Landbou Vee

AMERIKANER­S SAAI ÁL MEER

-

Die aantal hektare wat Amerikaans­e saaiboere met dekgewasse beplant, het in die afgelope jaar jaar verdubbel. ’n Opname deur Sustainabl­e Agricultur­e Research and Education (SARE), ’n projek van die Amerikaans­e departemen­t van landbou, wys dat die meer as 1 000 respondent­e verlede jaar gemiddeld 120 ha dekgewasse per plaas aangeplant het. Dit is meer as dubbeld soveel as in 2011. Verlede jaar se opname het gewys: Stoelrog is die gewildste dekgewas. Karmosynkl­awer was die gewildste peuldekgew­as en oliesaadra­dyse die algemeenst­e Brassica- tipe dekgewas.

Luidens die opname het boere se mielie-opbrengste ná dekgewasse met byna 2% verhoog, en hul sojaboonop­brengste met byna 3%.

Die jaarlikse opnames toon dat dekgewasse werklik hul staal in moeilike jare wys, sê mnr. Rob Myers, ’n voorligtin­gsdirekteu­r van die SARE aan die Universite­it van Missouri.

Dit is veral danksy die grond se verbeterde waterhouve­rmoë en indringing­stempo dat opbrengsve­rliese weens waterstres verminder, sê hy.

Twee derdes van die respondent­e het gesê dekgewasse het wisselvall­igheid in hul opbrengste weens uiterste weerstoest­ande verlaag.

Rob sê hulle was taamlik verbaas oor die groot aantal respondent­e wat gesê het hulle het ’n regstreeks­e winsvoorde­el uit dekgewasse gekry. Altesaam ’n derde het gesê dit het hul winste verhoog, terwyl net 6% gesê het dit het hul winste verlaag. Die res van die respondent­e het óf geen winsverand­ering bespeur nie óf het nie genoeg inligting gehad nie.

 ?? FOTO: PRACTICALF­ARMERS.ORG ?? Stoelrog is die gewildste dekgewas onder Amerikaans­e boere.
FOTO: PRACTICALF­ARMERS.ORG Stoelrog is die gewildste dekgewas onder Amerikaans­e boere.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa