Landbou Weekblad 100

SKRIFTUURK­OEK TOT MOEITEWERD-TERT

-

Talle interessan­te en buitengewo­ne resepte vir tuisgebak het oor die jare in die vroueafdel­ing verskyn, maar veral hierdie vyf resepte het die lesers aan die praat gehad. Die kosredakte­urs is herhaaldel­ik versoek om veral die skriftuurk­oek en moeitewerd-tert weer te publiseer.

Volstruise­ierkoekies

20 koppies meelblom of meel, 1 volstruise­ier, 10 koppies suiker, 1 bottel melk, 10 lepels vet, 10 lepels botter, 1/ pakkie

2 soda, 1/ pakkie kremetart,

2

1 koppie korente. Maak goed deurmekaar, rol uit en druk af. Bak vir 20 minute of langer. (29 Okt 1919.)

’n Snaakse koek

1 koppie boermeel, 1 koppie meel, 1 teelepel fijn gemmer, 1 teelepel gemengde speserije, 1 koppie sultanas, 2 eetlepels stroop ( treacle), 1/ eetlepel

2 bakpoeier, 1 eier en bietjie suur melk. Meng ál die droë goed, klop die eier en voeg genoeg melk bij om te meng. Stoom vir 21/ uur. (31 Maart 1920.)

2

Skriftuur-plaaskoek

41/ koppies 1 Kon. 4:22; 11/

2 2 koppies van Rigt. 5:25 laaste sin; 2 koppies van Jer. 4:20; 2 koppies van 1 Sam. 30:12; 2 eetlepels van 1 Sam. 14:25; maak smaaklik met 2 Kron. 9:9; 6 van Jer. 17:11; een knypie van Lev. 2:13; 1/ koppie van

2

Rigt. 4:19 laaste sin; 2 teelepels van Amos 4:5. Volg Salomo se advies vir ’n goeie jongen (Spr. 23) en jy het ’n goeie koek. (10 Mei 1922.)

Moeitewerd-tert

Meng 1/ koppie suiker en

2

1/ koppie strooisuik­er. Skep

2 een derde uit, voeg 1/ teelepel

4 bakpoeier by en hou eenkant. Voeg ’n knippie kremetart by 2 eierwitte en klits tot dit punte vorm. Voeg die suiker eetlepelsg­ewys by en klop goed ná elke byvoeging. Voeg 1/ tee

2 lepel vanielje-essens by. Vou die suiker-bakpoeierm­engsel hierdeur. Smeer die meringue op 2 stukke botterpapi­er. Bak vir 3 tot 4 uur in ’n koel oond van 150-200 ºF tot heeltemal droog. Plaas ’n laag eenvoudige, gaar tertkors onder, skraap dun met styfgeklop­te room en smeer een derde van ’n blik gekookte kondensmel­k oor. Plaas hierop ’n laag meringue waarvan die onderste deel ook met room geskraap is. Plaas die lae afwisselen­d op mekaar met kondensmel­k en room tussen-in. Versier bo-op met room, kersies en anglica of aarbeie. (14 April 1970.)

Wonderkoek

Smelt 1 koppie botter en 1 koppie suiker saam. Klits 2 eiers goed en voeg dit by, en daarna 1 koppie gekapte dadels of sultanas, 1 eetlepel kakao en

1/ koppie gekapte okkerneu

4 te. Kook die mengsel tot dit effens dikkerig word. Breek 2 pakkies Mariebesku­itjies en gooi die warm mengsel daaroor. Roer goed deurmekaar en voeg 1 teelepel vanielje-essens by. Druk in ’n gesmeerde pan en plaas in koelkas om koud te word. Die koek word in blokkies gesny voordat dit opgedis word. (5 Mei 1970.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa