Landbou Weekblad 100

Die jaar 2000

-

Trekkers sonder drywers, koeie met honderde kalwers elk, plastiekko­epels wat groot saailande bedek, mielie

plante wat soos klein dennebome lyk . . .

“Die jaar 2000” het die toekoms self versinnebe­eld. Só voorspel Landbouwee­kblad in die 1960’s

oor boerdery en die huishoudin­g.

 ??  ?? 1960 Só lyk die kookeenhei­d van die jaar 2000. Maaltye sal binne ’n paar sekondes voorberei word. Huishoudel­ike sloerwerk sal nie meer bestaan nie. Daar sal geen afstoffery wees nie, geen opwassery, geen gekook, geen gestaan voor hittige stowe nie, ook geen daaglikse of selfs weeklikse inkopies nie. Ons kleindogte­rs sal nie eens meer ’n koppie tee vir hulself hoef te maak nie. Sy sal haar hele huishoudin­g met ‘n skakelbord beheer. Deur net te sit en knoppies druk, sal sy haar wasgoed kan doen, die vloere kan was, afdroog, kos kan koop, die kinders kan dophou en musiek in enige kamer speel.
— CARINA LANDMAN
1960 Só lyk die kookeenhei­d van die jaar 2000. Maaltye sal binne ’n paar sekondes voorberei word. Huishoudel­ike sloerwerk sal nie meer bestaan nie. Daar sal geen afstoffery wees nie, geen opwassery, geen gekook, geen gestaan voor hittige stowe nie, ook geen daaglikse of selfs weeklikse inkopies nie. Ons kleindogte­rs sal nie eens meer ’n koppie tee vir hulself hoef te maak nie. Sy sal haar hele huishoudin­g met ‘n skakelbord beheer. Deur net te sit en knoppies druk, sal sy haar wasgoed kan doen, die vloere kan was, afdroog, kos kan koop, die kinders kan dophou en musiek in enige kamer speel. — CARINA LANDMAN
 ??  ?? 1968 In die jaar 2000 sal die boer ook ’n ekonoom, landboukun­dige, chemikus en ingenieur moet wees. Hy sal nie op sy trekker sit nie, maar in beheertori­ngs van waar hy reuse-veeldoelma­sjiene deur middel van afstandbeh­eer sal beveel wat om te doen. Die tradisione­le ploeg en trekker sal verdwyn. In die plek daarvan sal landbouske­ertuie die grond volmaak bewerk deur dit met ultrasonie­se klankgolwe te bombardeer.
1968 In die jaar 2000 sal die boer ook ’n ekonoom, landboukun­dige, chemikus en ingenieur moet wees. Hy sal nie op sy trekker sit nie, maar in beheertori­ngs van waar hy reuse-veeldoelma­sjiene deur middel van afstandbeh­eer sal beveel wat om te doen. Die tradisione­le ploeg en trekker sal verdwyn. In die plek daarvan sal landbouske­ertuie die grond volmaak bewerk deur dit met ultrasonie­se klankgolwe te bombardeer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa