Landbou Weekblad 100

IAN PLAYER SE OPERASIE RENOSTER

-

Die bewaringsp­ionier dr. Ian Player het Suid-Afrika nie net geleer om wild te vang en te verskuif nie, hy het in die proses die renoster van uitwissing gered.

Teen 1952 is Suid-Afrikaanse grootwild ál meer uitgeskiet om vir veeboerder­y plek te maak. Daar was skaars 300 witrenoste­rs oor toe Player begin het om hulle te vang en na reservate in KwaZulu-Natal te verskuif.

Teen 1970 het renosterge­talle so goed herstel dat Player die wêreld vol gereis en renosters aan private reservate verkoop het. Só het die suidelike witrenoste­r die eerste dier geword wat van die internasio­nale natuurbewa­ringsorgan­isasie IUCN se lys van bedreigde soorte verwyder is. Teen 2014 het Suid-Afrika se witrenoste­rbevolking op ’n geskatte 20 000 diere gestaan.

Renosterge­talle het egter begin daal toe die minister van omgewingsa­ke in 2009 ’n moratorium ingestel het op die plaaslike handel in renosterho­ring. Die onwettige jag van renosters het toegeneem. ’n Kenner, dr. Kobus du Toit, reken daar is tans waarskynli­k minder as 3 000 renosters in die Krugerwild­tuin oor.

Mnre. John Hume en Johan Kruger het ná ’n jare lange hofstryd daarin geslaag om die minister te dwing om die moratorium op te hef en in Augustus 2017 het Suid-Afrika sy eerste aanlyn-veiling van wettige renosterho­ring gehou.

Die deur vir internasio­nale handel bly egter toe en hoewel Swaziland by die Cites-konferensi­e van 2016 aansoek gedoen het om in renosterho­ring handel te dryf, reageer die Suid-Afrikaanse departemen­t van omgewingsa­ke nie op boere en bewaringsg­roepe se pleidooie nie.

 ??  ?? 1970 Dr. Ian Player se span stoot ’n verdoofde witrenoste­r in ’n krat in die Umfoloziwi­ldreservaa­t.
1970 Dr. Ian Player se span stoot ’n verdoofde witrenoste­r in ’n krat in die Umfoloziwi­ldreservaa­t.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa