi­rus en vek­to­re waar­skyn­lik van el­ders in­ge­bring word ty­dens ’n tyd­perk van ho­ër re­ën­val. In­tus­sen is die le­wen­de­ha­we­be­vol­king deur vat­ba­re die­re ver­vang. Dan kan ’n groot uit­bre­king voor­kom as dit die jaar baie re­ën.

Die al­ge­meen­ste ent­stof, ver­vaar­dig deur OBP, be­vat ’n le­wen­de, ge­mo­di­fi­seer­de vi­rus. Die ent­stof kan eg­ter a­bor­sies by ’ n klein aan­tal drag­ti­ge die­re ver­oor­saak. Dit be­hoort le­wens­lan­ge be­sker­ming te ver­wek en sal die siek­te ge­noeg­saam be­kamp as al­le die­re wat ge­speen word, jaar­liks in­ge­ënt word. Die ge­ïn­ak­ti­veer­de ent­stof word twee keer vier weke uit me­kaar toe­ge­dien as dit die eer­ste keer toe­ge­dien word en moet daar­na jaar­liks toe­ge­dien word.

Ent­stof­be­skik­baar­heid: In ge­bie­de waar die siek­te vroe­ër voor­ge­kom het, is daar ko­ö­pe­ra­sies wat die ent­stof aan­hou. An­der­sins kan dit be­stel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.