Wees ver­sig­tig vir Johne se siek­te

Johne se siek­te is ’n chro­nie­se, aan­steek­li­ke siek­te by her­kou­ers en se­ke­re wild­soor­te en is be­sig om sta­dig maar se­ker in Suid-A­fri­ka te ver­sprei. Hier is raad aan boe­re.

Landbou Vee - - Inhoud -

Johne se siek­te, ook be­kend as pa­ra­tu­ber­ku­lo­se of OJD ( O­vi­ne Johne’s Di­se­a­se) kom wê­reld­wyd voor en word as een van die groot­ste be­drei­gings vir die vee­be­dryf in on­der meer B­rit­tan­je, Aus­tra­lië, Nieu-See­land en S­pan­je be­skou.

Vir Suid-A­fri­kaan­se skaap­boe­re is dit baie be­lang­rik om van dié siek­te te weet, ver­al hoe dit ver­sprei word. Boe­re is wet­lik ver­plig om die siek­te by hul plaas­li­ke staats­vee­arts aan te meld. Die be­smet­te pla­se word dan on­der kwa­ran­tyn ge­plaas om an­der boe­re se kud­des te be­skerm.

Johne se siek­te word deur die bak­te­rie My­co­bacte­ri­um a­vi­um, sub­spe­sie pa­ra­tu­ber­cu­lo­sis, ver­oor­saak. Die bak­te­rie is na­ver­want aan die or­ga­nis­me wat tu­ber­ku­lo­se ver­oor­saak.

In Suid-A­fri­ka is die siek­te al by bees­te ge­ï­den­ti­fi­seer, maar die groot­ste voor­koms is tans by ska­pe.

Hoe­wel die siek­te meest­al in die WesKaap voor­kom, is uit­bre­kings ook al in on­der meer die Oos- en die Noord-Kaap en die Vry­staat aan­ge­meld.

In die Wes-Kaap is kom­mer­si­ë­le boe­re ge­wil­lig om vir die siek­te in hul kud­des te toets en dit op te spoor, aan­ge­sien hul­le hul die­re dan teen die siek­te kan in­ent om pro­duk­sie­ver­lie­se te be­perk.

On­ge­luk­kig wil baie stoet­boe­re nie vir die siek­te toets nie, want as hul kud­des po­si­tief toets, word dit in kwa­ran­tyn ge­plaas en dan kan hul­le nie hul die­re aan me­de­boe­re ver­koop nie. Só kan die siek­te ver­sprei. As die Johne-sta­tus van ’n plaas on­be­kend is, kan ’n boer on­we­tend ’n duur prys be­taal deur ’n be­smet­te ram of ooi van ’n on­ge­toets­te plaas in te koop.

VER­SPREI­DING

Dra­er­die­re of aan­ge­tas­te die­re kan groot hoe­veel­he­de van die bak­te­rie in hul mis uit­skei. Die bak­te­rie is taam­lik ge­hard en kan in guns­ti­ge toe­stan­de (’n nat, koel om­ge­wing) lan­ger as ’n jaar in mis of wa­ter oor­leef.

Vat­ba­re die­re neem bak­te­rieë mon­de­lings in deur be­smet­te weiding. Jon­ger die­re (wat vat­baar­der is) kan dit in­neem deur aan be­smet­te spe­ne te suip.

Die bak­te­rieë gaan dan na die derm­ka­naal, waar dit ver­me­nig­vul­dig. Som­mi­ge be­smet­te die­re word dra­ers. So ’n dra­er­dier kan le­wens­lank bak­te­rieë in sy mis uit­skei en vat­ba­re die­re aan­steek. Dié dra­ers bly o­ën­skyn­lik ge­sond en toon geen siek­te­te­kens nie.

An­der die­re kan eg­ter ná ’n in­ku­ba­sie­tyd­perk, wat wis­sel van ses maan­de tot ja­re, k­li­nie­se te­kens ont­wik­kel. Die per­sen­ta­sie van ’n trop wat k­li­nie­se te­kens ont­wik­kel, is ge­woon­lik 1-2% per jaar, maar kan tot 10% per jaar wees. Tal­le fak­to­re, soos wan­voe­ding, spoor­e­le­ment­te­kor­te en in­wen­di­ge parasiete, kan die aan­tal k­li­nie­se ge­val­le ver­hoog.

SIMPTOME

On­ge­luk­kig kan Johne se siek­te tans nie in ’n vroeë sta­di­um be­trou­baar ge­di­ag­no­seer word nie. Die tyd­perk van­af be­smet­ting tot die eer­ste k­li­nie­se te­kens voor­kom, is baie lank en wis­sel­val­lig.

By ska­pe wat k­li­nie­se te­kens ont­wik­kel, word chro­nie­se ge­wigs­ver­lies waar­ge­neem, maar die mis bly ge­woon­lik nor­maal. Di­ar­ree is nie ’n ken­merk van die siek­te by ska­pe nie.

Die k­li­nie­se te­kens van ge­wigs­ver­lies en swak pro­duk­sie kom in die al­ge­meen eers van­af die twee­tand­sta­di­um en ou­er voor.

Daar is baie an­der oor­sa­ke van chro­nie­se ge­wigs­ver­lies. Dit is dus nood­saak­lik dat die siek­te deur toet­sing en nie net k­li­nie­se te­kens ge­di­ag­no­seer word in­dien daar ver­moed word dat die­re die siek­te het nie. Die be­skik­ba­re toet­se vir le­wen­de die­re is eg­ter baie on­sen­si­tief.

PROGNOSE

Aan­ge­tas­te die­re vrek ná ’n paar we­ke of maan­de weens hon­ger­te, aan­ge­sien die bak­te­rieë ver­dik­king van die derm ver­oor­saak en voe­ding­stow­we nie uit die derm op­ge­neem kan word nie.

Daar is geen be­han­de­ling vir die siek­te

nie, maar ’n ent­stof is op voor­skrif van die plaas­li­ke staats­vee­arts be­skik­baar.

Die ent­stof mag s­legs by be­smet­te kud­des, on­der toe­sig van die staats­vee­arts, ge­bruik word, aan­ge­sien die­re wat in­ge­ënt is, met bloed­toet­se po­si­tief vir die siek­te gaan toets. Daar moet dus on­der­skei kan word tus­sen die­re wat in­ge­ënt is en dié wat werk­lik Johne se siek­te het, aan­ge­sien daar geen toets be­staan wat tus­sen die siek­te en in­en­ting kan on­der­skei nie.

Boe­re moet ook daar­op let dat die ent­stof nie 100% be­sker­ming bied nie en taam­lik duur is.

RAAD AAN BOE­RE

Hou die ge­mid­del­de ou­der­dom van die trop so laag as moont­lik. Ver­wy­der en slag e­ni­ge kli­nies aan­ge­tas­te die­re, of­te­wel ska­pe wat chro­nies ge­wig ver­loor, so spoe­dig moont­lik. Hier­die ska­pe skei groot hoe­veel­he­de van die bak­te­rie in hul mis uit en dien as bron van be­smet­ting vir an­der ska­pe.

Lam­tyd in die win­ter( koue en nat toe­stan­de in die win­ter­re­ën­ge­bied e) ver­hoog die kans dat lam­mers be­smet kan raak. Laat ska­pe in die win­ter­re­ën­stre­ke eer­der in die len­te lam. Ooie moet ver­kies­lik op “skoon” lan­de lam, by­voor­beeld stop­pel­lan­de of me­dic-wei­dings wat jaar­liks her­ves­tig word. Moe­nie ooie in klein kam­pies laat lam nie en skei ou­er en jon­ger ooie in­dien prak­ties moont­lik.

Hand­haaf streng hi­gi­ë­nie­se stan­daar­de. Wa­ter- en voer­bak­ke moet skoon ge­hou word en só ont­werp wees dat mis­be­soe­de­ling nie kan plaas­vind nie. Voer­bak­ke moet van die grond af ge­lig word om mis­be­soe­de­ling te keer.

Pro­beer om die voe­ding­sta­tus, ver­al ten op­sig­te van spoor­e­le­men­te en vi­ta­mie­ne, en die ge­sond­heid­sta­tus (parasiete en siek­tes) van die trop so hoog as moont­lik te hou, so­dat die­re meer weer­stand teen die siek­te het.

Hou jou kud­de so­ver moont­lik ge­slo­te en moe­nie ska­pe van ’n be­smet­te plaas aan­koop of in­bring nie. Moet ook nie ska­pe van twy­fel­ag­ti­ge her­koms koop wat die bi­o­se­ker­heid van jou eie kud­de kan be­dreig nie.

Dr in­gaan op’ n ver­ko­pers ver­kla­ring van die voor­ne­men­de ver­ko­per dat die ska­pe siek­te­vry is.

Waak teen be­smet­ting by vei­lings, skoue en waar die­re van ver­skil­len­de plek­ke af saam­kom, soos by kern­kud­des en pro­duk­sie meet groe­pe.

Ent al­le ver­van­gings­die­re van drie we­ke tot ses maan­de oud in be­smet­te kud­des een­ma­lig in. Dit ver­min­der die k­li­nie­se ge­val­le en die hoe­veel­heid bak­te­rieë wat in die mis uit­ge­skei word.

Gooi kalk op die grond om die pH te ver­hoog en só die oor­le­wing van die or­ga­nis­mes te be­kamp. Dr. Sewellyn Davey is ’n Wes-Kaap­se staats­vee­arts. NA­VRAE: E-pos: se­wel­lynd@el­sen­burg.com; sel 083 642 0603.

BO: ’n Skaap met Johne se siek­te. Die siek­te is on­ge­nees­lik. IN­LAS: Dr. Sewellyn Davey.

FO­TO’S: SEWELLYN DAVEY

LINKS BO EN BO: Die in­ge­wan­de van ’n skaap wat die ver­gro­te me­sen­te­rie­se limf­klie­re toon wat ’n mens by Johne se siek­te sien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.