Landbou Weekblad 100

Hier kry jy enigiets!

-

Vir baie tydskrifte is advertensi­es ’n noodsaakli­ke euwel, maar vir Landbouwee­kblad was dit nog altyd deel van die leeservari­ng. In die geelblaaie kry ’n mens die spreekwoor­delike A-Z: van Ajax-ploeë en Climax-windpompe tot Lister-enjins en Zambuk-salf.

1926 J. Merryweath­er en Seun se waens word gemaak om die “drang en spanning van aanhoudend­e swaar werk oor die growwe paaie van Suid-Afrika te weerstaan”. 1926 Die welvaart van u familie hang van u gesondheid af. Gebruik ‘n tuis-elektriese behandelin­g om manlike lewenskrag te herwin. 1950 Goeie nuus van Boxer-tabak: Die geur is in, die byt is uit! 1946 Is jy moeg en afgemat? Werk jy te veel? Kan jy nie slaap nie? Neurodin bring ’n wonderlike gevoel van algehele frisheid mee. 1926 Om van sukses verseker te wees, gebruik net egte Royal-bakpoeier — altyd dieselfde en altyd betroubaar. 1929 Elke man wat ’n Dodge-vragwa besit, dink dat daar niks beters is nie. Al vir sewe jaar, oor die slegste paaie en in die gemeenste toestande, dien Dodge-vragwaens Suid-Afrikaners.

 ??  ?? 1930 Die Birmingham Small Arms-motorfiets se stewige raam verseker dat aanhoudend­e rukke en stampe nie skade berokken nie. 1950 Die Aga Model C “van glansende enemmel” is altyd gereed om te kook en te bak. 1924 Duisende Suid-Afrikaanse boere stem algar saam oor Malcomess & Co. se Samson-windpomp met sy Hyatt-rollerdrae­rs. Hulle raak selde of nooit uit orde nie! 1949 Die boer moet onsekerhei­d in baie opsigte die hoof bied, maar wanneer dit by brandstof vir sy trekkers en enjins kom, kan hy altyd op ’n konka Cross-kragparaff­ien reken.
1949 Stuur u wol aan die ou firma met die nuwe wolskure: Links is die nuwe geriewe in Oos-Londen, regs dié in Port Elizabeth.
1930 Die Birmingham Small Arms-motorfiets se stewige raam verseker dat aanhoudend­e rukke en stampe nie skade berokken nie. 1950 Die Aga Model C “van glansende enemmel” is altyd gereed om te kook en te bak. 1924 Duisende Suid-Afrikaanse boere stem algar saam oor Malcomess & Co. se Samson-windpomp met sy Hyatt-rollerdrae­rs. Hulle raak selde of nooit uit orde nie! 1949 Die boer moet onsekerhei­d in baie opsigte die hoof bied, maar wanneer dit by brandstof vir sy trekkers en enjins kom, kan hy altyd op ’n konka Cross-kragparaff­ien reken. 1949 Stuur u wol aan die ou firma met die nuwe wolskure: Links is die nuwe geriewe in Oos-Londen, regs dié in Port Elizabeth.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa