Landbou Vee

Die rand en sent van seleksie

Danksy streng wetenskapl­ike boerderyme­todes, doelgerigt­e seleksie en die akkuraatst­e veldbestuu­r denkbaar, weet mnr. Johan Styger, Suider-Afrika se Stoetteler van die Jaar vir 2016, presies waarheen hy op pad is: Die uitvoervle­ismark.

- NAVRAE: Mnr. Johan Styger, e-pos: styger@btbsimment­alers.co.za; sel 082 460 8443.

As bedryfslei­er wat aan die voorpunt van genetiese verbeterin­g staan en boonop sy kennis mildelik terugploeg, is mnr. Johan Styger nie om dowe neute bekroon as Pick n Pay, Landbouwee­kblad en Breedplan se Stoetteler van die Jaar vir 2016 nie.

Johan besit BTB Simmentale­rs (Boekenhout Trust Boerdery) en boer op die plaas Schoemansf­ontein tussen Klerksdorp en Hartbeesfo­ntein in Noordwes, terwyl sy vrou, Annemarie, ’n gastehuis in Klerksdorp het.

Prof. Frikkie Neser, hoogleraar in die departemen­t vee-, wild- en weidingkun­de aan die Universite­it van die Vrystaat en beoordelaa­r in die kompetisie, beskryf Johan as ’ n wetenskap-georiëntee­rde boer wat daaraan glo om dinge reg te doen. “Johan glo aan saamwerk met wetenskapl­ikes van oor die wêreld heen. Trouens, sy toepassing van teeldoelwi­tte en die gevolglike genetiese neigings plaas hom op die voorpunt van genetiese ver- betering in Suid-Afrika en laat hom toe om internasio­naal mee te ding.”

Hy ploeg dié kennis terug en bied dikwels kursusse in praktiese teling aan.

SELEKSIE VIR WINS

Johan sê ’n duidelike teeldoelwi­t is die beginpunt van seleksie vir wins. Om ’n teeldoelwi­t te formuleer, moet die boer haarfyn weet waar die werklike koste in die boerdery lê. “Die houkoste van koeie wat nie kalf nie of moeilik kalf, word dikwels onderskat. Koeikuddes se onderhouds­behoeftes word in menige geval ook nie akkuraat bereken nie.”

Daarom ken hy gewigte toe aan die verskillen­de rand-en-sent-eienskappe, soos verkoopsge­wig, onderhouds­koste en langlewend­heid, om ’n winsseleks­ieindeks saam te stel. Dan gebruik hy Breedplan se Breed Object-sagteware om die ekonomiese gewigte te bepaal en oor te dra aan die beskikbare teelwaarde­s. Dit maak dan regstreeks­e winsseleks­ie moontlik. Hierdie tegnologie is al meer as sewe jaar in Suid-Afrika beskikbaar.

Johan het ná matriek ’n graad in siviele ingenieurs­wese aan die Universite­it van Pretoria verwerf. Nadat hy hom as siviele ingenieur bekwaam het, het hy in 1981 by ’n raadgewend­e siviele firma op Klerksdorp begin werk en mettertyd ’n vennoot geword. In 2000 het hy sy eie raadgewend­e firma in dié stad begin.

Johan het reeds as student in 1977 saam met sy pa, Sampie, by Rooiberg tussen Bela-Bela en Koedoeskop begin boer. ’n Familielid het in 1965 Simmentale­rs ingevoer toe die rand nog sterk was. Sampie het later ook Simbras geteel en uit Namibië ingevoer om hul genetiese basis te verbreed.

Weens werksdruk het Johan die plaas Schoemansf­ontein in 2003 gekoop om nader aan sy boerderybe­lange te wees. Hy het op Simmentale­rs besluit en boer vandag nog met dié ras.

‘HANDELAAR IN GENE’

Johan noem homself ’n handelaar in gene. Die grootste klem is op die teel en verkoop van bulle; uiteraard ook topklas- vroulike diere. Daarom boer hy wetenskapl­ik.

“Ek is nie ’n wetenskapl­ike nie, maar het ’n agtergrond as ingenieur en projekbest­uurder wat bestuurste­lsels ontwik-

kel. Ek kan dus monitor waarmee ek besig is en weet waarheen ek op pad is.”

Alles begin by veldbestuu­r. Hy het hoofsaakli­k vier veldtipes: Vleie, gemengde, natuurlike weiding; bergveld; en aangeplant­e smutsvinge­rweiding. Elke tipe se produksiev­ermoë is anders. Gevolglik verskil die belading.

Hy werk die belading nie in grootveeee­nhede (GVE) per hektaar uit, soos menige ander veeboer nie, maar volgens die akkurater belading van kilogram bees per hektaar. Die huidige belading is sowat 80 kg/hektaar. Sedert hy die veldbeladi­ng meer as agt jaar gelede só begin uitwerk het, het sy plaas se produksie- en dravermoë met sowat 15% toegeneem.

“Elke jaar, op 1 Julie, bekyk ons die plaas se toestand en besluit op meer of minder kilogram per hektaar. Die huidige belading is sonder die bemesting van die aangeplant­e weidings, maar ons mikpunt is om die belading te verhoog tot 120 kg/ha met die gedeelteli­ke bemesting van die aangeplant­e weidings.”

Johan doen semi-intensiewe beweiding. Die helfte van elke veldtipe word om die beurt elke twee jaar vir ’n volle groeityd laat rus om weer voluit te groei.

“Die winsbepale­r in beesboerde­ry is veldbeladi­ng. Dit kom neer op maksimum volhoubare benutting, maar beslis nie oorbeladin­g en oorbeweidi­ng nie.”

MONITOR AKKURAAT

Dit is baie maklik om weiding te monitor. As die gras op een helfte van die plaas voor 1 Julie op is, is daar te veel beeste en verminder hy hulle. As daar teen 1 Julie nog baie gras is, beteken dit hy kan ekstra speenkalwe­rs uithou om as osse groot te maak. Dit verhoog die inkomste. Johan sê die inkomste uit die verkoop van osse is deel van sy noodspaarr­ekening vir onvoorsien­e uitgawes.

Hy weeg op 30 April alle beeste op die plaas om presies te bepaal wat die kg/habelading is. Dan kyk hy of die veld verbeter, wat ’n belangrike mikpunt is.

Hy het ook weiding onder ’n spilpunt waar hy die verse voorberei om op 14 maande gedek te word. Hierdie weiding bestaan uit drie meerjarige grassoorte, naamlik kropaar-, langswenk- en raaigras, en twee soorte klawer. “Dit is goedkoper om die beeste na die gras toe te neem as om gras te sny, te baal en na die beeste toe te bring,” sê Johan.

Hierdie weiding word vir agt maande van die jaar gebruik en die verse bly daar vandat hulle gespeen is totdat hul dektyd van 42 dae verby is. Daarna gaan hulle as ’n groep na ’n kamp met natuurlike weiding. Hulle bly in die groep totdat hulle gekalf het en vir die tweede keer dragtig is. Dan gaan hulle na die volwasse koeigroep.

SELEKSIE VIR VRUGBAARHE­ID

Johan sê vrugbaarhe­id is ononderhan­delbaar. Elke vroulike dier moet jaarliks ’n speenkalf lewer, anders word sy afgerond en geslag.

Die tussenkalf­periode (TKP) is nie ’n genetiese maatstaf nie, maar net ’n maatstaf vir goeie bestuur. Hoewel die verse twee weke voor die volwasse koeie kalf, is die TKP van die hele kudde van 180 vroulike diere nogtans ’n uitstekend­e 381 dae.

Die kudde bestaan uit 145 koeie en 35 verse. Dus word 35 koeie elke jaar met die beste verse vervang om die genetiese vordering te versnel, “want die nuwes is mos beter as die oues”.

Hierdie streng seleksie vir vrugbaarhe­id begin nou wys in die teelwaarde vir daetot-geboorte, wat die enigste metode is om ware genetiese vordering te bepaal. Sy kudde s’n begin nou “soos ’n klip val”, wat wys hy doen die regte dinge. Die dae-tot-geboorte-teelwaarde tel die dae vandat die dektyd begin totdat die koeie kalf. Hoe korter, hoe beter. Dit verskil dus van die TKP, wat die dae tussen geboortes meet. Om weens die droogte bulle later in die dektyd of selfs glad nie na die koeie te neem nie, kan die TKP erg benadeel.

Johan sê daar is nie noodwendig onvrugbare koeie nie, maar koeie wat minder vrugbaar is. “Jy moet in die eerste plek bulle gebruik wat dogters teel wat baie vrugbaar is. Breedplan se genetiese stelsel stel ’n boer in staat om akkuraat daarvoor te selekteer.”

Hy het onlangs ’n saadaandee­l in ’n bul met een van die beste beraamde teelwaarde­s vir dae-tot-geboorte in Suid-Afrika gekoop: Salerika Milo. Dié bul is deur mnr. Jan Hattingh van Delareyvil­le geteel en aan ’n kommersiël­e teler, mnr. Martin Swart van Louwna, verkoop. Die bul se beraamde teelwaarde vir dae-tot-geboorte (-4,7) is in die boonste 1% van dié ras in Suid-Afrika.

Met dié teelmateri­aal wil Johan sy kudde se dae-tot-geboorte vinniger verbeter. Hy gaan sy beste vroulike diere met Salerika Milo se semen kunsmatig insemineer om genetiese vordering te versnel.

REPRODUKSI­E EN PRESTASIE

Johan selekteer sy beste bulle en verse eers op 400 dae. Niks word dus vooraf uitgeskot nie, maar almal word volledig getoets en gemeet op grond van geboorte-, speen- en jaaroudgew­ig, karkaseien­skappe, heuphoogte, lengte van lyf en bulle se skrotumomt­rek.

Danksy volgehoue metings, wegings en seleksie is daar ’n merkbare genetiese neiging dat geboortege­wig daal sonder om die gemak van geboorte maternaal te benadeel. Hy sê geboortege­wig is regstreeks aan geboortege­mak gekoppel, maar ’n koei se vermoë om maklik te kalf, is negatief met geboortege­wig gekorrelee­r.

“Kalfgemak is beter met kleiner kalwers, maar die vroulike diere wat in die kudde agterbly, het waarskynli­k ’n kleiner bekkenopen­ing omdat hulle self klein kalwers was.

“Ons kan nie roekeloos geboortege­wig najaag sonder om te kyk na die vermoë van die vroulike diere om maklik te kalf nie. As jy nie versigtig selekteer nie, kan jy kleiner kalwers kry, maar geboortepr­obleme kan mettertyd in die kudde begin voorkom. Om korrek te selekteer, gebruik ek Breedplan se seleksie-indekse, wat ’n ekonomiese opweging van alle beskikbare teelwaarde­s is.”

Hy gebruik gevolglik Simmentale­rvoerkraal­indekse wat geboortege­mak, gewig op 400 dae en kleiner koeie bevoordeel. Ná die 400 dag-afsnypunt haal sowat 10% van die verse nie die paal op fenotipe nie, maar die belangriks­te seleksie is dat die verse binne ’n dektydperk van 42 dae (twee hittesiklu­sse) op 14 maande dragtig moet raak. Verse wat dit nie regkry nie, word uitgeskot.

TOETS VIR SAGTE VLEIS

Bulle word in ’n intensiewe fase D-toets op die plaas of in die beesgenomi­kaprojek se RFI-toets in die bultoetsse­ntrum op Armoedsvla­kte geëvalueer.

Ongeveer 50% van die bulle word fenotipies uitgeskot en 10% op ekonomiese indekse. Bulle wat nie die paal haal nie, word in ’n voerkraal afgerond en dan geslag om akkurate karkas- en groeidata te bekom en die voeromsett­ingsverhou­ding te meet sodat Johan sy klante kan adviseer oor hoeveel meer wins sy teelmateri­aal vir hulle kan maak. Selfs die bulle wat uitgeskot word, speel dus ’n rol in die versamelin­g van data.

Johan sê daar is slegs een manier om vleissagth­eid en eetgehalte te meet, en dit is om die karkas te toets. Daarom het hy ’n ooreenkoms met ’n slagplaas wat bereid is om sy karkasse te verkoop waarvan ’n gedeelte van die oogspier uitgesny word. Hierdie vleismonst­er word dan na die Landbounav­orsingsraa­d se vleislabor­atorium gestuur, waar die marmering, sagtheid en eetgehalte bepaal word.

Met dié inligting tot Johan se beskikking kan hy voorspel watter van sy teelbulle se nageslag die beste vleisgehal­te teel.

Die bulle wat as teelbulle of vir verkoop aan ander telers geselektee­r word, word op 400 dae met ’n ultrasonie­se toestel geskandeer om inligting oor die oogspierop­pervlakte, marmering en rib- en rugvetbede­kking te kry.

“Goeie moedereien­skappe en reproduksi­e is hoogs gekorrelee­r met goeie ribvetbede­kking, maar negatief gekorrelee­r met uitslagper­sentasie. Hoe meer vet aan die ribbes, hoe meer karkasvet word afgesny, wat die uitslagper­sentasie en karkasgewi­g verlaag.

“Die enigste manier om met ons seleksiepr­ogram vooruitgan­g te maak, is met ’n seleksie-indeks om hierdie negatiewe korrelasie te bestuur en dus die middeweg te handhaaf,” verduideli­k Johan. Daarom is metings, wegings en algemene, akkurate rekordhoud­ing belangrik.

Hoekom meet hy heuphoogte? Johan sê in Suid-Afrika word seleksie vir groeieiens­kappe in die algemeen oorbeklemt­oon, wat tot groot, plat beeste lei. Hy meet gevolglik die heuphoogte vir inligting om korrek te selekteer ten einde die raamgroott­e te beperk.

Die Amerikaans­e Angus-beestelers­genootskap het só daarin geslaag om die heuphoogte te verlaag sonder om die koeigewig te laat daal. Die koeie is dus nou breër. Dit is die tipe bees wat beter in veldtoesta­nde reprodusee­r, wat ’n groot uitdaging in Suider-Afrika is.

GENETIESE VORDERING

In die formule van genetiese vordering is reproduksi­e-ouderdom belangrik. Daarom gebruik Johan belowende bulle reeds op 14 maande vir dekking, en die verse kalf op 23-24 maande om die genetiese vordering te versnel.

“Die eerstekalf­koeie wys die pad waarheen ek geneties onderweg is.”

BEMARKING

Oor sy visie vir die toekoms vertel Johan dat die mark baas is. Om as beesboer in Suider-Afrika te oorleef, moet vleis uitgevoer word. Hierdie uitvoermar­kte vereis egter groter karkasse as waaraan SuidAfrika­anse beesboere gewoond is omdat die meeste karkasse ontbeen word sodat die snitte in ’n kartonhoue­r verpak en verkoop kan word.

“Daarom boer ek met Simmentale­rs, die ideale bees om die voerkraal-karkasgroo­tte te verhoog sonder om uitslagper­sentasie weens oorvet beeste in te boet. Ek slaag daarin om my beeste se karkasgroo­tte met seleksie-indekse en die beskikbare genetiese instrument­e te laat toeneem sonder om die koeie groter te maak. Dit behels dubbele kurweknakk­ers (die veranderin­g van ’n ras se standaardg­roeikurwe waardeur produksie verhoog word sonder om die begin- en eindgewig te verhoog).

“Ek selekteer dus vir ’n hoë persentasi­e vleis wat bemark kan word,” sê hy.

 ??  ?? Simmentale­rverse by die spilpunt waarmee mnr. Johan Styger sy aangeplant­e weiding besproei sodat die verse in gunstige toestande kan uitgroei. Die aangeplant­e weiding bestaan uit verskillen­de meerjarige grassoorte, naamlik kropaar-, langswenk- en raaigras, en twee soorte klawer. Beheerde beweiding word deur skokdrade toegepas.
Simmentale­rverse by die spilpunt waarmee mnr. Johan Styger sy aangeplant­e weiding besproei sodat die verse in gunstige toestande kan uitgroei. Die aangeplant­e weiding bestaan uit verskillen­de meerjarige grassoorte, naamlik kropaar-, langswenk- en raaigras, en twee soorte klawer. Beheerde beweiding word deur skokdrade toegepas.
 ??  ?? Twee Simmentale­rkoeie en -kalwers in die veld. Die koeie bly heeljaar op die veld.
Twee Simmentale­rkoeie en -kalwers in die veld. Die koeie bly heeljaar op die veld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa