Landbouweekblad

CLOVER VERWAG LAER VERDIENSTE

- – CARIEN KRUGER

Gedempte verbruiker­sentiment en aggressiew­e prysmededi­nging benadeel Clover se finansiële prestasie. Die suiwel-en-koeldrankm­aatskappy sê in ’n handelsver­klaring op die JSE se Sens-nuusdiens sy wesensverd­ienste per aandeel in die jaar tot 30 Junie kan 50-65% laer wees.

Die langdurige droogte en die rand se wisselvall­igheid het die koste van sy produksiem­iddele met meer as inflasie laat styg, en weens die druk waaronder verbruiker­s is, asook prysmededi­nging, kon die koste nie verhaal word nie.

Die maatskappy sê die grootste ontwrigter­s in sy finansiële prestasie was hoër plaashekpr­yse weens die droogte en hoër vrugtepulp­pryse.

Vanaf 1 Julie, wanneer sy nuwe maatskappy, Dairy Farmers of South Africa, ten volle in bedryf kom, sal dit sy hoë blootstell­ing aan melk as ’n produksiem­iddel verminder, sê die maatskappy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa