Landbou Weekblad 100

OOM JURIE MAAK DIE SKOUE DOOD

-

Die “wonderbaar­like wedervarin­ge” en liegstorie­s van Oom Jurie Losper van die Kamdeboo vermaak lesers in die 1950’s. Só vertel hy aan W.O. Kühne hoe hy en Broer Herklaas “die skoue doodgemaak het”:

“Die Kamneboo se ou klomp het die nuwe mode begin iethaal – die mode om met opregskape en stoetbulle en bloubloedp­erde en dinge op die skoue te kom bodder. Ja, dis toe nie meer genog ‘t iedere boer sy beste bees en sy beste skaap en sy vetste vark op die skou kom sit nie. Nee, die stoetboere moet die pryse kom wegdra meen diere wat hulle spesiaal vir die skou vetgemaak en blinkgevry­we het.

“Dis die ‘t ek en Herklaas toe op die plan gekom het

– ons gat toe mos heen en ons koop vir ons iedereen ’n spikkelbon­t os by een van die Hoëveldse beste beestetele­rs en ons maak vet. Ja, ek meen, ons laat toe al ons anner werke en dinge links lê en ons maak net die twee osse vet. Ons voer en ons vryf blink, poets ’t dit ’n naarheid is en ieder skou wat in die Kamneboo of in die Oenerveld gehou wôre, woon ons ok by.

“Op dié menier had ons naens genog geldpryse weggedra om vir ons iedereen ’n spogperd te koop waarmee ons toe in die afdelings vir ryperde al die pryse wegdra. So het dit angegaan – afdeling vir varke, hoeners, honne, skape, swiesbokke, al die afdelings toet g’n boer naens meer ’n prys ko’ wen nie. Ek en Klaas wen als.

“Die boere het beginne moed verloor. Dit was ok die einde van die Kamneboo se landbousko­ue.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa