Landbou Weekblad 100

‘SELL THE BLOODY WOOL, MAN!’

-

Die wol- boom van die 1950’s was groot nuus in daardie jare. ’n Staaltjie word vertel van oom Frans van Wyk van Celereyfon­tein by Fraserburg, eertydse voorsitter van die Wolkommiss­ie, wat glo sy sigaret ingesluk het toe sy wol op die veiling kom.

Hy het ’n groot skeersel op die mark gehad en het vooraf bereken teen watter prys dit moet verkoop om sy koöperasie­skuld te betaal.

Toe die afslaer by sy lot in die katalogus kom, het hy van pure senuwees al die helfte van sy pakkie Rembrandt van Rijn opgerook. Toe die bieëry 40 pennies per pond haal, het hy sulke diep teue aan sy sigaret begin vat.

En toe die bod by 60 pennies kom, het hy geweet hy sal sy skuld kan betaal. Met die bod by 78 pennies kon oom Frans homself nie meer in bedwang hou nie, en het hy uit die galery geskree: “Sell the wool!”

Toe die lot 100 pennies per pond verbysteek, het oom Frans weer opgevlieg en op die afslaer gegil: “Sell the bloody wool, man!”

Met die hamer wat uiteindeli­k op 163 pennies per pond getik is, het oom Frans agtergekom dat sy halfgerook­te sigaret skoonveld is. Al wat hy kon dink, is dat hy dit met die opgewonden­heid iewers tussen 100 en 163 pennies ingesluk het.

Mnr. Danie Visser van Bloubergra­nt het dié staaltjie in 2011 aan Theuns Botha vertel.

 ??  ?? 4 Oktober 1950 Op Landbouwee­kblad se eerste fotovoorbl­ad (vroeër was daar advertensi­es op die voorblad) is ’n Merinoram uit die Landboukol­lege Grootfonte­in se stoetery. Wolskape soos dié is “die spreekwoor­delike gans wat vir die Suid-Afrikaanse boer die goue eier lê”, lui die onderskrif. Fred Jooste het die foto kort voor die wol- boom geneem.
4 Oktober 1950 Op Landbouwee­kblad se eerste fotovoorbl­ad (vroeër was daar advertensi­es op die voorblad) is ’n Merinoram uit die Landboukol­lege Grootfonte­in se stoetery. Wolskape soos dié is “die spreekwoor­delike gans wat vir die Suid-Afrikaanse boer die goue eier lê”, lui die onderskrif. Fred Jooste het die foto kort voor die wol- boom geneem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa