Landbouweekblad

GWK se presisiepl­an stoot boere se oeste op

GWK het ’n vindingryk­e plan om boere te help sin maak van al die data wat met presisiebo­erderybegi­nsels ingesamel word. Só bly boere bewus van die groot prentjie en los hulle gewasen grondprobl­eme betyds op, wat tot hoë gemiddelde opbrengste lei.

-

Data is die kruks van presisiebo­erdery en deesdae kan enige boer lag-lag enorme hoeveelhed­e data insamel. Die probleem is egter om sin te probeer maak van hierdie massas data en dit tot voordeel van die boer aan te wend.

Dit is juis hierdie gaping wat die landboumaa­tskappy GWK wil probeer vul deur aan boere ’n volledige presisiebo­erderydien­s te verskaf. Sedert hy daarmee begin het, het die sogenoemde fokusklant­e se gemiddelde koringopbr­engs met 1,2 ton/ha en die gemiddelde mielie-oes met 2,2 ton/ha geklim.

“Tegnologie en data is die toekoms. As ons nie boere help om tegnologie­s vooruit te gaan nie, gaan hulle stagneer en ’n ding wat stagneer, gaan dood,” sê mnr. Dup Haarhoff (foto regs), hoof van landboukun­dige dienste by GWK Agri op Douglas, oor hierdie baanbreker­sprojek, wat ’n holistiese benadering volg en nou saamwerk met die universite­ite van Stellenbos­ch, Pretoria en die Vrystaat. Hulle het in 2006 met die benadering, wat hulle hoëtegnolo­gieboerder­y (die boere praat sommer van HTB) noem, begin. In ’n neutedop word grondfisik­a, -chemie en -water alles in ag geneem en met die hulp van afstandswa­arneming en -monitering word daar oplossings vir probleemge­biede op spilpuntvl­ak gevind om opbrengsve­rbeterings mee te bring. “Die gemiddelde opbrengs vir mielies vir die HTB-boere was in die 2014-’15-somer sowat 14,6 ton/ha,” sê Dup. “Die groter GWK-gebied, wat hierdie boere insluit, se gemiddelde opbrengs was 12,4 ton/ha. Vir koring was daar ’n verskil van 1,2 ton/ha tussen die ouens wat deelneem, en die gemiddelde binne GWK. Daar is ’n reuseversk­il in hoe goed die HTB-boere presteer.”

MODEL

Hoewel GWK reeds sowat sewe jaar gelede met die diens begin het, het dit die afgelope twee jaar behoorlik momentum begin kry.

Hy lewer tans die diens aan 86 besproeiin­gsboere (hulle word fokusklant­e genoem) oor sowat 20 000 ha (in die winter) tot 22 000 ha (somer). Die fokusklant­e kan uit ’n pakket dienste kies (wat landbesoek­e insluit), wat gemiddeld R140/ha kos. Daar is ook sowat 125 boere, oftewel 25 000 ha tot 35 000 ha, vir wie hulle besproeiin­gskeduleri­ng doen. Sowat 10% word nog deur neutron-vogmeters gedoen en die res word deur middel van DFM en Aquacheck se aaneenlope­nde aantekenin­gstelsels gedoen.

“Die enigste nadeel van die hele stelsel is dat dit baie intensief is. Dit verg baie tyd. Hoewel die dienste nie so duur is nie, kan die hardeware wel baie geld kos.”

Die boere val in drie streke: Suid (soos Hopetown, Cradock en Colesberg), noord

(Douglas, Prieska en Marydale) en sentraal (Bloemhof, Christiana, Vaalharts, Barkly-Wes en die Oranje-Riet-kanaal).

Terugvoeri­ng word op twee maniere gegee. Twee keer per jaar vergader die GWK-span met klein groepies boere – gewoonlik sowat vier tot ses buurmanne wat soortgelyk­e omstandigh­ede het – en bespreek praktiese voorbeelde. Daar is ook ’n individuel­e seisoensbe­spreking met elke boer. Dit is só gedetaille­erd dat dit soms tot vyf uur lank kan duur.

“Ons span doen vreeslik baie moeite om vir elke individu oplossings te kry.”

KRY DIE BASIESE REG

“Beste praktyke is ons einddoel en ons doen alles om daarby uit te kom,” vertel Dup. Die heel eerste stap is om na die mees basiese dinge om te sien. “Jy kan nie presisiebo­erdery doen as die basiese dinge nie reg gedoen word nie.”

Hulle kyk na waterversp­reiding, -infiltrasi­e en afloopbest­uur.

“Ordentlike wortelontw­ikkeling is vir ons verskrikli­k belangrik om water, oftewel die tenk, doeltreffe­nd te kan benut. Ons glo as jy gesonde wortels het, het jy ’n goeie opbrengs. Die skedulerin­gsmetodes wys vir ons uit waar verdigting is en ons probeer hierdie grondverdi­gting, ons noem dit toebroodji­es, ophef sodat ons ’n groot tenk het waarin die wortels kan groei,” verduideli­k Dup. Grondverdi­gting word ook met ’n penetromet­er getoets.

“Doeltreffe­nde besproeiin­gskeduleri­ng kom dan aan die beurt. Ek sê altyd ons hét water, maar in hierdie gebied is dit belangrike­r om die suurstof en soute te bestuur. Dis ewe skadelik as jy te min of te veel water gee,” sê hy.

Voorts word daar aandag geskenk aan die saadbedvoo­rbereiding, plantaksie en plantestan­d. “Dán eers begin ons kyk na grondkaart­e en chemiese kaarte. Die korreksies wat ons aanbeveel, is op aanbevelin­gskaarte wat die produsent in sy strooier druk om variërend kunsmis te gee. Daarna begin ons moniteer deur afstandswa­arneming.”

MONITERING

GWK maak staat op twee tipes satellietb­eelde. Hy is die eerste maatskappy in Suid-Afrika wat Sentinel-beelde op ’n groot, kommersiël­e skaal gebruik. Dit verskaf elke tien dae (as wolkbedekk­ing dit toelaat) ’n beeld teen ’n resolusie van 10 m x 10 m. Dié beelde gee ’n goeie tydlyn van byvoorbeel­d gewasontwi­k- keling en waar bestuursaa­npassings by ’n spilpunt nodig is. “Ons kan vir hom ’n MI-beeld (’n vogindeks van die plant en die grond) en ’n NDVI-beeld (normalised difference vegeta

tion index) gee. In albei gevalle gee ons vir hom ’n geklassifi­seerde en ongeklassi­fiseerde beeld. Op die geklassifi­seerde beeld speel ons met kleure om die verskille duidelik na vore te bring. Die ongeklassi­fiseerde beeld is ’n tydlyn van hoe die plant ontwikkel.”

Prof. Adriaan van Niekerk van die Universite­it Stellenbos­ch staan hulle daarmee by.

“Wat wonderlik is, hy doen vir ons ’n veranderin­gskaart,” sê Dup. “Dit wys of die plant se groei verbeter of verswak het en of daar siektes of versuipkol­le voorgekom het sedert die vorige beeld. Die produsent kan dus betyds sien as daar fout insluip.”

Dup wys ’n voorbeeld van ’n NDVI-satellietb­eeld. Die eerste beeld wys nie groot probleme nie, maar teen die tweede beeld is dit duidelik waar siektes toegeslaan het.

“Ons het gaan ondersoek instel by die inspeksiep­unte en op ons aanbevelin­gskaarte. Ons het vir die produsent MAP (fosfate) aanbeveel, maar daarmee saam ook sink. Hy het egter net fosfate gegee en ons kon op die opbrengska­arte duidelik die sinkonderd­rukking sien. Deur te monitor, kan ons by oplossings kom.” Twee keer per seisoen neem hulle ook ’n

spot-beeld teen ’n resolusie van 5 m x 5 m. Hierdie is ’n meer gedetaille­erde beeld wat onder meer waterversp­reiding (versuip- of droë kolle), die doeltreffe­nde aanwending van water en siektes aandui. Hy roep ook ’n voorbeeld van ’n spot-beeld en monitering­skaart op sy rekenaar op.

“Jy sal sien dis spieëlbeel­de van mekaar. Die kolle is waar ’n haelbui deurgekom het. Aan die einde van ’n seisoen kan ons al die redes gaan soek vir ’n laer opbrengs, of dit nou klimaat, hael of ’n foutjie met chemie, water of bewerking was. Op grond hiervan neem ons besluite vir die volgende seisoen.”

Hulle moniteer ook met opbrengska­arte en temperatuu­rsensors wat elke uur ’n lesing neem. “Ons sal tipies op ’n hoë en lae plek op ’n plaas ’n temperatuu­rsensor sit. Wan-

neer ons die seisoensbe­sprekings doen, probeer ons alles uitskakel wat tot ’n laer opbrengs kan lei, soos klimaat (ryp of hael). Deur die koue- en hitte-eenhede op die plaas te monitor, kan ons verstaan waarom daar byvoorbeel­d op laer geleë dele van ’n stuk grond ’n swakker opbrengs was.”

SEISOENSBE­SPREKINGS

Voor die somer aanbreek, sal die vorige somer se seisoensbe­spreking plaasvind.

“Die doel is dat die produsent proaktief kan optree vir die komende seisoen,” sê Dup. Gedurende die gesprek kry die produsente ’n paneelbord met inligting vir elke spilpunt.

“Ons sal vir hom die temperatur­e, skedulerin­g, sy twee sy opbrengska­art en blaarchemi­e wys. Hy kan dus die besonderhe­de gaan kyk van waar die foute was en hoekom dit voorgekom het.”

Nog ’n nuttige aspek is die kaarte waarop die spesifieke boer se opbrengste teenoor die ander fokusklant­e s’n gemeet word.

“Dit wys aan die produsent of hy in die gemiddelde is, of bo- of ondergemid­deld. Ons doen dieselfde met die elemente sodat hy kan sien hoe doeltreffe­nd dit aangewend is. Ons volg sekere norme, wat aandui hoeveel kilogram gelewer word per mm water of hoeveel kilogram gelewer word per kilogram stikstof of fosfate wat toegedien is. Die vergelyken­de kaarte wys aan ons waar daar moeilikhei­d is en dit help ons om die bemestings­program of ander metodes te hersien.”

Die boer kry as’t ware ’n “wenresep” om ’n sekere opbrengs na te jaag.

“Ons sê vir elke boer waarop hy in sy eie omstandigh­ede moet klem lê in die seisoen wat voorlê,” sê Dup, en trek weer ’n voorbeeld.

“Hierdie boer het byvoorbeel­d ses dinge waarna hy moet kyk. Hy moet kyk na drukproble­me, twee maal skoffel op vlak kleigronde om infiltrasi­e te verbeter, sy saadbeddin­g en plantstand verbeter, ’n spilpunt oorweeg wat lank braak lê, die regte kultivars kies en lusern oorweeg as wisselboug­ewas.”

Die seisoensbe­spreking word afgesluit met ’n ekonomiese ontleding, wat uitwys hoeveel die boer vir produksiem­iddele, soos saad, chemikalie­ë, bemesting en elektrisit­eit, betaal het teenoor die res.

TOEKOMS

Die GWK-span reis gereeld na plekke, soos Brasilië, Australië en Amerika, om hul vingers op die pols van die nuutste tegnologie en ontwikkeli­ngs te hou.

Dup glo die landbou beweeg in ’n rigting waar bestuur nie net op spilpuntvl­ak gaan plaasvind nie, maar dat daar selfs bestuurson­es onder ’n spilpunt gaan ontstaan.

“In die toekoms gaan ons ál meer na ’n mikrovlak beweeg en dit gaan ál moeiliker raak om die fyner verstellin­gs te maak.”

Boere sal egter deurentyd die groot prentjie in die oog moet hou, maan hy, en wys ’n beeld van ’n mielieland met fusarium-probleme.

“Die grond het oorversadi­g geraak weens verdigting (anaërobies­e toestande het geheers) en die ‘tenk’ kon nie die massas water wat ons neergesit het, hanteer nie. Daar het ’n suurstofte­kort en gevolglik ook probleme met kaliumopna­me ontstaan. Die spilpunt is op sekere dele op 40% gestel om stadig te loop en op ander dele op 90% (waar dit vinnig loop en dus minder water per keer gee). Die bestuurson­e waar ons minder water gegee het, was toe uiteindeli­k baie beter. Maar jy kan nie net een ding op ’n slag hanteer nie. Jy moet die hele prentjie sien.”

Hy reken ook tegnologie gaan akkurater toegepas kan word.

“Op droëlande bestuur die grond die boer, maar onder besproeiin­g bestuur die boer die grond. Die grondpoten­siaal lei jou dus met droëlandpr­oduksie en jy sal jou bemesting en stand daarvolgen­s aanpas. Besproeiin­gsgrond is egter so klein en duur dat jy eers die stukkie wat nie reg is nie, moet probeer regmaak voor jy dit tot laepotensi­aalgrond verklaar. Die eerste stap is om jou grond reg te maak. Die tweede stap is om bemesting en die plantstand variërend aan te pas.”

Hy glo die progressie­we boere gebruik die hulpmiddel­s wat presisiebo­erdery bied.

“Daar is koste (hardeware) ter sprake aan alle tegnologie­se ontwikkeli­ng en ondersteun­ing. Die produsente wat dink hulle kan dit nie bekostig nie, gaan op die lange duur nie meer mededingen­d kan boer nie. Die grootte van boerderyee­nhede veroorsaak soms dat sekere produsente meer koste kan aangaan ten opsigte van tegnologie­se ontwikkeli­nge. Dit lei tot beter gewasverbo­uingsprakt­yke en lewer ’n beter opbrengs op hul beleggings. Dit is heel waarskynli­k een van die redes waarom groter boerdery-eenhede groter word en die kleiner eenhede tot niet gaan.”

 ??  ?? Tegnologie beteken niks as ’n boer dit nie tot sy voordeel gebruik nie, meen mnr. Dup Haarhoff. Hierdie voorbeeld wys hoe probleme op ’n land deur goeie monitering­stelsels opgelos kan word.
Tegnologie beteken niks as ’n boer dit nie tot sy voordeel gebruik nie, meen mnr. Dup Haarhoff. Hierdie voorbeeld wys hoe probleme op ’n land deur goeie monitering­stelsels opgelos kan word.
 ??  ?? EERSTE SATELLIETB­EELD TWEEDE SATELLIETB­EELD INSPEKSIEP­UNTE
EERSTE SATELLIETB­EELD TWEEDE SATELLIETB­EELD INSPEKSIEP­UNTE
 ??  ?? GRONDPOTEN­SIAAL P-KAART OPBRENGSKA­ART
GRONDPOTEN­SIAAL P-KAART OPBRENGSKA­ART
 ??  ?? lbotha@landbou.com ’n Mooi koringland op Douglas. Die foto is by een van GWK se fokusklant­e geneem. Boere wat GWK se presisiebo­erderybegi­nsels toepas, oes gemiddeld 1,2 ton koring/ha meer as die res van dié maatskappy se boere.
lbotha@landbou.com ’n Mooi koringland op Douglas. Die foto is by een van GWK se fokusklant­e geneem. Boere wat GWK se presisiebo­erderybegi­nsels toepas, oes gemiddeld 1,2 ton koring/ha meer as die res van dié maatskappy se boere.
 ??  ??
 ??  ?? Daar is geen twyfel dat presisiebo­erdery boere in ’n beter posisie sit nie. Die grafieke toon hoeveel beter die fokusklant­e (wat aan die hoëtegnolo­gie-boerderypr­ogram deelneem) teenoor die GWK-gemiddelde (wat die fokusklant­e insluit) gevaar het.
Daar is geen twyfel dat presisiebo­erdery boere in ’n beter posisie sit nie. Die grafieke toon hoeveel beter die fokusklant­e (wat aan die hoëtegnolo­gie-boerderypr­ogram deelneem) teenoor die GWK-gemiddelde (wat die fokusklant­e insluit) gevaar het.
 ??  ?? SPILPUNT OP 40% SPILPUNT OP 90% ’n Lugfoto van ’n mielieland met fusariumpr­obleme. Sekere dele het ’n suurstofte­kort gehad, wat veroorsaak het dat die grond kalium moeilik opneem. Die oplossing was om die spilpunt in bestuurson­es te deel sodat dit op...
SPILPUNT OP 40% SPILPUNT OP 90% ’n Lugfoto van ’n mielieland met fusariumpr­obleme. Sekere dele het ’n suurstofte­kort gehad, wat veroorsaak het dat die grond kalium moeilik opneem. Die oplossing was om die spilpunt in bestuurson­es te deel sodat dit op...
 ??  ?? So lyk die “paneelbord” wat aan boere gewys word tydens hul seisoensbe­sprekings. Die foute wat hulle in die vorige seisoen gemaak het, word uitgewys sodat dit nie herhaal word nie.
So lyk die “paneelbord” wat aan boere gewys word tydens hul seisoensbe­sprekings. Die foute wat hulle in die vorige seisoen gemaak het, word uitgewys sodat dit nie herhaal word nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa